Solidariteit eis miljoene namens Sishen-lede

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het Vrydag namens 97 van sy lede ʼn eis van R10,7 miljoen teen ʼn mynmaatskappy by die arbeidshof aanhangig gemaak.

Die lede namens wie die reusebedrag geëis word, is almal werknemers van die Sishen Iron Ore Company. Anton van der Bijl, hoof van die arbeidshofafdeling van Solidariteit, het gesê dit is die grootste bedrag wat Solidariteit nog ooit namens sy lede in ʼn saak geëis het.

Die eis volg nadat die betrokke Solidariteit-lede vir twee agtereenvolgende jare nie die volle prestasie-evalueringsbonusse waarop hulle geregtig was, ontvang het nie, het Van der Bijl gesê. “Altesaam 97 lede van Solidariteit het vir die jare 2012 en 2013 nie hul volle bonusse, waarop voorheen ooreengekom is, ontvang nie,” het hy gesê.

“Die uitkoms van hierdie saak sal verreikende gevolge vir die Sishen-groep inhou.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johannes Meintjes ·

Dankie Solidariteit. Daar is baie eiese wat nog in SA aanhangig gemaak moet word. Voorbeelde is die talle politiek-gedrewe loopbaanfaleggings wat baie mesne se toekoms gekelder het, vir die slagoffers en gesinne wat deur plaasmoorde geraak word, en vir die Volksfonds eise teen Engeland vir die geweldige en brutale verliese veroorsaak deur die kwaadwillige gebrande aarde en konsentrasie kampe taktiek teen ons burgerlike mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.