Plan vir ‘kruising van dood’

Argieffoto.

Argieffoto.

Die sogenaamde kruising van die dood, waar die R31 en N12 mekaar kruis net buite Kimberley en waar daar sedert April vanjaar reeds 86 ongelukke was, is uiteindelik beveilig.

Motoriste wat dié gevaarlike kruising nader, sal voortaan deur flikkerende waarskuwingsligte begelei word, wat AfriForum met toestemming van SANRAL geïnstalleer het.

“AfriForum het besluit om self in te gryp. Ons het ʼn plaaslike kontrakteur genader om, met toestemming van SANRAL, 96 flikkerende aluminiumligte te installeer wat met sonenergie werk,” het Wico Swanepoel, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Noord-Kaap, gesê. “Volgehoue druk van die gemeenskap en AfriForum het SANRAL uiteindelik genoop om tot die beveiliging van die kruising in te stem.”

Dié stap volg op talle noodlottige ongelukke en inwoners het al ʼn geruime tyd gepleit dat SANRAL die kruising beveilig. Net meer as ʼn jaar gelede is die Facebook-groep, Saamstaan Kimberley, gestig weens die ongelukkigheid oor die veiligheid van hierdie kruising.

“Die projekkoste beloop bykans R38 000. Die koste van menselewens wat voortaan beskerm sal word, kan egter nie gemeet word nie en is véél meer,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Onbekend ·

En as hulle dit sou gedoen het sou dit R38 miljoen gekos het!

Manie ·

Sanral is meer paraat op Tolgeld as op motoriste se Veiligheid!

Nicoline ·

Hoop dit werk!!!!Baie mense verontagsaam inelkgeval verkeerstekens en steur hulle aan geen padreels.

Jelte ·

Hoop die ligte help. Probleem is die stopstraat word geignoreer of hulle wil n vinnige kans vat voor aankomende verkeer op die N12. En ongelukkig is die grootste sondebokke persone wat daai pad byna daagliks ry. Ek persoonlik het self al n paar noue ontkommings by daai kruising gehad van voertuie wat reg voor jou indraai of oor die kruising probeer jaag. Al wat dit verhoed het was die feit dat ek daai kruising versigtig en op my hoede nader aangesien ek al gesien het hoe hulle daar ry. As mense by die verkeersreels hou en kyk en dink as hulle bestuur sal dit nie nodig wees om kruisings en paaie te doop kruising/ pad van die dood nie

Wiets ·

Zuma daaroor gevra. Hy gesê “heh heh heh heh heh heh, maybe in eleventy seventy years!”

Onbekend ·

Die liggies wat flicker gaan hulle nie keer om oor die kruising te ry sonder om te stop nie. ‘n rooilig en stop teken beteken vir hulle niks nie.
‘n Groot trok het vanoggend voor my oor ‘n rooi robot gery nadat dit al rooi was. Almal moes vir hom wag tot hy oor die kruising is. Hy vee net sy g……t aan jou af.

Zena ·

En nou gaan SANRAL tolhekke daar opsit en n mooi/redelike/bekostigbare bedrag vra…Mooi!

Peet Schabort ·

Goeie poging MAAR DIE GOED GAAN GESTEEL WORD.
Daarvoor kan ek julle ‘n brief gee.

Peet Schabort ·

En nou? Daar sneuwel my kommentaar!
Moes ek eerder gesê het dat die apparaat gaan ‘verdwyn’?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.