Polisie veroordeel ‘geen werk’-versoek vir Bozwana gedenkdiens

Die motor waarin Wandile Bozwana geskiet is. Foto: SAPD

Die motor waarin Wandile Bozwana geskiet is. Foto: SAPD

Die polisie in Noordwes het ʼn kennisgewing aan die gemeenskap om nie Donderdag vir werk op te daag nie nie ter ere van die gedenkdiens van die oorlede sakeman, Wandile Bozwana, ten sterkste veroordeel.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê dit het onder hulle aandag gekom dat gemeenskapslede onder dwang geplaas word om nie Donderdag te gaan werk nie. Dit is glo ter ere van die gedenkdiens van Bozwana, wat Vrydag in sy motor in Pretoria doodgeskiet is.

Bozwana was voorheen ʼn kaptein in die polisie, maar het later die polisiemag verlaat en die sakewêreld betree. Sedert sy dood het talle bewerings aan die lig gekom van sy bedenklike betrokkenheid by provinsiale en plaaslike regeringstenders.

“Hierdie beroep op die gemeenskap is roekeloos,” het Ramaloko gesê “Ons is almal hartseer [oor Bozwana se afsterwe]. In dieselfde asem is daar geen rede hoekom dit nie ʼn gewone werksdag soos altyd behoort te wees nie.”

Hy het die gemeenskap gerusgestel dat die polisie in die provinsie sal verseker dat almal hul normale roetine Donderdag kan volg sonder enige vrees dat hulle beseer of benadeel sal word.

Genl.maj. Jacob Tsumane, die provinsiale polisiekommissaris, het sy medelye aan Bozwana se familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

THEA SWART ·

nou wat maak hom so special ons het nie eers dag afgehad met Mandela se dood nie hallooo

sarie van heerden ·

Om te staak en nie werk toe te gaan nie bied nie werksgeleenthede nie. As hulle van die werk wegbly knou dit die ekonomie EN HULLE VERDIEN WAARSKYNLIK NIE GELD VIR DIE DAG NIE. Mens moet MOOI dink alvorens jy begin eise stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.