Verkoolde liggaam in gesteelde motor gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Liggaam wat in ʼn gebrande motor in Durban gevind is, hou nie verband met die eienaars van die motor wat dit in 2014 as gesteel aangemeld het nie, het die polisie Vrydag gesê.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê polisiebeamptes is ontbied na die hoek van Legacy- en Malacca-weg in Redhill waar ʼn motor in ligte laaie gestaan het. Nadat die brandweer die vlamme geblus het, is ʼn liggaam in die bagasiebak van die VW Polo gevind.

Die 51-jarige eienaar van die motor het dit verlede jaar in Augustus as gesteel aangemeld. Rowers wat haar glo in haar huis aangehou het, het die sleutels geëis en met die motor gevlug.

Volgens Zwane is daar nie ʼn verbintenis tussen die liggaam in die motor en die eienaar van die voertuig of haar familie nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical Paramedics, het gesê die liggaam was te verkool om dadelik te bepaal of die persoon manlik of vroulik was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.