Skatkisvonds by grenspos gemaak

Argieffoto

Argieffoto

Meer as R2 miljoen se edelgesteentes en goud is by die Beitbrug-grenspos gevind toe ʼn vragmotor van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) Woensdag daar deur doeanebeamptes deursoek is.

Luther Lebelo, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, het Vrydag gesê ongeslypte diamante en goud is Woensdag in ʼn reisiger se bagasie gevind.

“By nadere ondersoek het die beamptes ongewone voorwerpe opgemerk in sommige van die bokse wat vervoer is,” het Lebelo gesê.

Lebelo het gesê verskeie soorte ongeslypte diamante is saam met die goud in ʼn verseëlde houer tussen die ware gevind.

“Die beweerde edelgesteentes wat gevind is, is 63,54 g swart diamante, 67,58 g diamante, 173,10 g ongeslypte industriële diamante, 10,36 g duidelik ongeslypte diamante en 566,87 g industriële diamante. Die goud wat gevind is, weeg 143,35 g.”

Hy het gesê die diamante het ʼn geskatte waarde van R2 263 501 en die goud sowat R17 497.

Die stene en goud is aan die polisie oorhandig en die verdagtes in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ZANE ·

Seker verkoop , of nee wag , dit het skielik weg geraak en hulle sal n ondersoek doen . Dan hoor jy net nooit weer van die saak nie.

Johannes Meintjes ·

Die sage van konflikminerale, rebelle en smokkelary van en na die DRK word histories nog nooit heeltemal oopgevlek, ondersoek of gestuit nie. Dit dra by tot die korrupsie en onstabiliteit van Suider-Afrika, en die volgehoue toeloop van Kongolese na SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.