Twee persone is Maandag beseer toe hulle van hul perde afgeval het nadat ʼn leeu hulle glo by ʼn wildtuin in Krugersdorp bestorm het.
SA Horseback Safaris, wat perderitte deur die wildtuin aanbied, ontken dat ʼn leeu-aanval plaasgevind het, ondanks berigte op sosiale media.
Die vrou wat die maatskappy se telefoon beantwoord het, het gesê ʼn groep ruiters het naby die leeuhok gery om na ʼn kameelperd te kyk. Die leeu het glo teen die elektriese heining opgespring en van die perde het geskrik. Die woordvoerder van die maatskappy, wat nie haar naam wou gee nie, het gesê die leeu kon nie uit die hok ontsnap nie. Sy het gesê die twee ruiters is na ʼn hospitaal geneem, maar sy wou nie besonderhede oor hulle toestand bekend maak nie.
Volgens die groep se webwerf kos ʼn twee en ʼn halfuur rit deur die natuurreservaat R300 per persoon. Groepe is nie groter as 12 persone nie.
© RDM News Wire
Koue pampoen. Die ruiters, hoeveel maal was hul al op n perd se rug? Nou nie by die malemele nie.
Heimlik begin ek wonder of die horde besoekers met hulle kameras nie die diere irriteer nie. Dit bly betreding van wat hulle as hulle gebied beskou.