‘Reeksverkragter’ beweer polisie het saamgesweer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende reeksverkragter, wat op 152 aanklagte teregstaan, beweer die polisie het saamgesweer teen hom aangesien hy ʼn “leek” is.

Peter Dashboy Khoza beweer die polisiebeampte wat DNS-monsters van hom geneem het en die beampte wat hom in hegtenis geneem het, het teen hom saamgesweer. Dít was sy verduideliking aan staatsaanklaer, Nerissa Muller, toe sy hom gevra het om te verduidelik waarom sy DNS op amper al sy beweerde slagoffers gevind is.

Khoza (46) het in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, skuld ontken op al die aanklagte teen hom. Hy staan onder meer tereg op 46 aanklagte van ontvoering, 29 van verkragting, 28 van aanranding met die doel om ernstig te beseer en 19 aanklagte van die dwing of veroorsaak dat ʼn kind getuie is van seksuele aanranding.

Hy het glo die misdrywe tussen 2007 en 2013 in Tembisa en Olifantsfontein gepleeg. Hy het glo meisies so jonk as nege geteiken. “Ek stem nie saam met die DNS-uitslae nie, aangesien ʼn polisiebeampte my bloed getrek het en die persoon wat my in hegtenis geneem het ook ʼn polisieman is en ek net ʼn leek is. Hulle het saamgespan teen my.”

Khoza het aan die hof gesê hy het nie enige van die beweerde slagoffers geken nie, behalwe die een se broer. Muller het Khoza gevra om kommentaar te lewer oor die feit dat al die beweerde slagoffers ʼn beskrywing van hom gegee het en hom tydens ʼn identiteitsparade geïdentifiseer het.

“Ek het al die slagoffers se getuienisse gehoor. Die beskrywing wat hulle gegee het is nie dieselfde as myne nie. Hulle het gesê die persoon wat hulle verkrag het was donker en het sy kop geruk terwyl hy soos ʼn pou geloop het. Dit is nie ek nie,” het Khoza geantwoord.

Hy het ook aan die hof gesê hy was verras en geskok toe hy hoor hy word van verkragting beskuldig. Die saak is tot Januarie uitgestel vir slotbetoë.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eliza-beth ·

…nou het ek ALLES gehoor. Sluit toe, en gooi sleutel weg soos in dadelik!

helen ·

Ag nee hemel wie dink hy is hy dink hy vir een oomblik ons is nie intelligent nie die getuienis is heeltemal teen hom watter flou verskoning om die polisie die skuld te gee komaan hy is so skuldig ek hoop nie die staat val vir so ń grap nie doodstraf moet weer ingesfel word.

pop 1 ·

Helen nee ons justisie mense is nie so dom nie. Hys n psigopaat, netnou gaan hy omdraai en se die slagoffers het dit of dat gedoen, en dis hoekom hy die dinge gedoen het.

GES ·

Die skuimbol verdien nie om te leef nie. Watter deel van “nee” verstaan hy nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.