Petrolprysverhoging aangekondig

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van energie het Vrydag ʼn petrolprysverhoging vir April aangekondig.

“Die prys van petrol styg Woensdag met R1.62 per liter,” het die departement in ʼn verklaring gesê. “Die prys van 95-oktaan styg in Gauteng met R1.62 per liter en R1.60 aan die kus.”

Die prys van 93-oktaan styg in Gauteng met R1.56 en R1.54 aan die kus. Die prys van diesel styg met R1.24 in Gauteng en R1.20 aan die kus. Paraffien styg met 26c per liter. LP Gas styg met 85c per kilogram.

Die redes vir die verhoging is glo hoër internasionale pryse vir petrol, diesel en paraffien en die verswakking van die rand teen die dollar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jaco ·

Hello – julle dalk vergeet van die 80c per liter in addisionele belasting (ingesluit POF)???

Peet Schabort ·

Daar word egter geen oorweging geskenk om die spoedgrens te verminder om sodoende brandstof te bespaar. Natuurlik nie want elke liter is goed gelaai om die koffers van die regering te vul.

Paul ·

Jy kan mos maar self stadiger ry as jy wil. Hou net links en laat mense verbykom wat wel vinniger ry.

As jy bedoel dat die prys sal daal omdat mense in Suid-Afrika as geheel minder petrol sal gebruik, is dit ‘n absolute pypdroom.
Die prys word nie bepaal deur klein marginale verskille in plaaslike verbruik nie.

jjobson ·

Motor vervaardigers moet asseblief voertuie se petrol tenke na i 40liter tenk inkort en die spoedmeter na 120. Sodoende sal petrol bespaar word,minder boetes uitgereik word en bloubaadjies nie meer nodig wees nie.

chris ·

Ja nee die staat se skuld is hoog,waar anders gaan hulle geld kry.somige mense kry petrol
verniet en ander toelae (staat)

Paul ·

Dries, dit het gestyg. ‘n Verandering van vlakke van ongeveer $45 in Januarie tot $55 nou is ‘n styging van meer as 20% en dis nog voordat die verswakking van die rand ingereken is.

CHRISTA ·

Toe ons nie petrol internasionaal kon koop nie, was ons in staat om dit hier plaaslik te vervaardig (SASOL), Wat het van daardie petrol geword? Voer Sasol als uit en daarom moet ons als invoer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.