[Video] Steve sing Die Stem by Aardklop

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Steve Hofmeyr het Vrydagaand Die Stem by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees gesing, ondanks die hewige kritiek wat dit by vorige kunstefeeste uitgelok het.

Hofmeyr het verskeie liedjies gesing voor hy met ʼn keurspel begin het waartydens hy onder meer die Bloubul-lied gesing het. Hy het na Al lê die berge nog so blou begin om Die Stem te sing waarna hy hard toegejuig is en honderde mense uit hul stoele opgestaan het.

Hofmeyr het verlede jaar hewige kritiek ontlok nadat hy Die Stem by die Innibos-kunstefees gesing het. Die gehoor, sowat 45 000 mense sterk, het uit volle bors saamgesing. Innibos het kort daarna bekend gemaak dat Hofmeyr nie weer in 2015 deel van die program sal wees nie. Talle mense het kort ná die aankondiging gesê hulle gaan die fees boikot.

Hofmeyr is ook nie vanjaar na die Absa KKNK genooi nie en die bestuur van die fees het gesê indien hy aansoek sou doen, hy afgekeur sou word.

Hofmeyr het toe gesê hy sal Die Stem meer en meer sing en mense aangemoedig om dit ook te sing omdat dit wettig was en nie haatspraak bevat nie.

Hofmeyr se optredes was inderdaad nog altyd baie gewild en na die aankondigings deur die KKNK en Innibos dat die sanger in 2015 nie daar sal kom optree nie, het sy aanhangers onder meer op Facebook met drukgroepe begin dat hulle die feeste gaan boikot.

Aardklop het gesê hulle sal binnekort kommentaar lewer oor die gebeure.

[wpvideo bBdN93Gd]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Hettie Muller ·

Fantasties! En daar is NIKS mee verkeerd nie. Ten minste 1 persoon wat nie bang is om op te staan vir sy taal en ons waardes nie.

Rici ·

Ek stem,dis wonderlik om ons “Stem” met so verl gevoel te kan hoor. Ons het ‘n pragtige taal en die Stem het geen haat of apartheid spraak nie. Wees trots Afrikaans

Ina ·

Steve- give that guy a bells!
Hy is tops en ons wil so graag op n funksie kom net om dis Stem uit volle bors te sing.

Francois ·

Gaan vir goud Steve ek onderstuen jou volkome nie in die rugby span keuse nie maar vir wat jy vir ons taal en beteken . Hou so aan

Jan van Wyk. ·

Elke keer as hy die stem sing word onskuldige boere op plase vermoor.Steve beweeg aan.

Ursula Marx ·

Jan solank as wat Zuma en die ANC “Umshini Wami” sing wat beteken “bring my masjien (geweer)” kan ons Die Stem sing. Die plaasmoorde en geweld het toegeneem sedert Umshini Wami deur ANC gesing word. As Die Stem iets in die Afrikaners wakker maak om weer saam te staan, se ek SING STEVE SING!

Frans Eloff ·

Steve. Eerstins moet ek vir jou se. My vrou is mal oor jou musiek. Wat ek vir jou wil se is. Hou aan met dit wat jy so pas gedoen het. Om ons as een volk weer te kan kry om saam te staan. Dit laat my dink aan. Dellary. As daar n Dellary in jou is. Se ek nou vir Jou. GOD is met jou. En saam met die wat saam met jou werk. Hou so aan. Ons is agter jou en jou span. Ons bid vir jou. Ek ie op fb as jy my wil inbox

Werner ·

Wat maak jy op die blad? Wat maak jy in die land? Wat maak jy as jou familie uitgemoor word? Gaan jy vir die “wat okal die blad hulle wil noem” ook sê dankie vir die inloer beweeg maar aan ma my buure maar wag ek gee vir julle koffee en toebies vir die pad. Kom terug by realityt.

Eugene ·

Die Afrikaan hou nie van swakkelinge nie Jan jy is die eerste een wat keel af gesny sal word.

Jan Nel ·

Jan van Wyk, dit lyk my jy het die oplossing vir plaasmoorde. Steve moet net ophou om die stem te sing, dan sal dit stop?
Bravo, met sulke intelligente opmerkings verdien jy ‘n pos in die parlement!

Frans Eloff ·

Dit maak my so trots om te sien dat. Ons wit Afrikaas sprekinde persone. Begin opstaan. Ek het lank gewag vir dit.

En om die stem te sing. Het nog noiet iemand dood gemaak nie. Maar vandat die anc oor geneem het. Is daar al meer as 85000 wit mense vermoor. Dink aan dai seiver. Ek hoop almal sit en dink daar aan

Lofffie ·

Frans, ek dink aan dai seiver…. niks kom op nie. Ook die syfer 85,000 klink effens verdag… Hoe seker is jy?

Treurgrond ·

Jan Van Wyk se kommentaar – elke keer as Steve die stem sing gaan daar boere dood – elke keer as hy die stem sing – baie dankie vir daai grappie Jan baie dankie, jy sien duidelik nie wat in ons land gebeur nie duidelik nie. Lekker dag Jan

zeebs ·

Ai Jan. n Gedeelte van die STEM word by bv rugby wedstryde gesing…partykeer deur swart sangers dus moet hulle ook maar ophou om dit te doen want dit veroorsaak dit dan nie ook dat boere op plaase vermoor word nie? Dit gaan nie oor die STEM nie maar die feit dat die doel is om wit mense uit die weg te ruim.

christine ·

Gaan Steve en maak vir tannie bly. Weet net jou support is ver ver groter as wat jy dink. Want Maroela Med wys baie beslis nie al die kommentare nie. Sien daars altyd die verskoninge dat adres onvolledig was of iets of soms sommer niks.

Bruno Stef ·

Op gisteraand se nuus sing die hoogs geleerde veewagter weer sy Umshini Wam terroristiese liedtjie.Steve het nie n paar rugkrappers se toestemming nodig om die Stem te sing nie.

fanie ·

Vir Jan v wyk en Andre.dis mense soos julle wat die nuus lees en agteroor sit en niks doen aan die probleme en moord op ons volk nie!dis julle wat eerder slegte komentaar lewer oor iemand wat ten minste n verskil probeer maak(soos Steve!)word Wakker man.wat down julle vir julle volk?behoort julle aan buurtwag of so iets?ons word vermoor of ons nou sing of nie!staan eerder saam jou mede Afrikaner!hou op kla en doen iets pro aktief aan die situasie!

Olga Joubert ·

Ek raak skoon beboerd met absa en di hele herforming, deesdae di nuwe woord vir rasisme. Miskien Moet iemand ‘n Afrikaanse bank stig. Die Grieke het hulle eie Bank.

christine ·

Ja dek al die velde ai nou net weer gebeur. Sing ook al die velde dat sooo n ou liedjie nou so n bedreiging in boesem. Moet jou tog nie steur aan kritiek nie party mans kry hopeloos te veel estrogene in sien. Hoop nie hulle soort is in gevaar agter my nie,sal eers met hulle deel dan aangaan.

Gedorie ·

Sing Steve. Die stem is ons Afrikers sin en ons wil dit behou. Dankie vir jou waagmoed. Ons staan by jou !!

Andre M ·

Daardie Andre hierbo is nie ek nie, wou net dat my fans weet. Sing Steve sing. Die Stem bedoel ek.

Dan ·

Al ooit van die Hanskakies en die Handsuppers gehoor? Ja wel daar is nou die bewys dat die twee mannetjies enige iets sal uitdink om nie slagveld toe te gaan nie. Destyds het diesulks alles probeer om nie diensplig te doen nie. A-nee-a manne staan op vir jou volk, dis ons song daai!!!!!!

Dan ·

Maroela media julle is ook maar no-good as dit by die waarheid kom.

Genis ·

Dat Langenhoven se statige komposisie nou ons verset-lied geword het… Die blywende duursaamheid van ons vertrapte erfenis stu opnuut met trots hier in my bors. Dankie Steve, jy het weer mooi gemaak.

Jenny Thom ·

Steve, ek is so trots op jou. Jy is deur en deur ‘n volbloed-boer. Het ‘n paar miljoene van jou kaliber nodig. Jy stuit vir niemand en niks en het nie ‘n bang haar op jou kop nie.
Mag ABBA Vader jou uit jou stewels seen!!
Jy praat nie net nie, maar doen ook jou ding.
Arme Andre en Jan is nog in droomland en moet vinnig wakker word. Daar wag nog ‘n hele paar verrassings vir hulle.

Gustav Venter ·

@JulleIsDom: Jy maak vier stellings. Die eerste drie is skrikwekkend verkeerd en die vierde is jou keuse. Onnosel keuse. Geniet jou ondergang.

Elmarie ·

Ek dink dit het tyd geword dat ons as Afrikaners begin saamstaan. Ons is die enigste volk wat weer kan opstaan, en ons weer self bemagtig. Ons het dit al gedoen, om uit die as op te staan, en dit is nou weet tyd om dit te doen. Ons is uitvekoop in 1994, maar ons kan en sal weer terug kom. Mooi Steve hou so aan.

Jollie Jacqueline ·

Hoe weet hy dien mammon en nie God nie? Rerig? Party mense sal altyd sinies wees en net die negatief sien wat hulle wil sien. Go Steve! Jy staan op vir die Afrikaner, en jy hou aan, al kry sulke nuttelose kommentaar. Meer as wat ek kan sê van meeste mense.

Dave ·

Volbloed-boer? Hy het Ja gestem! Jy ook en dit is waarom jy kruip!

Jan maak n Plan ·

Ek weet nie wat is hier die feeste se groot probleem nie. Hulle is sogenaamde vir Afrikaans maar maak hulle broeke vuil sodra Steve op die verhoog klim en die volle weergawe van Die Stem sing. As Steve nou die volle Inkoshi Sekela en die volle Die Stem sing kry hulle seker n hart aanval. Ek dog hierdie feeste probeer bou aan Afrikaner wees. Lyk meer na bou met gatte so hier en daar. As die feeste nie wil luister na ons mense nie boikot hulle. Ek biokot al klaar Aardklop omdat Clover nie na die melkboere omsien nie en oor die toegang kostes by die fees. Lekker by die huis gebraai saam met vriende. Gee hulle gas Steve.

Kobus Coetzee ·

Draadsitters was nog altyd met ons Volk moet jou nie aan hulle steur nie. Die Stem is en sal ons trots bly. Sing hom Steve Sing hom

Naomi ·

Ek gaan nie eers my asem mors om kommentaar te lewer op al die negatiewe kommentaar nie.
Dankie Steve, jy is enig in jou soort. Jy maak ons net meer trots om Afrikaans te praat en deel te wees van ‘n volk met so ‘n seer maar mooi geskiedenis.
Jy mag maar. Hou so ons. Ons is dankbaar en staan saam met jou. Trots!

ANNIEKIE ·

Dankie Steve, jy het murg in jou pype!!!
Hulle sal ons NOOIT OOIT kan onderkry nie!!!
Ons sal Die Stem sing solank ons asemhaal!!!!

ANNIEKIE ·

Dankie Steve, jy het murg in jou pype!!!
Hulle sal ons NOOIT OOIT kan onderkry nie!!!
Ons sal Die Stem sing solank ons asemhaal!!!!

Jan maak n Plan ·

Ek dog die feeste is daar vir Afrikaans en Afrikaner bou. As Steve Die Stem sing dan maak die organiseerders hulle broek vuil. Dink net as Steve of iemand n tipe “Mshini Wam” sing, seker n hart aanval kry. As die feeste nie na ons wil luister nie Boikot hulle – ek en so paar vriende biokot al reeds vir Aardklop heens Clover se houding teenoor die suiwel boere asook hulle toegang kostes. Lekker by die huis gebraai saam met vriende. Gee hulle gas Steve.

steve hofmeyr ·

Dankie vir alle kommentaar. Ek het so tussen 7 en 9 0000 mense geskat, waarvan enkeles NIE opgestaan het en Die Stem gesing het nie. Dis baie meer as die kastige “honderde” wat die media vanoggend rapporteer – en onthou, dis nooit verpligtend nie. Niemand hoef te staan nie en ek vra beslis nie daarvoor nie. Ek salueer Aardklop wat, anders as ander (oorwegend Afrikanerfeeste), kunstenaars wat sosiale kommentaar lewer nie boikot nie. Maar indien dit my laaste Aardklop was, was dit pure boerewors. En indien dit waar is dat ‘n “Boer vermoor word elke keer as ek Die Stem sing” verklaar dit ongelukkig nie die 3000 dooie Boere voor 2014 nie. Ek sal Die Stem ophou sing op Saterdae as ons umshimi-swaaiende ANC vir my ‘n jota van ons voormalige veiligheid en trots kan beloof teen Maandag. Zzzzz…

Henry ·

Sing hom Steve, sing hom!!!
Laaaaankal tyd dat piete soos jy voor vat en geleentheid aan ons gewone piete en pietinne bied om ons Afrikaner-wees met trots en lekkerkry uit te basuin.
Kry vi’ djulle!!!

Paul ·

Steve,
Wonderlik, doen so voort en wat ‘n goeie voorbeeld vir so baie slapgeeste.
Die groot meerderheid van Afrikaners steun jou!!!!!

Vic ·

Ja Steve, jy sal aanhou Die Stem sing tot hulle dit uit weerwraak uit die volkslied verwyder – dan sing en kerm julle weer n ander liedjie. Maar intussen help dit seker dat die vrouens se harte vinniger klop en jy n paar ekstra cd’s verkoop.
“en onthou dis nooit verpligtend nie” – nee, want jy het geen reg of mag om dit verpligtend te maak nie – maar meeste Afrikaners sal uit respek vir die volkslied staan wanneer dit gesing word………

chris ·

En aan watter “Volk” behoort jou “Volkslied” waarvan my Volkslied(Die Stem) ‘n stukkie van uitmaak Vic?

Daar bestaan nie so ‘n “Volk” nie Vic!

Vic ·

Ag Chris, wanneer gaan julle wakker skrik – slaap in die rus van die eeue gesus – die dae van Afrikaner oorheersing en heerskappy is verby. G’n wonder die ander klomp lag vir julle nie

Sarie ·

Mooi Steve. Ek het in die vroee oggendure na die video geluister terwyl dit saggies reen in Bettysbaai. Volgende keer sing asseblief al die versies. Sulke mooi woorde : ” By die klank van huweliksklokkies by die lanfer van ons rou”.

Asjas ·

Gee vir ons ‘n Steve Hofmeyr Fees! My hero! Jy het nie sponsors nodig of om deel te wees van hierdie ander twee gesig feeste wat net ons geld wil vat en nie vir ons gee wat ons as Afrikaaners nodig het of voor vra nie.

Breytie ·

Dankie, Steve. Ek plaas jou gelyk met manne soos Eugene Marais, Louis Leipoldt, Totius en ander digters wat ons volk help opstaan het nà die Anglo-Boereoorlog. Dis veral deur jou vermoë om inspirasie te verwoord en te sing, dat jy help om mense ‘n nuwe lig te laat sien.

sarie van heerden ·

Ek kan niks meer byvoeg by al die positiewe kommentaar oor Steve se sangbydrae nie. Alles wat ons moet aanhoor van NOMBER ONE is reg maar as ons ons volkslied wil sing is dit venederend van diegene wat sover alles van ons gevat en hul dit hul eie genoem het.

Peet J ·

Steve ek het na die video geluister JY MAG MAAR SING het sommer bewoë begin voel as ‘n mens dink als waarvoor ons voorouers met bloed en sweet vir hulle nageslag bymekaar gemaak het is binne ‘n ommesientjie gedurende 1994 op ‘n skinkbord weggegee.

Coenie Hoffman ·

Dankie Steve! Dit maak my en my familie weer positief om te lewe in ons land.

Genis ·

As Steve nie in God glo soos daar nou weer hier beweer word (in ‘n blatante en agterbakse poging om hom te bevark) – wonder ek wie het die bemoedigende vers uit Jesaja op sy twitter geskryf? Seker die tokkelos. Ek is bevrees dat ons grootste vyande weereens in eie geledere rondsluip, maar hierdie keer is ons wawyd wakker en reg vir julle.

Naomi ·

Interessante waarneming. Kyk hoeveel kommentare sover op hierdie berig van Steve en vergelyk dit gerus met ander berigte op die blad se aantal kommentare.
Doen so voort Steve!

Elizabeth ·

Andre, jy laat dink aan wat Benjamin Franklin gese het: “Any fool can criticize, condemn and complain – and most fools do!”

Marlene Ferreira ·

Die Stem was nog nooit n revolusionere opswepende lied nie. Dit is nou net deel van ons volksskat uit die FAK soos My Sarie Marais. Die stigma is suiwer rassisme. Dankie Steve

Ursa ·

Mooi so Steve. Jy lok die meeste kommentaar goed of sleg, wys jou hoeveel mense stel belang. Ons behoort ons te skaam dan net Seteve op sy regte staan en die res van die volk druk hul koppe in die sand.

·

Steve – Wat van ‘n ‘STEVE en SUNETTE’ fees. Dit sal dien as ‘n magsvertoon en dan ook die eerste stap om patriotisme te laat herleef!

Piet ·

Ag asseblieftog nie!
Steve is ‘n ster en ‘n yster in eie reg.
Hy het verseker nie Sunette Bridges se teenwoordigheid nodig om sy gehoor se patriotisme wakker te maak nie.

Louis ·

Anna Neethling Pohl het die stem se 4 verse voorgedra op n byeenkoms te Unisa, is daar dalk iemand wat weet waar n mens dit in die hande kan kry, dit was aangryplik

christine ·

Hi jys lewendig sorry eks bietjie tegnologies gestremp.

Dave ·

En Hofmeyr is polities gestremd. Vra hom wat het hy gestem tydens die referendum terwyl ons hom en sy meegangers probeer oortuig het om Nee te stem.

Mariette Hammann ·

Saamgesing uit volle bors en met TROTS!!! Die tyd het aangebreek dat ons weer trots kan wees op ons kultuur en daarop aandring om dit te beoefen, net soos die ander mense met ander kulture.

Trots Afrikaans ·

O my goodness..eers is dit die Stem en dan word daar gedebatteer of Steve nou glo in die Here of nie..nee man julle. Weet wat, dit het tyd geword dat ons wit volk hande vat, mekaar bystaan en leer saamstaan want dis wat menigde ander van ons bevolking kan doen, ons doen nie.

Dis great om te sien dat Afriforum besig is om op te staan, hande te vat en saam n verskil te maak. Hoekom nie? Ons kan julle! Kom ons hou op om te kritiseer en staan saam. Kom ons begin ook inspring en help..hoe lyk jou buurt? Jou sypaadjies..? Ek dink dit het tyd geword om n verskil te maak. Kom ons begin doen!

Steve – jy is volksbesit. Dankie dat jy trots is op wie en wat jy is en nie skaam is om op te staan vir waarin jy glo nie. Ek sing trots saam die Stem want dis in my bloed en ek mag!

Spark ·

Ons was daar die naweek. Dink hoe fantasties dit sal wees as Aardklop nie Innibos en die KKNK se voorbeeld volg nie en Steve nie in die toekoms boikot nie. Ek hou duim vas.

Treurgrond ·

Sing hom SING DIE STEM – Viva Steve, Viva Die Stem, Viva ons Afrikanervolk wat nog opstaan. Hierdie antie aan die kant is Trots Afrikaans. Trots op ons Afrikaans singers, trots op ons Afrikaanse flieks. Net trots Afrikaans. Ek voel so sterk oor ons Taal en staan op vir ons taal. Amen Dankie Steve en dankie Jesus dat U hom lei.

Eddie ·

Om terug te kom waar mens weer met trots kan staan en die Stem uit volle bors kan sing. Dit is elkeen se keuse of hy/sy dit wil doen. Geen mens sit n wapen teen jou kop en se sing of luister saam nie. Ons as blankes het dit nodig om te sien waar ons vandaan kom en vir n slag weer op ons agterpote te staan en murg in die rug te kry. As jy nie daai trots in jou het nie hoort jy nie hier nie. Gaan soek n ander land waar jy op kan teer. Sing die Stem hard en uit volle bors Steve daar is nog baie van ons met daai trots.

Linda ·

Genugtig, ek hoop die meeste van jul Afrikaanse onderwyser wat jul op skool gehad het is afgedank want jul spelling is vrot

Johnny Oosthuizen ·

Ek sal Die Stem sing dat die kranse antwoord gee! Niemand sê vir my dat ek hierdie wonderskone lied (ál die verse) in hierdie wonderlike land nie mag sing nie ! Sela !!

Susan ·

Steve jy is ‘n ware Afrikaner!!!!!!!! Baie dankie dat ons nog iemand het wat bereid is om vir ons taal en nasie op te staan. Party keer wonder ek of almal besef waaroor alles gaan. Hulle sit in hulle huisies en is net te bly dat hulle nie iets moet doen vir ons Afrikaner volk nie, maar het altyd die meeste negatiewe dinge om te sê. VIVA STEVE JY IS ‘N MAN / VADER / AFRIKANER DUISEND!!!!!!

Joev ·

Knap, oulik!!!

Al die borge is in elk geval bbeeee wat vir die blanke se onderdrukking sorg, so as hulle dan besluit om te ontrek, gaan u wel!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.