Swembad red man van huisbrand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man in sy 40’s het Sondagaand in ʼn swembad gespring nadat ʼn brand by ʼn huis in Moseleypark in Pinetown, KwaZulu-Natal, uitgebreek het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het Maandag gesê die man het matige brandwonde tydens die huisbrand opgedoen voordat hy in die swembad gespring het.

“Hy het in die swembad gebly totdat hulp opgedaag het,” het Bodasing gesê. Die brandweer het die brand onder beheer gebring en paramedici van ER24 en VEMA is na die toneel ontbied.

Die man is op die toneel gestabiliseer en met ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tonginniekies ·

Sien, daar is nodigheid vir ‘n swembad indien ‘n brand by Nkandla sou uitbreek.

alida ·

Vraag is kan Zumzum, al die vrouens en duisende kinders swem?

BoereBikerBaby ·

Wonder of hy ook ‘n olimpiese swembad gehad het….

humor ·

Arme mense het geen keuse nie. Of hul verbrand of verdrink. So maak van die swembad n luukse dipgat vir beeste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.