Sussies sterf in gru-ongeluk: ‘Julle was my maats, dogters en kamerade’

Laurie en Carli Huyser. Foto: Facebook

Laurie en Carli Huyser. Foto: Facebook

“Vandag het ek hierdie twee dogters van my aan die dood afgestaan.”

Só het Hercules Huyser op sy Facebook-blad geskryf nadat sy twee dogters, Carli (19) en Laurie (17), Woensdagmiddag in ʼn motorongeluk dood is. “Julle was my maats, dogters en kamerade. Love you.”

Carli, ’n eerstejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus, en Laurie, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Pretoria-Noord, was in ʼn trompop-botsing betrokke op die N4 naby Brits.

Loanne Louw, woordvoerder van die Hartbeespoort-noodreddingseenheid, het aan Maroela Media gesê twee voertuie het reg van voor teen mekaar gebots. Volgens Louw het een van die voertuie omgeslaan terwyl die ander een teen ʼn versperring langs die pad tot stilstand gekom het. Louw het gesê die bestuurder en passasier in die een motor is op slag dood terwyl die man in die ander motor ernstig beseer is en na die Mediclinic Brits gehaas is vir mediese behandeling.

Maroela Media het verlede maand met Carli ʼn onderhoud gedoen nadat haar kamermaat in die Oosterhof-koshuis, Leana Labuschagne, aan breinvliesontsteking dood is. “Dit herinner mens net weer dat jy vir die mense in jou lewe moet sê jy is lief vir hulle,” het Carli destyds gesê.

Medelye stroom intussen in op die sussies en hul ouers se Facebook-bladsye. “Twee liggies wat vir Jesus geskyn het, gister is julle liggies hier op aarde uitgedoof, maar vir ewig sal dit by Jesus skyn … soveel mooie herinneringe en soveel herinneringe wat ons nog saam met julle wou maak. Carli en Lauri ons koester die herinneringe in ons harte en sal ewig vir julle lief wees,” het Ina Huyser geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Jolandie ·

Ag, dis so hartseer, altwee dogters. Ek kan myself nie eers indink hoe seer die ouers se harte moet wees nie!!! Baie sterkte aan al hulle familie en vriende.

Joey Smit ·

so jammer nog so jonk in die fkeur van die lewe . My innige simpatie met ouers en fam.Onthou God die Vader sal julle vetroosting bring sterkte

scalla ·

Tragies, in die fleur van hul lewe, sterkte aan die familie met die groot verlies.

Christine ·

Ai my liewe mensies, ek kan net se ek dink aan julle!!! Dit moet vreeslik wees!! Mag God jul beskerm van hier tot in ewigheid!!! As n ma myself kan ek my ni indink hoe verskriklik hierdi seer moet wees!!!! Sterkte aan julle hele famili en hou net vas aan ons Vader waar jul hulp vandaan sal kom!!!!! RIV liewe kinders!!!

HENNA ·

Soos altyd genoem word – ‘n ouer moenie ‘n kind aan die dood afgee nie
dan nog twee sulke pragtige dogters ook. Innige simpatie aan die
familie en vriende.

Denise du Toit ·

Hoe gebeur soiets? Watter motor het aan due verkeerde kant van die pad ge ry? Op die foto is ‘n vragmotor in die regterbaan op dir foto en die meisies se motor in die linkerbaan met nog ‘n motor in hulle baan verder agter – wie het in die meisies vasgery – die partye in dieselfde baan en wie was in die verkeerde baan?

Denise du Toit ·

Hoe gebeur soiets? Watter motor het aan due verkeerde kant van die pad ge ry? Op die foto is ‘n vragmotor in die regterbaan op dir foto en die meisies se motor in die linkerbaan met nog ‘n motor in hulle baan verder agter – wie het in die meisies vasgery – die partye in dieselfde baan en wie was in die verkeerde baan?

Anoniem ·

Volgens die meisies se vriendin. Die meisies het n trok geovertake toe hul in die ander motor (wat in die korrekte baan was) kop-kop gebots het. RIV meisiekinders*

Tarina Kriel ·

“Oh liewe Hemelse Vader, groot is U genade, wees asseblief hierdie mense en hulle naastes genadig, laat U engele hierdie siele lei tot in die ewige lewe in, Amen” Dis die gebed wat ek hardop gebid het toe ek gister veby die toneel gery het want ek het geweet niemand sou dit oorleef nie. Kannie se hoe ek voel toe ek die lees vanoggend nie en die kiekie van die twee sien nie. My hart en gebede gaan uit aan die families.

malinda ·

Hoe tragies. Mag die Heer met jul ouers en familie wees. Mag Hy Genade oor jul bring, want die hartseer is baie groot en rou.

Debs ·

Ek het nie woorde vir hierdie ouers nie…… my hart gaan uit na julle toe. Om sulke pragtige dogters saam te verloor … en in die fleur van hulle lewe ….. maar weet Jesus het sy twee engele nou by hom. Ons kinders word net vir ons geleen. Mag die Heer julle en die familie en vriende deur hierdie verskiklike donker tyd deurdra. Ons bid vir julle.

Se Maar Net ·

Mag God jul in die hartseer tyd omring met Sy genade, en Liefde. Baie baie sterkte aan die ouers en naastes. Dit laat mens hartseer, al ken mens hul nie. My hart gaan uit na julle .
Mag julle berusting vind in Ons Vader .

Ernest ·

Hoe kan ons as mens die verlies v sulke wonderlike jongmense verstaan ? Sterte aan julle as ouers en weet dat God julle in die komende dae sterk sal onderskraag ! Ons dink in meegevoel aan julle. Ernest

tina ·

Liewe ouers van Carli en Laurie..woorde IS daar nie om jul te troos met jul verskriklike verlies. So innig jammer vir julle. Ek bid dat die Here jul so styf sal vashou en die pad van genesing wat jul loop, saam met Jesus, tasbaar sal wees. Ek bid vir krag en sterkte vir jul.

Marie ·

Mens het nie woorde nie, die hartseer wat julle moet deurgaan is hartverskeurend. Ons gebede en die Here se genade is met julle.

Gert ·

So, so tragies. Mag God aan die ouers die nodige krag en leiding gee om hierdie groot verlies te verwerk.

zahn ·

My innige simpatie, ek wens regtig ek kon woorde vind wat jul pyn sal ligter maak, maar daar is nie. Ek glo julle sal hierdeur kom as julle elke dag stuk vir stuk vat. Baie baie sterkte vir julle ouers, vriende en familie.

Ashtia Horne ·

My innige simpatie met die gesin. Ongelooflik tragies. Mag God julle dra deur hierdie moeilike tyd.

neelsie ·

Onder sulke omstandighede praat mens nie baie nie.
Hartverskeurende tye.
Waarom?……..moenie probeer antwoorde soek nie.
Baie,baie jammer.
Net God wat kan vertroos.
Mag die liefde van JESUS julle toevou.

Saartjie ·

Soms dink ek die lewe is rof…maar dan lees ek hierdie tipe nuus en besef dat ek soveel het waarvoor ek dankbaar kan wees.. My lewe is nie so swaar as ek sien wat met ander mense gebeur nie. Jammer vir hierdie mense. Ek kan nog aan my lewe bou, maar hulle het alles verloor.

Dirk ·

Baie sterkte aan die familie,twee pragtige bloeisels wat julle moes afstaan.

elna ·

Dis die seerste seer wat n mens kan kry. En dit gaan nooit weg nie. Ek het ni woorde vir die ouers nie. Net n drukkie.

Hannelie ·

Ek kan my nie indink waardeer hul ouers moet gaan nie. Dit is seker die seerste seer ooit. Jul word in ons gebede opgedra aan Jesus om jul te vertroos in hierdie verskriklik tyd. Woorde is soms leeg, maar ek kan net vir hierdie ouers sê jul is regtig in baie mense se gebede.

Van ·

Ek stem saam jou Elna, daar is nie woorde nie, om die dood van een geliefde te verwerk is onmoontlik, wat nog altwee jou pragtige jong kinders, dis so tragies, dit pyn net om dit te lees. siestog…… sterkte aan die pa en aan altwee die meisies se ander geliefdes en vriende.

RIENIE ·

Seerste seer wat nooit genees. Geen salf wat die pyn verlig, geen pleister wat die seer bedek nie, Jesus se genade is al wat ‘n ouer deur die donkerte dra. Ons kinders moet nie voor ons doodgaan nie. Baie , baie sterkte aan die gesin. Gebede sal jul hierdeur dra.

Mariaan ·

o nee…wat n tragedie!! Ek kan amper nie eers die artikel lees nie….hierdie arme ouers….soveel hartseer…agge nee….dit maak my sommer bang vir die lewe. Met alle respek…al die boodskappies hier bo noem “die Here is met julle” ens….maar my vraag is….hoe kan die Here so iets toelaat….want my lewe sal verwoes wees as so iets met my moet gebeur….so ook my geloof…..hoekom nou mense se lewe so vernietig….ek verstaan nie?? Ons bid tog elke dag om ons kinders te beskerm…maar as so iets gebeur het ek baie vrae….baie sterkte aan hierdie mense..

Lulu ·

Mariaan – omdat die Bybel se die wereld le in die mag van die bose, Satan die duiwel. God sal nooit laat die dinge gebeur nie. hys dan n liefde volle Vader, maar nie meer lank nie dan gaan Satan vernietig word dan gaan al hierdie dinge eindig. so jammer om van jou dogters te hoor.

Leonora ·

Ek huil net vir hierdie ouers en bid dat jul krag sal kry om deur elke dag te kom.

esmay ·

ek kyk na die fotos en my hart gaan uit na die ouers.
ja ons mag nie vra hoekom nie. maar ek bid vir genesing en bid julle hartseer word ligter.
ja vergeet sal ons nooit kan nie. die sussies sal altyd in julle harte wees.
onthou die mooi.

Annelize ·

Die trane loop terwyl ek hier skryf. Innige medelye met die Huyser- en Labuschagne gesin.
Oosterhoffer (Gang 7) 1972 tot 1975.

Elise ·

Ons het “net” een kind verloor en dit is die ultimate nagmerrie! Ek het geen idee hoe mens die dood van twee kinders oorleef nie.
My Innigste simpatie. My hart breek.

Sophia ·

Sterkte aan die familie wat hulle pragtige dogters aan die dood afgestaan het. ‘n Mens het nie
woorde nie. Ek bid dat ons Vader julle sal versterk en vertroos. Daar gaan baie moeilikke dae kom, maar kyk op na HOM, Hy is ons groot Geneesheer.
My innige simpatie aan die Huyser -familie.

John ·

Sterkte aan al die familie!Die lewe is kort,geniet elke dag ten volle!

L.Nel ·

My ogies is vol trane.
Sterkte aan al die familie en vriende.
Self n 4de jaar student.
Wees altyd versigtig waar julle ookal gaan. ♡M. Wees asb versugtig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.