Verdagte vasgetrek ná polisiebeamptes doodbrand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gevaarlike misdadiger wat vermoedelik betrokke was by ʼn rooftog in Harding, KwaZulu-Natal, waartydens twee polisiebeamptes en ʼn veiligheidswag dood is, is Woensdag in hegtenis geneem.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die Umlazi-misdaadintelligensie-eenheid en die Brighton Beach taakspan het die 30-jarige man in Umlazi vasgetrek. Hy het ʼn pistool met twee magasyne en 26 koeëls in sy besit gehad. Die vuurwapen se reeksnommer was afgevyl.

Die man se huis in die Esiganseni-gebied is ook deursoek en daar is beslag gelê op ʼn rewolwer. Die twee vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in die uitvoering van enige ander misdade gebruik is.

Volgens Naicker was die man vermoedelik betrokke by ʼn voorval in April toe polisiebeamptes op ʼn rooftog by ʼn groothandelaar in Harding gereageer het en die rowers op hulle losgebrand het. “Die verdagtes was nog besig toe die beamptes by die toneel opdaag en hulle het op die polisielede geskiet. Die polisievoertuig het aan die brand geslaan,” het Naicker gesê.

Volgens Naicker kon omstanders ʼn vroulike polisiebeampte uit die voertuig red, maar haar twee kollegas het in die voertuig doodgebrand. ʼn Veiligheidswag is ook in die proses doodgeskiet.

Die man sal binnekort in die Umlazi-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Ek hoop as hy skuldig bevind word, smyt hulle hom in die tronk en gooi die sleutels weg!!!

Tobie ·

Los hulle. Laat hulle die polisie uitroei… Die polisie is in elkgeval useless. Laat hulle, die polisie, bietjie die vrugte van hulle arbeid, or lack there off, pluk.

Pietie ·

Tobie jou koelbloedige kommentaar is harteloos en ongevoelig en spreek van uiterste onkunde. Dit demonstreer ook in hoe ‘n mate jy vervreemd is van die werklikheid. Jy ken nie een van hierdie mense wat waarskynlik die wreedste dood denkbaar gesterf het nie. Tog maak jy hierdie absurde stelling. Hoe durf jy?! Hulle was seuns, broers, vaders en vriende. Dalk toegewyde polisiemanne. Ons kan nie toelaat dat frustrasie ons ontneem van ons denke en ons menslikheid nie. Volgens jou redenasie moes die omstanders dus nie die polisievrou gered het nie. Nee wat, jy behoort van beter te weet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.