Pa van Centurion wat gesin beskerm verlam gelaat

Paul Mayer en sy seun het albei 'n groot liefde vir motorfietse. Foto: Facebook

Paul Mayer en sy seun het albei ‘n groot liefde vir motorfietse. Foto: Facebook

Paul Mayer (46), die inwoner van Lyttelton in Centurion wat verlede Maandagaand ernstig beseer is toe hy sy gesin teen vier aanvallers tydens ʼn huisroof beskerm het, sterk in die hospitaal aan, maar is verlam gelaat.

“Hy is baie sterk en veg elke dag,” het Mayer se pa, Paul sr. (71), Dinsdag gesê. Maroela Media het vroeër berig vier verdagtes het omstreeks 21:00 op die huis toegeslaan terwyl Paul, sy vrou Marlize (41), en hul twee kinders, ʼn 12-jarige seun en 13-jarige dogter, tuis was.

Die verdagtes het toegang tot die huis verkry en is in die huis deur ʼn gewapende Paul verras. Een verdagte is in die huis noodlottig gewond. Paul is tydens die voorval in sy maag getref en Marlize is in haar regterskouer gewond. Die ander drie verdagtes het gevlug. Twee van hulle is kort daarna deur patrolleerders van die Lyttelton Crime Stop-buurtwag aangekeer. Die derde verdagte is ʼn dag later in Soweto aangekeer. Marlize se selfoon en haar trouring is in sy besit gevind.

Paul en Marlize is deur nooddienste wat deur die buurtwag ontbied is na die Unitas-hospitaal gehaas waar Paul sedertdien in die hospitaal se waakeenheid behandel word.

“Hy kon drie dae ná die aanval sy oë oopmaak, maar was afhanklik van masjiene om hom aan die lewe te hou. Hy is stelselmatig van die ventilator gespeen en kon teen gister self asemhaal, wat vir ons baie goeie nuus is,” het Paul sr. gesê. “Nóg goeie nuus wat ons vandag gehoor het is dat sy niere weer begin om self te werk, so hy gaan ook stelsmatig van die dialise-masjien afgehaal word.”

Hy het gesê Marlize is drie dae nadat sy opgeneem is, ontslaan en moet nog ʼn dreineringspypie vir haar wond dra.

Marlize en die kinders bly tans by Paul sr. en sy vrou, Annette, in Waterkloof.

“Die koeël wat Paul getref het, het ʼn hoofslaggaar van sy hart na sy lewer getref. Paul sou homself inwendig doodgebloei het as dit nie vir die buurtwag en nooddienste se spoedige optrede was nie. Dat hulle so gou en professioneel opgetree het, het sy lewe gered. Dit is een van vele dinge om voor dankbaar te wees.”

Paul sr. het verduidelik dat die koeël in Paul se lae rug vassit en nog nie verwyder kan word nie. “Ongelukkig gaan hy verlam wees in sy onderlyf, maar hy het darem beheer in sy bolyf. Hy praat nie baie nie en is nog deurmekaar, maar het al vir ons sy duim gelig en gewys dat hy oukei is.”

Paul is ʼn spesiaal opgeleide motorwerktuigkundige vir Harley Davidson-motorfietse. Hy het ʼn goed ingerigte werkswinkel by sy huis. Hy is ook ʼn bestuurder van ʼn vervoermaatskappy wat sement vervoer. “Hy is nie regtig ʼn goeie sakeman nie, so tough soos wat hy is, is sy hart net te goed en neem sy hart soms besluite wat nie goeie sakebesluite is nie,” het sy pa geskerts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anoniem ·

Ai dit is so hartseer. Het grootgeword met ‘n pappie wat verlam was, ek was maar 3 jaar oud toe die ongeluk gebeur het. My hart gaan uit na hierdie gesin. Dis nie maklik nie, maar hou moed, eerder verlam as nie meer hier nie.

RSA ·

Ek stem saam, maar weet jy wat ,dit moes in die eerste plek nie gebeur het nie,
want hierdie slapg@t regering doen niks aan die misdaad in on land nie.

Nou is die man verlam,omdat barbare by jou huis inkom om te moor en te steel.

emma ·

Sterkte aan hierdie gesin,my man was ook geskiet in gewapende roof, my kids was toe ook 12 en 13 onderskeidelik. Ook verlam gelaat in onderlyf waar koeel spinaalkoord beskadig het.Koeel kon ook weens ligging nie verwyder word nie, my man was behandel in Unie Hospitaal deur briljante Prof Goosen. Wil net aan julle se als sal orraait wees..die aanpassing is massief maar met baie liefde en genade sal julle bo uitkom

Vickus ·

Paul jy is n held. Wat jy vir jou gesin gedoen het sit nie in enige ou se broek nie. Ek het jou nog net een keer ontmoet en my eerste indruk was, die ou is n yster. Baie baie sterkte vir jou en jou familie.

Chris le Roux ·

Paul i hope you recover fully. “What a man”.Please Paul senior contact me

Nikolaas Pienaar ·

Efesiers 5:25
Mans, julle moet julle vrouens so lief he soos Christus sy kerk liefgehad het en sy lewe daarvoor afgele het.

Baie sterkte Paul en gesin

Sune ·

Baie sterkte vir julle almal. Ons dink aan julle en bid vir julle.

maritza ·

Sterkte aan almal van julle, maar weet God het julle gekies om. Deur die Donker pad saam met Hom te loop soms gaan daar dae wees wat harder is as ander dae ek praat want ek weet maar in die donker dae weet God het Julle gekies want HY weet Julle Kanxxxx

Fred ·

Al die dinge wat in land gebeur.moet voor de klerk se deur gegooi word,dan het hy nog die vermetelheid om op radio te sé “ek sal weer doen wat ek gedoen het “ja om die land en sy mense te benadeel sos wat hy gedoen het.hy is gevoeloos.hy behoort in trane uit te bars.

oorlewende van plaas aanval ·

Mag ons wat lewe eerder optree soos God wil. Sy naam verheerlik en in Sy wil lewe.
Dis tyd dat ons bid, ons is nie ongered nie.
Mag ons ten spyte van die gebrokenheid in ons wêreld net ons oë op Hom rig!
Jesus sê Hy is genoeg. Hy sal ons krag gee.
Mag God se vrede met almal wees.
Bid asb mede kinders van ons Hemelse Vader.

Danie ·

Hoop jy sterk vinnig aan Paul! Hierdie is weereens ‘n herinnering dat die publiek wettiglik gewapen moet wees, anders sou wat gebeur het ? Vrou verkrag, en dood gemaak, wat van die kinders ? Baie goeie werk van almal om die held se lewe te red in min tyd.

Charlene ·

Paul. Ek hoop jy is so sterk soos wat almal sê wat dis `n groot aanpassing maar as jy ooit voel dinge raak te veel onthou asb net wat sou hulle aan jou vrou en dalk nog aan jou dogtertjie gedoen het.. dis barbare hulle sou hulle verkrag het en jou arme seun wat duidelik so op kyk na sy pa… Aai Paul jy is `n held in hulle oë. Self in myne en ek ken jou nie eens nie. Jy het jou gesin beskerm met alles wat jy kon en hulle sal jou ewig dankbaar wees daarvoor. Ek hoop julle sal bo uitkom en dankie vir die een wat jy noodlottig gewond het binne jou huis – jy het dit `n bietjie beter plek gemaak vir ons ander.
Dankie Paul en sterke aan jou en jou familie vir die pad wat voorlê

Quinton horak ·

Good luck my old friend, it is sickening to suddenly see a familiar name appear on the news and then to read bad news like this! I am glad you survived and that you protected your family like a true hero – may you find comfort in the fact that you payd a terrible price – but you acted like a true warrior in a split second to protect your family…Godspeed to you and your family!
Greetings from slovenia.

Jolanda Erasmus ·

Baie sterkte Paul, Marlize en Kids! Ons is bly om te hoor dit gaan goed onder die omstandighede! Jy’s ‘n great Ou, Paul, en ‘n goeie Pa!! Genadiglik kan jy hulle sien grootword en hulle jou en Marlize sien oud word. Die Here is groot!

Eugene Duvenage ·

Liewe Marlize…. Dat ek na al die jare van jou in die koerante moet lees! Baie sterkte vir julle. Paul is inderdaad ‘n held en ek weet julle sal die ding by die horings pak.
Hartlike groete, Eugene.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.