Studentedialoog op NWU-kampusse van stapel gestuur

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), het vanmiddag aangekondig dat hy studentebelangegroepe om ʼn tafel byeen wil kry vir ʼn reeks gesprekke oor die toekoms van die universiteit.

“Hierdie gesprekke is ʼn poging om studente op ʼn wye vlak te bereik oor al drie die kampusse om te gesels oor temas soos ras, taal, sport, die studentelewe en maatskaplike samehorigheid onder die vaandel van ‘Ons is die NWU’”, het prof. Johannes Froneman, Kgwadi se woordvoerder, gesê.

Volgens Froneman is die onlangse protesaksie by die institusionele kantoor van die NWU net een van die aspekte wat aanleiding gegee het tot die beplande gesprekke met die studente van die kampusse.

“Kgwadi loop al ʼn geruime tyd met die gedagte om ʼn dialoog tussen die studente van die kampusse te begin. Ons kry elke dag kommentaar van verskillende oorde wat ʼn mens laat besef daar is vrees, terwyl sommige mense selfs kwaad is en daar is baie onduidelikhede oor die toekoms van die universiteit onder die verskillende belangegroepe. ʼn Insident soos die protesaksie het ons opnuut laat besef dat daar erns gemaak moet word met hierdie gesprekke,” het Froneman gesê.

Volgens Froneman wou hulle net wag dat die nuwe studenterade en huiskomitees van die koshuise aangewys en die strategiese hersieningsdokument ingehandig word, voordat hulle afskop met die gesprekreeks.

“Ons sal binne die volgende week ʼn datum vir die eerste gesprek vasmaak. Hierdie gesprekke sal gestruktureer wees en ons sal dit selfs oorweeg om die gesprekke weg van die kampusse te hou sodat die studente mekaar ook in ʼn ontspanne, neutrale omgewing kan ontmoet,” het Froneman verder gesê.

Volgens Kgwadi is daar baie aktiwiteite wat op die kampusse plaasvind wat positief is en aangemoedig moet word. “Hoewel die studentelewe op die drie kampusse in ʼn mate mag verskil, wil alle studente ʼn veilige, lewendige studentelewe hê waar menswaardigheid, die beskerming van hul regte en die nakom van verantwoordelikhede deel is van hul alledaagse ervaring.”

Kgwadi het ʼn beroep op die studente gedoen om oor hul vrese en ervarings te praat en gevra dat studente die moeite moet doen om mekaar beter te leer ken. “So maak ons die universiteit ʼn baken van hoop,” het hy bygevoeg.

Froneman het verder gesê die gesprekke se formaat mag verskil, maar dit sal ʼn deurlopende proses wees. “Ek hoop dit word ʼn institusionele aksie, want studenterade en -organisasie word elke drie tot vier jaar heeltemal hernu. Ons sal die gesprekke hou vir solank as wat dit nodig is. Ons is tans in ʼn kritiese fase van die NWU se geskiedenis en hierdie is ʼn poging om nie net die studente in bestuursposisies van die studentlewe byeen te bring vir gesprekke nie, maar ook om die stem van die stille meerderheid studente te betrek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

HEVW ·

Ek het net die gewaarwording hier skuil n slang in die gras. Kgwadi het omonwonde reeds bewys dat sy sg edele doel met NWU polities gemotiveer is en dat dit strook met die kommunistiese aanslag waarin die Afrikaner die uitgewisde moet wees. Kgwadi ek reken die protesaksie het jou ideal vir NWU mateloos skade berokken. Aan die hand van dit wat daar gese is en gebeur het, is dit tog duidelik wat in jou beplande samesprekinge gese gaan word. Al wat jy sal bereik is verdere polarisasie. Al wat positief daaruit mag gebeur is dat jy tog uiteindlik sal besef jou valse versoeningsgesindheid het niks met die realiteit te make nie. Of jy dit sal erken en iets daaraan sal doen is te bevraagteken, want jy word gedryf deur die een wie se brood jy eet.

Johann Marx ·

Hoekom moet daar gesprekke gevoer word met studente van “verskillende kampusse” oor mekaar se kampusse. Elke kampus is uniek, met sy eie identiteit. Praat met studente van ‘n kampus oor hulle kampus……want wat daar aangaan het NET betrekking op die studente van daardie kampus. Die enigste rede hoekom gesprekke gevoer moet word met studente van verskillende kampusse oor mekaar se kampusse…..is omdat EEN kampus funksioneel is, resultate toon, finansieel gesond is, en min of geen oproerigheid nie….en die ander twee kampusse nie!

Alrina ·

Dialoog? Nou leer ek sowaar iets nuut! Eensydige afdwinging van konsepte = dialoog. Dan Kgwadi, aanvanklik het ek jou die voordeel van die twyfel gegee, maar jou motiewe stel regtig nie die belange van die NWU Potchefstroom voorop nie.
U breek af waar ander gebou het.
Bewys my asseblief verkeerd.

Dup du Plessis ·

……….maar ook om die stem van die die stille meerderheid studente te betrek………Word hiermee verwys na die hele NWU of per kampus? Ons weet mos wat is die demografiese verhouding van die verskillende rasgroepe en hul voorkeur taalgebruik. Getalle gewys oor die hele NWU is daar geen kans vir die voortbestaan van ‘n Afrikaanse kampus as die ander 2 kampusse daaroor moet besluit nie. Dis hoekom die behoud van Afrikaans by Puk vir die meeste ouers so belangrik is. As dit nie beskerm gaan word vir Afrikaanssprekendes nie behoort Kgwadi / Froneman die aankondiging so gou as moontlik te doen. ( eerlikheid is al wat ons vra ) Dan behoort hulle Afrikaanssprekendes daarop te wys dat die laaste Afrikaanse kampus in die land die pad van die ander Universiteite gaan stap. Hulle behoort ook aan te beveel of voorbrand te doen vir die wegdoen van elke Afrikaanse skool in die land. Dan is ons eerlik met mekaar en ten minste weet ons Afrikaanssprekendes (ongeag ras) waarop ons in die toekoms moet fokus…..’n nuwe onafhanklike universiteit vir onderrig in Afrikaans. HOEKOM? OMDAT DIT ‘N MOEDERTAAL VIR BAIE IS. Dis ‘n realiteit en moet gediens word. Puk kan 3 maal vergroot en sal steeds nie aan die Afrikaanse vraag kan voldoen nie. Die kinders is daar om te studeer, ouers betaal baie gelde om dit moontlik te maak. Niemand is lus vir politiekery op kampusse nie en nog minder om ideale en sinlose planne van individue na te jaag nie. So….laat die aap uit die mou….en dan weet almal waar ons staan en wat om te doen.

Peet Schabort ·

Ja-nee, kyk dis nou WARE DEMOKRASIE.
DIS WANNEER JY DIE MINDERHEID OOK “N KANS GUN OM DEEL TE NEEM AAN HULLE EIE ONDERGANG.
Ruim dan ook die misverstande uit die weg en gaan voort met diegene met geen verstand.

Netta ·

Die protesaksie is gereel deur Kgwadi self. Wie bluf nou vir wie? ‘n Paar jaar gelede was kgwadi Afrikaand 100% magtig. Nou praat hy selde Afrikaans. Dis baie duidelik dat Kgwadi ‘n politieke pion is, wat nie Potchefstroom se beste belange op die hart dra nie. Hy is daar vir een ding: Om Afrikaans op Potch te vernietig.

Moedertaal ·

net soos ek graag my kind in sy moedertaal wil laat studeer is daar seker ander ouers wat ook so voel. Waarom karring aan iets wat werk? Begin n ander universiteit in watter taal julle ook al wil. Dis sommer werkskepping ook!

Bruno Stef ·

Kwadi en Froneman het die boodskap duidelik gekry van alle kante van die Afrikaner gemeenskap tot van sy eie geledere in die DA. Wees verseker dat daar n hele spulletjie raadgewers/onderhandelaars besig is en alreeds agter die skerms met die hoofdoel om die studente wat polities naief is se steun te probeer werf en voor te gee dat dit die oorgrote meerderheid is daarom word die opstokers van ander kampusse ingesluit om dan hulle steun te vergroot.Froneman die Studente van NWU Potch kampus is hier ter sprake saam met hulle betalende ouers nie die stakers van die ander kampusse met hulle ongedisseplineerde gedrag.Sit dit in jou pyp en rook dit.

Gwen ·

Joegaai. Nog iemand wat deur Johannes Froneman se patetiese verduidelikings sien. Versprei asb. die nuus dat Froneman geen vriend van Afrikaans/die Afrikaner is nie.

Henry ·

Gwen dit is nie nodig nie.
Froneman en sy ander pelle soos daai ou – dink sy van is Venter – is so blatant PK dat enige siel wat regop loop en tot by 5 tel kan sien dat hulle geen vriende van Afrikaans of Afrikaners is nie.
Ek’s ‘n oud Tukkie en is nie bekend met Potjiesdorp se dinge nie, maar hoe op aarde kon Eloff vir Kgwadi voorspraak gemaak het?
Hoe naïef, PK en kortsigtig kan ‘n mens dan wees!!!

NICKY ·

Gaan daar ander “volwassenes” saam met die student wees behalwe Froneman en Kgwadi, of gaan hulle net gestoomroller word, het mos nou al ‘n paar van hulle sogenaamde gesprekke gesien en gehoor, ekke ruik ‘n groot stink rot.

Dup du Plessis ·

……….maar om die stem van die stille meerderheid studente te betrek………..word hier verwys na al die studente by NWU of is dit per kampus? Ons weet mos wat is die demografiese verhouding in getalle by NWU. As die studente van die ander kampusse oor die toekoms van Afrikaans by Puk moet besluit weet almal wat die uitslag gaan wees. Dus Puk vir Puk (hou ‘n doodeenvoudige stemming per kampus) en die ander kampusse vir hulself. Anders moet Froneman / Kgwadi opstaan en aan alle Afrikaanssprekendes noem dat Puk ook die pad van die ander universiteite wil stap en Afrikaans ongelukkig met tyd uitfasseer gaan word. Sê dit vir elke Afrikaanssprekende ouer (ongeag ras of kleur) dat daar nie meer ‘n akademiese afsetpunt vir sy kind se taal in die toekoms gaan wees nie. Ten minste weet ons dan waar ons staan en kan Afrikaanssprekendes dadelik begin met beplanning vir ‘n onafhanklike universiteit in hul eie taal. HOEKOM? – omdat Afrikaans die MOEDERTAAL van baie mense is. Dis ‘n realiteit wat gediens moet word, al vergroot Puk 3-voudig sal dit nie groot genoeg wees om aan die Afrikaanse vraag te voldoen nie. So Kgwadi / Froneman, of andersom – laat die aap uit die mou en sê vir ons Afrikaanssprekendes (weereens ongeag ras of kleur) waar ons staan t.o.v. Puk. Die kinders is daar om te studeer, baie geld word spandeer aan studies, niemand is lus vir “politiekery”en ideologiese idees van individue wat dink hulle kan almal na die beloofde land neem nie.

chris ·

Is hierdie mense werklik so naief?Kan hulle nie insien al praat jy vir hoelank dat die probleme by die verskullende kulture, tale en verwysingsraamwerke van die groepe le nie.Maar nee hulle moet die reenboog maak werk want sien daars ‘n pot goud daaronder.Nou jaag hulle hom soos ‘n klomp kinders en besef nie vir elke tree beweeg die reenboog een tree verder weg nie.
Los vir die Afrikaner sy eie universiteit dan is daar mos geen probleme of dialoog nodig nie(hierdie mengelmoes is juis die rede vir die probleem).Dit is so eenvoudig soos dit.As julle die ANC,DA,EFF droom wil leef doen dit, dit is julle goeie reg net soos dit myne is om dit nie te leef nie.Moet egter nie met die heuningkwas inspring vir die gemors wat julle veroorsaak en dan die Afrikaner as die probleem probeer voorle nie.Die kamma Hitler saluut dien as voorbeeld.Dit bevestig maar net weereens die feit dat Liberaliste “vryheid” propageer solank dit net hulle siening daarvan is,dws jy is vry om saam met ons te stem.

Daar bestaan nie groter tweegesigte as liberaliste nie en ook nie gevaarliker mense nie.

W Kruger ·

Ek wil net een vraag vra, weet hulle die professors wat hulle monde so vol het, hoeveel dit werklik die ouers kos om vir hulle kinders ‘n goeie geleerdheid te gee. Ek glo nie, want hulle werk nie vir ‘n gewone salaris, en moet meet en pas om dit by te bring nie. Los die kampusse soos dit is, dit is ons alma se grondwetlike reg om in sy moedertaal onderrig te kry, maar dit lyk my dit is net van toepassing op sekere mense in ons land. Ons is gebore Suid-Afrikaners, en ons praat Afrikaans, julle kan ons nie weg wens nie. Ons is hier om te bly.

HEVW ·

Kgwadi en Froneman, dit is duidelik julle krap nou aan iets wat vir jul baaaie probleme gaan skep en die lewe vir vir julle bitter gaan maak. Nog nie so daaraan gedink nie??????

Gwen ·

Waarom sou Johannes Comestor se kommentaar verwyder wees? Maroela is net so erg soos Media24. Waarlik belaglik.

Bruno Stef ·

Ek wil n klip in die bos gooi deur my bekommernis uit te spreek IVM die Aardklop kunste fees wat as n mondstuk gebruik gaan word om Kwadi/Froneman en andere se liberale sienings binnekort te propageer en hulle self as soetkoekies voor te stel.Ons ouer garde sal mos nog onthou van die Vredesliedtjie fiasko na die aanloop van die 1994 verkiesing wat n volslae flop was en waarin SA sangers n krater van hulle name gemaak het.Kan maklik weer gebeur geld al is dit belasting betalers geld word kwistig aangewend in so n geval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.