Plaasaanvallers vrygespreek op moordklag

Sicelo Kwayimani en Mgonseni Silnelo in die Wes-Kaapse hooggereghof. Foto: ANA

Sicelo Kwayimani en Mgonseni Silnelo in die Wes-Kaapse hooggereghof. Foto: ANA

Twee mans wat daarvan beskuldig is dat hulle ʼn Kaapstadse polisiebeampte tydens ʼn rooftog op ʼn plaas doodgeskiet het, is op ʼn aanklag van moord vrygespreek.

Regter Sakkie Maartens het Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof bevind daar is nie voldoende bewyse om Sicelo Kwayimani en Mgonseni Silnelo skuldig te bevind aan die moord op konst. Rozelle Witbooi (30) nie. “’n Skuldigbevinding aan moord kan nie geregverdig word nie en spesifieke feite in hierdie saak dui ook nie op strafbare manslag nie,” het Maartens gesê.

Sithelo is egter wel skuldig bevind aan poging tot moord, terwyl Kwayimani op dieselfde aanklag vrygespreek is. Maartens het gesê terwyl een van die mans die skoot afgevuur het wat Witbooi doodgemaak het, kon die hof nie bevind wie die doodskoot afgevuur het nie.

Maroela Media het vroeër berig Witbooi het in Februarie verlede jaar saam met ʼn ander polisiebeampte, ao. Jonathan Koopman, op ʼn gewapende rooftog by ʼn groenteplaas in Kraaifontein gereageer. Daar het hulle op Kwayimani en Silnelo afgekom. ʼn Stoeiery het ontstaan en Witbooi is doodgeskiet.

Beide verdagtes is skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede wat verband hou met die rooftog op die plaas, maar is vrygespreek op ʼn aanklag van ontvoering wat verband hou met plaaswerkers wat in ʼn koelkamer op die plaas toegesluit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Mooi so SAPS daar neuk julle weer n saak op – nog n spul misdadigers weer op straat.

JK ·

Seriously. Hoe kon die hof nie bepaal wie die doodskoot afgevuur het nie. Een van die 2 moes mos iets gese het

Desiree ·

Die hof moes sommer altwee skuldig bevind het aan moord. Nou gaan hulle net weer moor want deesdae kom mens weg met moord!!!

Desiree ·

Die hof moes sommer altwee skuldig bevind het aan moord. Nou gaan hulle net weer moor want deesdae kom mens weg met moord!!!

GES ·

Kom ons laat Oscar uit die kommentaar. Dit is ‘n debat vir ‘n ander dag.

Paul ·

Dit is presies die rede hoekom die twee nooit in ‘n toestand moes wees om in ‘n hof te kan verskyn nie.

amanda ·

Te veel misdadigers wat skotvry daarvan afkom oor “lack of evidence”

Grotman ·

As hulle jou huis in kom dan skiet jy want ons regstelsel gaan hulle net weer vry laat…

Irene Myburgh ·

Wonder net hoekom nie moord nie. Hulle gaan na die plaas om te roof en plunder met ‘n vuurwapen. As hulle niemand wou dood nie hoekom die vuurwapen? Die reg van ons is so geskryf vir die skelms om los te kom of om gratis verblyf en medies te kry.

Dave ·

Nou nie dat hulle baie swotterig is nie.
Charlie… met std 4 kan jy ‘n staatspresident word! Moet net ‘n papier kan aflees voor ‘n kamera en ‘n mic. Nie juis motiverend nie, nè!

Kaspaas ·

Absoluut absurd ” daar kan nie bepaal word wie die doodskoot gevuur het nie” die deler is net so goed soos die steler almal betrokke by die roof is skuldig aan moord. Geregtigheid asn die familie is te nagekom en dan word gese moet nie reg in eie hande neem nie. Hoe dan anders.

Mariaan ·

Wat kan mens se? Lekker lewe die misdadigers in SA. Dis n paradys vir hulle…

Eish! ·

Ja ? Dankie SAP vir jul swak diens. Nou wat nou? Nou word die polisie uitgemoor. Dalk moet jul 2 keer begin dink voor jul aan diens kom in die oggende. Werk doen wat reg is of by die huis bly?

Piet Pompies ·

Die aanklag was moord op ‘n Polisie man, moord beteken vooraf beplande omstandighede, manslag beteken persoon is doodgeskiet gedurende onbeplande omstandighede. Die ondersoekbeampte en deskundiges het opgemors omdat hulle onbetwyfeld moes bewys wie het die moordwapen gehad en kon dit nie doen. Dit help nie die Polisie doen hulle werk en die ondersoekbeampte mors op. Sal graag wil weet wat is die sukses persentasie van hofrolle vir misdadigers.

Andre ·

Piet Pompies, ek verstaan jou argument nie mooi nie. Jy sê die Polisie doen hulle werk en die ondersoekbeampte mors op. Die ondersoekbeampte in ‘n saak IS JUIS die Polisiebeampte wat die saak ondersoek……

Piet Pompies ·

Die ondersoekbeampte moes toesien dat die deskundiges soos vingerafdrukke afdeling se bewyse teenwoordig was by die hof. So ook die nadoodse ondersoek wat die tipe wapen kan bepaal wat die dood veroorsaak het. Dan sou daar genoegsame bewyse teen die regte beskuldigde gewees het.

Winston ·

Dit is wat my bang maak vir misdaad in die land. Swak patetiese ondersoek omdat niemand omgee nie. Is die ondersoek beampte se werk gemonitor? Nee. Sy hoof en hy kry hulle volle salarisse maar doen geensins wat verwag word van hulle nie. As jy met n polisiebeampte praat, selfs offisiere, is al waarvan jy bewus word: Onkunde. Solank hy n arrestasie kan wys is alles reg maar moenie die saak in n hof gaan bywoon nie. Dis verstommend swak. En dit is die grootste rede hoekom daar so baie kriminele vrygespreek word. Die land se regsmasjien is gebreek. Vodde en dit maak dat n fantastiese misdaad paradys hier bestaan. Ons is almal ….vol vir misdaad.

Griki ·

En ek dog daar gaan kamma so hard opgetree word teen polisiemoordenaars – want hier is moord gepleeg, geen twyfel daaraan nie.

Johan ·

Almal hammer op die swak werk van die beampte. Ek se die regter was swak in die geval. Nog n regter wat nie weet wat hy doen nie.

Flippie ·

Ek kan net met jou saamstem. Die regters is magistrate vandag is bang dat hulle geëtiketeer sal word as dit lyk of hulle bietjie hard op swart aangeklaagdes is. As die situasie omgekeerd is huiwer hulle nie om wit mense selfs onskulfig skuldig te behind nie.

Dirk Bosman ·

Volgens ons reg behoort altwee skuldig bevind word aan moord weens die leerstuk van gemeenskaplike opset.

Wesie ·

Ja nee- gaan sit bietjie in die hof by verhore. Sal geskok word as julle uitvind watse bewyse nie deur die hof aanvaar word nie. Dis waar die probleem le

Dan ·

Sien julle daar le die ding!!!! SOOOOOO maklik, ja- sal- ook- nie- weet- nie????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.