Tiener dood aangetref in gastehuis-bad

meisie skoeneDie liggaam van ʼn onbekende meisie, tussen 16 en 18 jaar oud, is Saterdag met verskeie steekwonde in ʼn gastehuis in Zeerust, Noordwes, aangetref.

“Die oorledene het ʼn rooi baadjie, blou T-hemp met ʼn embleem van ʼn hoërskool, blou denim en swart AllStar-seilskoene aangehad,” het kapt. Pelonomie Makau, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Haar liggaam is in ʼn leë bad in die gastehuis aangetref.”

Volgens inligting het die meisie en vermoedelik haar kêrel Vrydag omstreeks 11:00 by die gastehuis ingeboek. “Die kêrel is Vrydag laas omstreeks 14:00 gesien toe hy die personeel by die gastehuis in kennis gestel het dat hy dorp toe gaan om kos te gaan koop. Die twee het glo nie hul aankoms by die gastehuis geregistreer nie,” het Makau bygevoeg.

“Die bestuurder van die gastehuis het Saterdagoggend omstreeks 11:30 agterdogtig geraak toe hy ontdek die twee het nog nie uitgeboek nie en is na hul kamer om ondersoek in te stel. Hy het die oorledene in ʼn plas bloed in die bad aangetref.”

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand wat hulle kan help om die onbekende tiener en haar kêrel uit te ken om speurderkonstabel Dithate te skakel by 073 007 6060 of speurderkonstabel Kalanyane by 072 748 1395.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ans ·

Hierdie voorval is net weer n bewys dat ons moet weet waar ons tieners is na skool. Of beter ons moet lief genoeg vir ons dogters wees om vir hulle te kan nee se. Hierdie voorval wss onnodig en kon verhoed gewees het. Vanmore is n skool in rou oor hule mede skolier se moord en ouers wat vra “Hoekom ons. Hoekom sy, ons dogter”

Michiel ·

Hoe registreer mens nie by ‘n gastehuis en kry sommer net ‘n kamersleutel? Of huur mens hier kamers “per uur”? Nee, moenie my kop afbyt nie, ek moet gereeld vir werk tuisgaan in hotelle en gastehuise en baie beslis MOET mens eers identifikasie wys, registreer sn voor jy sommer ‘n kamersleutel kry!

Ans ·

Dit is iets wat ek ook nie verstaan nie. Maar soos ek verstaan wat uit die gemeenskap kom was die twee gereelde gaste daar gewees. Dalk is die kamer vooruitgeboek en betaal. Mens weet nooit. Dalk was die sleutel in sy besit gewees. Mens weet nooit. Klink vir my ook maar nie reg nie.

Michiel ·

Ans, ja dit laat meer vrae ontstaan. Hoe “besoek” hul dan “gereeld” so ‘n plek, weet haar ouers daarvan? Selfs dan, al is dit vooruit betaal (soms moet ek vooruit betaal as dit baie vol is om te waarborg ek daag op ens) MOET ek steeds registreer en selfs by plekke waar ek gereeld oorbly. Klink na ‘n eienaardige plek waar mense kamers huur vir eienaardige dinge – dis al wat ek kan sê.

Linda ·

Ek stem saam sonder om aan te meld kan jy nie in jou kamer gaan nie :(

Ans ·

Michiel. Jy is heeltemal reg. Meer mag ek nie se nie anders is ek in die sop.

pop ·

Die eienaar van die sogenaamde gastehuis moet mos darem die jongmense kan uitken aangesien hulle so gereeld van sy plek gebruik gemaak het.

Susan ·

Dis voor die hand liggend wie die moordenaar is. Zeerust is nie ‘n baie groot plek nie of hoe. Almal ken seker mekaar?

Ans ·

Ja Zeerust is kkein as jy n sekere bevolkingsgroep vas maar groot as jy na ander kyk. Maar ja dit is maklik om te se hy het nie ingeteken nie. Nou is daar nie n naam n selnr of n werklike adres nie, maar as hulle teruggaan en kyk waar hulle vroër ingeteken het behoort hul hom te vang. Maar wie se hy is van Zeerust? As jy skelm wil wees kies jy nie jou eie dorp nie!

Chrissie ·

Ek wil net weet, hoe kom iemand weg met n minagting van die hof? (Hooggeregshof) ek het al verskeie instansies om hulp gevra, maar word net tot op n stadium gehelp (met al my inligting) wat verskaf word en hul die geld kry, maar die persoon word nie aangekeer nie? Hoe kan ek gehelp word en wie kan my help? Dankie

André Claassen ·

Monica Gaus (15) het Vrydag uit haar ouerhuis in Pretoria verdwyn. Sy het ‘n denim met ‘n rooi top aangehad.

Lleeutjie ·

Sjoe Andre maar jy is op en wakker!!! Sal graag wil weet of dit sy is of nie! Ai…ek hoop nie so nie!

Ans ·

Die vrou (meisie) is toe geidentifiseer. Sy is toe glad nie meer n kind nie maar 21 jaar oud. Het in Dinokana naby Zeerust gewoon. Wat die skoolklere daar gemaak het, die weet ek nie, en word ook nie meer genoem nie. Die moordenaar is steeds op vrye voed.

Ans ·

lleeutjie en Andre nee soos jul sien kan dit nie sy wees nie. Kom ons bid dat daardie dogtertjie nog ongeskonde is en nog lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.