Video: “Poskantoor”: die eerste Afrikaanse opera van die 21ste eeu

Magdalene Minnaar in Poskantoor. Foto: Verskaf

Magdalene Minnaar in Poskantoor. Foto: Verskaf

Komedie, tragedie, liefde en ʼn paar kinkels – dit is Poskantoor; ʼn komiese opera wat boonop in Afrikaans is!

Poskantoor maak sy debuut by vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees en dit beloof om die gehore te bekoor. Diegene vir wie die wêreld van opera nog vreemd is, hoef nie bekommerd te wees nie: die produksie word op só manier aangebied dat fynproewers sowel as die ongesoute opera-gehore daarby kan aanklank vind.

“Dit is my lewensideaal om opera meer toeganklik te maak en ek dink ons kry dit reg met hierdie projek,” het die vervaardiger, Magdalene Minnaar, gesê.

Volgens Minnaar, wat ook self in Poskantoor te sien is, maak die feit dat dié opera in Afrikaans aangebied word, dit makliker vir die gehoor om te verstaan. “Jy hoef nie in Italiaans daarna te luister en Engelse byskrifte te lees nie. Dit is ʼn baie meer toeganklike proses vir die gehoor.”

Kaartjies vir Poskantoor is hier teen R130 beskikbaar.

Intussen kan jy solank ʼn voorsmakie van hierdie komiese Afrikaanse opera hieronder kry.

Klik gerus hier vir die volle feesprogram van Aardklop.

Rolverdeling: Cobus Venter, Magdalene Minnaar, Elizabeth Frandsen, Lynelle Kenned en Bongani Kubheka.
Komposisie: Braam du Toit.
Libretto: Tertius Kapp
Regie: Jaco Bouwer

http://vimeo.com/106987193

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.