Vier mans vas ná hulle glo dowe vrou verkrag

Argieffoto

Argieffoto

Vier mans is in Noordwes in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn doofstom vrou verkrag het.

Maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die vier mans het in Lehurutse-landdroshof verskyn in verband met die beweerde voorval Sondag.

Volgens Makau het die mans die vrou glo met ‘n panga aangeval voordat hulle haar om die beurt verkrag het in Borakalalo naby Zeerust. Die beweerde slagoffer en haar suster het die voorval by die polisie aangemeld.

Makau het gesê die mans is Maandag in hegtenis geneem by ’n huis wat glo aan een van die verdagtes behoort.
Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

EMK ·

Arme vrou – het natuurlik ook weer nie toegang tot terapie ens. Baie mensse besef nie HOE verskriklik dit is om vrou te wees in sekere areas nie. Vrouens is te veel die teiken van hierdie tipe misdaad maar verseker is daar min hulp in plakkerskampe/rural areas ens vir vroue!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.