Pieter Koen beroof in Rustenburg

Pieter-Koen-featuredPieter Koen, die Afrikaanse sanger en aanbieder van kykNET se gewilde musiekprogram Jukebox, is Vrydagoggend beroof by ʼn hotel in Rustenburg.

Koen het aan Maroela Media gesê sy sleepwa met al sy klank- en beligtingtoerusting in is in die vroeë oggendure van sy motor ontkoppel en gesteel. Hy het sy motor die vorige aand buite die restaurant waar hy opgetree het geparkeer, waar ʼn motor ook sy sleepwa gestamp het.

Die hotel se kringtelevisiekameras het nie die voorval op video vasgelê nie en volgens die veiligheidspersoneel by die hotel het hulle tydens ʼn patrollie geen verdagtes op die perseel waargeneem nie.

Koen het inligting oor die voorval op Facebook gedeel saam met foto’s van die toerusting wat gesteel is. Dit sluit onder meer in mikrofone, ligte en ʼn klankmengbord. Volgens Koen is die toerusting wat gesteel is minstens R40 000 werd.

Verskeie mense het kommentaar gelewer en onderneem om op die uitkyk te wees vir die gesteelde klanktoerusting. “Die Facebook-plasing was vir my terapeuties, ek het gevoel dit was nodig om te deel wat op my hart was,” het hy gesê.

Volgens hom is hy al deur verskeie tweedehandse winkels gekontak om besonderhede te neem van die toerusting indien die verdagtes dit aan hulle probeer verkoop.

“Ek troos my daaraan dat dinge ook altyd terugkom na jou toe soos jy dit uitdeel. Vriende, wees altyd bedag waar julle ook al mag wees en moet asseblief nie deel word van die statistieke soos ek en soveel ander voor my nie,” het hy op Facebook geskryf.

Koen sê dat hy nie vingers kan wys nie, maar meer bewus gaan wees van sy omgewing en die nodige voorsorgmaatreëls wat getref moet word wanneer hy toer. “Die voorval het my geleer om meer versigtig te wees met wie ek praat en om veral meer bedag te wees wanneer ek op die pad is met toerusting.”

ʼn Rustenburgse speurder ondersoek tans die diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Janie Nel ·

Pieter moet nooit weer by so ‘n bedenklike plek optree nie. As hulle nie jou voertuig en sleepwa kon oppas nie, kan hulle ook nie hulle gaste se lewens beskerm nie.

Joey Dean ·

Stem 100% saam. Jammer dat so iets met jou moes gebeur, Pieter. Moenie worry nie, die idioot sal gevang word en betaal!

Paul ·

Is die term “beroof” korrek hier? Behoort dit nie “besteel” te wees nie?

Roof is tog waar liggaamlike skade aangedoen of mee gedreig word tydens ‘n voorval van ontneming van eiendom, terwyl diefstal daarsonder geskied. Of het ek die kat aan die stert beet?

Peet Schabort ·

Jy is reg Paul. ‘Beroof’ is wanneer iets met geweld van jou geneem word, m.a.w. in jou teenwoordigheid. ‘Besteel’ is wat met Pieter gebeur het.
En die lessie?: “You won’t be the first one but you could be the next one”.

Marisca ·

Bedenklike plek was dit beslis nie. Misdaad is oral nie net in Rustenburg nie. Ken jou feite voordat jy klippe gooi …. selfs in weelderige Sandton word mense besteel

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul

Ons vra om verskoning indien die opskrif verwarring veroorsaak het.
Daar is inderdaad ‘n effense betekenisverskil tussen “beroof” en “besteel” en vra om verskoning dat dit in hierdie geval oorgesien is.
Dankie dat jy ons daarop gewys het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Anny Penny ·

Sonder om sy verlies afbreuk te doen moet ek darem sê dis sooooo ‘n sexy foto van hom. Hy mag maar…

humor ·

As jy oornag op n vreemde plek sorg dat jou motor en toerusting ten minste in n veiligheidskompleks agter slot en grendel geparkeer is. En om die minste verlies te lei sorg dat soveel as moontlik van jou besittings nie in die motor is nie, maar iewers veilig toegesluit is waar jy tuis is. n Les vir almal in Afrika.

daan ·

Pieter,indien jy jou trailer terug vind spaar jou al die hoofpyne en instaleer vir jou n towhitch wat met n sleutel sluit.Jy kan die towhitch by Burquip kry teen n goeie prys en ek sal hom vir jou gratis instaleer

maryke ·

Die Hotel moet verantwoording doen…Sê watter hotel dit is asb? Dit is die personeel / sekuriteit….waarvoor is hulle daar?

Charles Austin ·

Hi Pieter, dit klink soos n inside storie, slomethind fishy

Poplap ·

Ag tog Maroela Media kry tog net julle feite reg. Dis ‘n geval van diefstal en nie roof nie. Is dit soeke na sensasie wat julle noop om so opskrif te skryf?

Sune van Heerden ·

Dagsê Poplap

Ons vra om verskoning indien die opskrif verwarring veroorsaak het.
Daar is inderdaad ‘n effense betekenisverskil tussen “beroof” en “besteel” en vra om verskoning dat dit in hierdie geval oorgesien is.
Dankie dat jy ons daarop gewys het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

AmY ·

Ai Pieter, dis erg wat gebeur het. Ek hoop werklik die mense wat dit gedoen het, betaal eendag hiervoor.

Bertie ·

Ek was self die slagoffer van n “poging” tot roof laas week en Donderdag in Rustenburg. n Blanke man en sy vrou/vriendin het langs my voertuig gestop en 2 van my Fortuner se wiel “centre cabs” gesteel. Ek het hulle gesien en voordat hulle kon weg ry, die man wat die passesier was, gekeer en my eiendom terug geeis en hom somer daar uitgereik met n regter op die onderkaak. Die verdagtes ry in n wit Nissan NP200 bakkie, dalk dieselfde diewe wat Pieter be roof het.

Takkie Takuuza ·

Na aanlyding van die feite in die berig, vorm ek my opinie dat hy maar bietjie nalatig was. Ek los niks eers in ‘n kar wat kan toesluit nie wat staan nog R40 000 se toerusting op ‘n sleepwa wat kan afhaak. Ek volg nie die man op FB nie, so ek weet nie hoe die sleepwa lyk nie, maar ek sou aanneem dat die darem kon toemaak en sluit andersins sal my opinie nog bietjie meer kras kon wees. Maar ja, niks lekker om besteel te word nie, dit sleep mens se siel hel toe nes ‘n taxi.

Ane-mie ·

Maroela Media moet dalk die betekenis van “beroof” navors…

RITA ·

Sies vir jou Poplap. Is dit nodig om so aanvallerig te wees. Maak jy nooit foute nie?

Hannie ·

Sjoe, mense leer net nie! Ek sal nooit ‘n sleepwa oornag in ‘n openbare plek laat nie. Kom ons almal neem bietjie verantwoordelikheid. Kan Pieter dan nie met die betrokke Hotel gereel het, vir ‘n veilige staan/parkeerplek of agter slot, in ‘n binnehof nie? Wat het jy gedoen, meneer om jou eie besittings te beveilig? Hoe het jy geslaap, terwyl jy weet jou sleepwa met al daai kosbare toerusting is in die ope, rustig? Ons weet mos dat die skelms elke dag AL HOE SLIMMER WORD! Word wakker SA!!

Sante kotze ·

Hahahahaa lmga…. hotel in rustenburg ? Cashane hotel ? Dis mos low class mmmm. kon maar net sowel in gastehuis in thlabane gaan bly het. Ek stem, dis baie onverantwoordelik. SOMETHINGS FISHY

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.