Saak teen Julius Malema van hofrol geskrap

Julius Malema. Foto: ANA

Julius Malema. Foto: ANA

Die saak teen Julius Malema, leier van die EFF, is Dinsdag in die hooggeregshof in Polokwane van die hofrol geskrap.

Regter Billy Mothle het die beslissing gemaak op versoek van Malema se regspan wat aangevoer het die saak sloer al sedert 2012.

Die saak is aanvanklik Maandag uitgestel nadat Kagiso Dichabe, een van die mededirekteure van On-Point Engineering, se regspan versoek het dat hul kliënt apart verhoor word. Volgens Dichabe se verdediging is hy al sedert verlede maand in die hospitaal en daarom vra hulle ʼn aparte verhoor.

Die saak teen Lesiba Gwange, nog ʼn direkteur van On-Point Engineering, is ook van die hofrol geskrap. Die staat kan egter later besluit om hulle weer aan te kla.

Malema en sy medebeskuldigdes is daarvan aangekla dat hulle glo valse voorleggings aan die departement van paaie en vervoer in Limpopo gedoen om ʼn tender van R52 miljoen vir Malema se projekbestuursmaatskappy, On-Point Engineering, te kry. Hulle het in 2012 vir die eerste keer in verband met die aanklagte in die hof verskyn.

Die beskuldigdes het op aanklagte van korrupsie, omkopery en rampokkery tereg gestaan.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Julius Malema op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

MJL ·

Dit was van die begin af ‘n gegewe. Hy het lankal al geweet dit is hoe dit gaan wees.

christine ·

Yvonne ontspan dis net van rol af omdat dit re lank op rol is
.Hulle gaan dit weer plaas as die matjie uit hosp is. Dis net om kostes te bespaar. Saak gaan nie weg nie n tydelike ding.

Winston ·

Die staatsaanklaer kon net minstens gevra het vir n skeiding van verhore. Maklik. Sloer????wat sloer nie in die land nie. Alles sloer. Al wat nie sloer nie is die moorde op boere!

Chris van Heerden ·

En die belasting gaarder sloer verseker ook nie.

susan ·

Kon dit voorspel. Dieselfde gaan gebeur met die omstrede “woning” van die pres. Maak nie saak hoeveel taak en ondersoekspanne daar is nie. Daar gaan nie n sent terug betaal word nie. So voorspelbaar..

JWK ·

Yvonne, ek wil met jou saamstem alhoewel die saak 3 jaar sloer. Iemand in ‘n staats departement doen nie hulle werk behoorlik nie, of nog omkoopgeld het hande verwissel. Dit is my gat se deksel dat daar soveel sake hangend is. Dan lees ons van verhoorafwagtenis (van 2010) wat weer misdaad gepleeg het in 2015. Hoekom was die skelm nie al klaar verhoor en gevonnis nie. Die probleem is dat almal glo hulle is bo die wet verhewe. Elke besluit in die parlement word eers na die hoogste hof geleep om te bepaal of dit grondwetlik is. Hierdie sogenaamde beste konstitusie in die wereld het my en elke persoon wat vermoor/verkrag/besteel is, in die steek gelaat!!

Natasha Brittz ·

Tipies. Dit gebeur net in SA. En so sink hulle ons land.

jacques ·

Nee die gebeur nou oral oor die wereld,regters word net gedreig dan gee hulle oor.
Donker tye le voor want dit raak net erger nie beter.

Dolla ·

Hierdie land is ‘n sirkus … en die narre raak net al hoe meer!!!!

MJL ·

Dolla, ‘n sirkus is ‘n georganiseerde, goedbestuurde plek en die narre weet wat hulle doen. Die ANC -regering is ver van dit!

George ·

So die misdadiger is koning in Suid-Afrika. Ek kan nogal dink een korrupte tree nie graag teen ‘n ander korrupte op nie, dinge kan boemerang.

Chris van Heerden ·

@George verduidelik hoe bring jy die twee bybelversies met Malema en hierdie saak in verband.

Elsje ·

Een groot grap vir die duiwel se kinders met een groot traan vir ons land. Ons moet net aanhou bid iewers moet hierdie babelse gemors tot n einde kom. Die jongmense swart,wit ensovoorts wil ook nie hierdie korrupte leiers hê nie. Hul kuier oor en weer hul aanvaar mekaar, maar die Malema’s hou aan karring en opsteek. Mag God hierdie land red asseblief

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.