Verdagte weer vas na polisievrou hom help ontsnap

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Man van Kaapstad is Vrydag weer in Scottsdene in hegtenis geneem nadat ʼn polisiekaptein hom vroeër gehelp het om te ontsnap.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die 24-jarige man is omstreeks 10:00 by sy huis in hegtenis geneem. Hy is Saterdag die eerste keer in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn polisiekaptein glo by die toneel opgedaag het terwyl ander polisiebeamptes besig was om die man in hegtenis te neem. Sy het die inhegtenisneming onderbreek en geëis dat die verdagte vrygelaat word. Toe die polisiebeamptes weier, het sy die verdagte losgeruk en vir hom gesê om weg te hardloop.

Die kaptein is sedertdien in hegtenis geneem op aanklagte van dwarsboming van die gereg, die belemmering van polisiebeamptes om hul werk te doen en hulpverlening aan ʼn verdagte om te ontsnap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Yvonne ·

Kan niks anders doen as om te lag nie. Dis belaglik rerig!!

Hennie ·

Dis ‘n demonstrasie van die oorgrote polisiemag lede se houding teenoor misdaad. . . . . en sy gaan seker liggies oor die vingers getik word!

nico ·

Ondersoek haar ook gaan sien dat sy betrokke is by n sindikaat en ek glo sy in nie al polisie beampte nie wat saam met haar is nie

Peet Schabort ·

Vorige berig “Scottsdenne”, hierdie berig “Scottsdene”?

Griki ·

Peet Schabort, lees jy koerant of soek jy foute. Kry iets anders om jou mee te vermaak, want jou foutvinderigheid is vreeslik irriterend.

Gert Petzer ·

Sy gaan verseker nie haar werk verloor nie. Sy gaan dalk befordering kry. Hy is dalk n’ ex millitant van Zim en een van die wat Zuma en Robert mee ooreen gekom het om die plase en wit stede te kom roof en moor. Daar is lede in die polisiediens wat seker in is met die samewerkery wat hul beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.