Tiener sterf in Kimberley-huisbrand

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

ʼn Tiener, vermoedelik 14 jaar oud, is Vrydagaand in ʼn huisbrand in Kimberley in die Noord-Kaap oorlede.

“Paramedici en ander noodreddingsdienste is na die toneel in Monumenthoogte ontbied,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die huis het in ligte laaie gestaan. ʼn Vrou en twee ander kinders kon ongedeerd uit die huis gevlug.” Hulle het in die erf gestaan toe nooddienste by die toneel opgedaag het.

“Die brandweer het die brand geblus. Die tiener is in ʼn gang in die huis gevind,” het sy bygevoeg. “Sy is op die toneel dood verklaar.”

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ryan Kommentaar ·

Baie tragies.

Stel voor dat koolstofdioksied alarms en “fire sprinkler systems” deel word van alle standaard bou regulasies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.