Versoening, die Gelofte van 1838 en die Afrikaner se plek in SA

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

“Meeste mense in Suid-Afrika soek vrede en ’n veilige toekoms vir hulle kinders. Hulle soek ook die reg om hulself te wees, as byvoorbeeld Afrikaners, in ’n land met baie tale en kulture. Is dit te veel gevra?” Só het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, in ’n toespraak naby Bothaville in die Vrystaat gesê.

“Geforseerde versoening en nasiebou het nog nêrens in die wêreld gewerk nie. Versoening volg makliker wanneer geen groep of individu bedreig, onderdruk of gemarginaliseer in die land voel nie,” het hy gesê.

Mulder het ook sy kommer uitgespreek oor die wyse waarop die Afrikaner se geskiedenis tans oorwegend negatief en eensydig aangebied word. Hy het spesifiek verwys na die veldtogte om Afrikaner-standbeelde soos dié van Paul Kruger en Louis Botha te verwyder. “Suid-Afrika is ʼn ekonomiese reus in Afrika. Suid-Afrika het in 1994 die beste infrastruktuur in Afrika gehad.

Afrikaners het oor eeue ʼn belangrike rol gespeel om dit moontlik te maak. Ek vra vir ’n gebalanseerde aanbieding van die Afrikaner se geskiedenis en van sy rol in Suid-Afrika. Natuurlik het ons foute in die verlede gemaak, maar ons het ook ’n baie groot bydrae tot die ekonomiese krag en sukses van hierdie land gemaak. ’n Bydrae wat erken moet word en waarop ons trots kan wees,” het hy gesê.

“So staan Versoeningsdag en die jaarlikse herdenking van die 1838-gelofte nie byvoorbeeld teenoor mekaar nie. Dit is ’n fout om Afrikaners te probeer forseer om tussen die twee te kies – want albei is moontlik,” het Mulder bygevoeg.

“Werklike versoening lê daarin om die regte balans tussen dit wat ons as individue gemeen het en daar waar ons kultureel van mekaar verskil, te vind. As versoening in Suid-Afrika beteken dat die verskillende volke en kultuurgroepe dit wat hulle eie is, moet vernietig en opoffer, dan is die versoeningsresep verkeerd. Dit is nie werklike versoening nie, maar gedwonge assimilasie en kulturele uitwissing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

GES ·

16 Desember is die dag waarop die gelofte tot stand gekom het. Dit sal en kan nooit versoeningsdag wees nie. As daar werklik ‘n behoefte is vir versoening enige ander dag asb.

Connie ·

Die gelofte sal altyd bly. Die volk sal tot niet gaan, maar die gelofte nooit. Die enigste manier hoe die gelofte kan eindig is as die volk sterf en dit moet ons keer.

Danie Kok ·

‘n Gelofte aan God is deur ons voorsate gemaak wat bindend op ons nageslagte is. Ek stem saam, Geloftedag kan eenvoudig nie ook versoeningsdag wees nie. Hoe versoen jy met die bose?

Willem Hendrik Pretorius ·

Ek voel ons Afrikaner kort een leier wat ons verteenwoordig. Ons moet ons Gelofte na kom ek ons GOD eerbiedig.
Op moet weet hoe ons hier gekom het en wat ons voorvaders deurgemaak het vir ons vryheid en kennis.

Francois ·

Willem, ek verskil van jou wat jou versugting na ‘n enkele leier betref. Die moderne Afrikaner se heil lê in ons vermoë om onsself effektief deur middel van ‘n verskeidenheid drukgroepe te organiseer. Solidariteit en Afriforum is uitstekende voorbeelde van sulke groepe. Dit is egter myns insiens belangrik dat die Afrikanerstem ook binne die Parlement gehoor word. Hierin speel die Vryheidsfront Plus ‘n deurslaggewende rol. Al die Afrikaners wat so geredelik vir die DA stem, moet weet dat die DA probeer om ‘n breë spektrum van belange te dien en dat Afrikaans en Afrikanerbelange nie hoog op die DA se prioriteitslys is nie. In dié opsig is die DA eintlik maar ‘n ‘ANC lite’. As dit gaan oor die uitbou van Afrikanerbelange in die 21ste eeu is Solidariteit, Afriforum en die VF Plus die hoekstene van ons strewes.

Johann ·

Pieter vreiheid,vrede en geluk le in die geskiedenis so oud as wat die gelofte is. Niemand van ons kan gister se stukke weer heel nie my vriend,dan praat ek nie eens oor die wyse waarop gelofte dag nou gevier word nie, drank braaivleis en en. God sal hom nooit met die tiepe duisternis laat vergelyk nir

Gerhardt ·

Selfs God hou van braaivleis, dink ek LOL.

Dankie vir die goeie werd Dr Pieter Mulder.

tina ·

Die ideologie van die regering, verskil hemelsbreed van die pleidooi van die Vryheidsfront vir die bevolkingsgroepe van die land(met respek gese). Die regering se primere doel is om hierdie land in ‘n kommunistiese staat te verander en as ons,ons oe uitvee het Rusland sy kleim afgesteek met China wat ook nie gaan terugstaan. Rusland en China se al hoe meer betrokkenheid, is nie om dowe neute nie. Ek gee maar net my beskeie opinie.
My hart huil oor hierdie mooi land van ons. As my afrikaner volk en ander volke wat in vrede wil saamwoon in hierdie mooi land, tot onse Here God bid vir ‘n magtige ingryping van Hom, wat hierdie land weer sal lei in die regte rigting van vrede,reg,geregtigheid en waarheid, sal ons weer ons koppe kan optel.
En dit sal beteken om WERKLIK besigheid te meen,TYD te MAAK in ons verootmoediging tot God, en in ons gebeds-lewe, nie speletjies met God te speel en Hom net aanroep, wanneer ons in benoudheid verkeer. Gaan kyk maar in die geskiedenis van Israel. Die Here WIL help, en Hy SAL help, maar Hy soek belydenis,verootmoedigng en heiligmaking. (ek is nie ‘n prediker van enige aard nie maar teen die tyd moet ons al almal leraars van die wet – bybel – wees en moet ons,ons kinders dit leer en inskerp). Laat ons bid en toetree en erns meen met God onse Vader en Jesus Christus onse Here, dan sal ons bonatuurlike ingrypinge van die Here sien soos in Israel. Die Here het nie verander, dit is ons wat laks geword het.

Rupert Ashford ·

“…gedwonge assimilasie en kulturele uitwissing.” Die oogmerke van die nuwe wereld orde soos aan u gebring deur die VN. Ek sien iemand gaan aan oor Rusland en China. Ja hulle ook, maar die groter bedreiging le in die regering se geflikflooi met Islam, ‘n “godsdiens” met ‘n lekker gewelddadige ondertoon wat baie mooi inpas by die revolusiepraatjies…

Frik Lotz ·

Geloftedag moet getrou gevier en nagekom word deur Christen Afrikaners want dis n Gelofte aan God en dit mag nie verbreek word nie. Afrikaners moet opstaan en saamstaan vir hul regte, hul kultuur, erfenis en geskiedenis en op God vertrou en leef soos Hy vir ons sê in Sy Woord, die Bybel. As Godvresende Afrikanervolk sal ons dan weer ons vryheid kry. Dis tyd vir die Afrikaner om sy reg op selfbeskikking op te eis en die tyd is nou. Saam is ons sterker!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.