Pistorius-familie: ‘Oscar word nie soos ander gevangenes behandel’

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Oscar Pistorius se familie het uitgevaar oor die verdere vertraging van sy moontlike vrylating onder korrektiewe toesig.

“Hierdie ondervinding laat ons tot die ongemaklike gevolgtrekking kom dat die openbare, politieke en media-ophef wat toegelaat is om rondom Oscar se verhoor te ontwikkel, sy reg om soos enige ander gevangene behandel te word soos wat deur die Wet op Korrektiewe Dienste voorgeskryf word, ondermyn word,” het die familie in ‘n verklaring gesê.

Volgens die familie is hulle amptelik meegedeel dat die saak na die paroolhersieningsraad terugverwys is. “Ons het ons vertroue in die korrektiewe dienste-stelsel geplaas maar is baie onthuts oor die konstante vertragings om duidelikheid oor die saak te kry.”

Pistorius sou na verwagting al op 21 Augustus op korrektiewe toesig vrygelaat word, maar Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, het op kort kennisgewing die besluit gekeer en terugverwys na die paroolhersieningsraad.

Masutha het gesê volgens die Strafproseswet kan ʼn oortreder vir korrektiewe toesig in aanmerking kom eers nadat hy of sy ʼn sesde van die vonnis uitgedien het. Die besluit om Pistorius onder korrektiewe toesig vry te laat, is reeds op 5 Junie geneem en was volgens die minister dus voortydig.

Dit is nog nie duidelik wanneer die paroolraad oor Pistorius se vrylating sal besluit nie.

Intussen sal die staat se appèl teen Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag op 3 November in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor word. Die staat wil hê Pistorius moet op die ernstiger aanklag van moord skuldig bevind word nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, in die vroeë oggendure van Valentynsdag 2013 doodgeskiet het.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Winston ·

Daar is baie waarmee ek nie saamstem nie. Hier kan egter gesien word hoeveel objektiwiteit en verwardheid daar bestaan in die staatsdiens. Dis om enige mens bang te maak. Oscar kry nie dieselfde behandeling nie. Die staat se saak is op appél en daar moet gewag word op n uitslag van die hof. Gee hom intussen dieselfde behandeling as Shabir Shaik en honderde ander.

Poplap ·

Ag toe nou!
Waarom altyd ‘n vergelyking met Schaik tref?
Wat van Derby-Lewis? En van watter honderde ander praat jy???

Winston ·

Die wat nooit die nuus haal nie en waar geen haan na kraai nie. Ai jammer tog Shaik het nie moord gepleeg nie. As jy lieg kan jy steel en as jy steel kan jy moor. Punt is oneerlikheid verdien straf. Nie n klop op die skouer nie

Henry ·

Volgens jou beredenering kan jy uiteindelik ook moord pleeg, as jy ‘n leuenaar is.
Dink jy nie dat ou Ossie verskriklik aan’t lieg gegaan het toe hy in trane vertel het dat hy nie geweet het wie agter die geslote toiletdeur staan, voordat hy losgetrek het met sy geskietery nie?
‘n Onredelike optrede wat ‘n pragtige jong vrou se lewe beëindig het en tot onherstelbare smart vir haar ouers, familie en vriende gelei het.
Hy is baie gelukkig om so ‘n kort verblyf in die gevangenis te kry.
Veels te kort vir iemand om goed na te dink oor lieg, steel en moor…

Philip ·

Nou wat is die probleem? Reeva kan nie huis toe gaan nie, waarom moet hy dan huis toe gaan?

M ·

Ja hy word nie soos die ander behandel nie, hy kry spesiale behandeling wat hul natuurlik nie sal erken nie. Hy tree in die openbaar “normaal” op soos ons ander mense, hoekom word hy nie in die gewone selle geplaas as al die ander nie. Sê maar net……………………

Bielie ·

Die familie is 100% reg. Die ander bandiete het ‘n nuwe bad wat aangelê is nie, en kry ook nie die geleentheid om in die siekeboeg met Krijcer sokker te speel nie.

Ruby ·

“baie onhuts”……….. siestog.

Reeva se geliefdes is GEBREEK.

Johanna ·

Iemand wat so ‘n ligte straf gekry het vir ‘n moord, moet sy mond hou en sy straf uitdien. Dit bly steeds minder as wat hy verdien. Verkieslik moet hy sit tot hy die begrip “berou” verstaan. Nêrens word genoem hoeveel berou hy het nie.

Moeksie ·

Nee wat, wat my aanbetref kan hy nog so 15 jaar sit. Nog glad nie genoeg berou getoon nie en ja hy gaan wel op ‘n stadium kan huistoe gaan – Reeva se ouers gaan vir ewig wag – sy gaan NOOIT weer huistoe kan gaan nie.

Johnnie ·

Johanna ek stem 100% saam met jou, hy is nie parool waardig nie, hulle moet hom los laat hy sit totdat sy kort vonnissie verby is.

Regverdig ·

Ek stem saam. Waarom sal hy nou soos n “prins” behandel wil word. Wat maak hom so spesiaal???? Hy het MOORD gepleeg. Laat hy sit, dis wat hy verdien…….

Eish! ·

Jip ek stem saam die arme man word nie dieselfde behandel nie. Dalk moet hul hom in die tronk gaan sit waar ek destyds gewerk het. Maar die Bybel word ingeroep en mense skree baie strawwe uit. Nou sit ek vanmore en wonder wat sou die Bybel se straf gewees het vir ‘n man wat ‘n onskuldige vrou geskiet het????????????????????? Laat mens wonder.

Se Maar Net ·

Parool is nie ‘n “REG” waarop die familie kan aandring nie.
As ek mooi kan onthou het hy oord gepleeg, en sy familie hget die media goed gebruik gedurende doe hofsaak. Dus moet hul tot die besef kom hul geliefde is ‘n krimineel.
En hy is in die tronk , nie op ‘n vasbyt oefening nie.

magda ·

Ek stem! hy ly n koninklike lewe in vergelyking met ander gevangenes – hou jou bek en dien jou straf uit! soos dit is het hy BAIE lig daarvan afgekom

Justa ·

Die nydigheid van die Afrikaner verstom my net elke dag meer en meer. Sover ek weet het n regter hom nie aan moord skuldig bevind nie en gevonnis, en was hy geregtig volgens wet om in Augustus vrygelaat te word, net soos een van die ander miljoene gevangenes agv goeie gedrag. Hierdie hele ding het in n sirkus ontaard agv van die minister se toegee onder druk van n irrelevante vroue organisasie.

Delia ·

Jip, ek stem saam met jou. Die nydige tirades van sommige kommentare verstom my ook!

Arizona ·

Ag siestog Pistorius familie. Julle seuntjie vermoor n jong vrou koelbloedig en hy kry n klop op die skouer en nou word hy kwansuis anders behandel. Nonsens!!!!! julle seuntjie kry van dag 1 af “special treatment” en almal weet dit. Ek gee nie om hoe hulle die politiek gebruik om hierdie moordenaar binne te hou nie, solank hy daar bly. Hy moet vrot daar binne nes ander moordenaars

Elmien ·

Ek weet ons mag nie oordeel nie. Maar die blindesambok is n lelike ding.

Lulu ·

Ja hy word anders behandel, dis waarvoor hulle minstens gevra het! Nie gedink hy wil saam met die res van die mense wat skuldig bevind is aan strafbare mansslag in ‘n sel wees nie? Nietemin vir die periode waarvoor hulle moet sit nie? Hoe is dit dan nou dat die familie kla en kerm? Dalk is dit nie net die staat wat deurmekaar is nie..

Ria ·

Weet julle, met al die negatiewe besprekings oor Oscar, dink ek dit sal vir hom beter wees om in die tronk te bly. Wanneer hy vrygelaat word, sal hy meer straf verdien en hel op aarde he. Te minste word hy beskerm daar binne. Oscar ek bid nog steeds vir jou. Al hierdie dinge gebeur met ‘n doel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.