Vrou betaal glo miljoene se omkoopgeld

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 26-jarige Chinese burger, Tian Tian Wang, het in die Pretoriase streekhof verskyn kort nadat sy glo omkoopgeld van miljoene rande aan ʼn werknemer van die Suid-Afrikaanse Reserwebank betaal het.

Volgens die polisie het die bankamptenaar ʼn verdagte bankrekening met R27 miljoen in opgemerk, wat geskeduleer was om oorsee oorgeplaas te word. Die oorplasing was ʼn oortreding van die Wisselkoerswet. Die geld was afkomstig van ʼn twyfelagtige onderneming en die persoon in wie se naam die onderneming geregistreer was, was onbewus van die maatskappy se bestaan.

Die amptenaar het die bankrekening gevries. Die verdagte het die bankamptenaar glo R5,2 miljoen aangebied sodat die transaksie kon voortgaan. Sy het glo hierna R4 miljoen in sy rekening gedeponeer. Die vrou is in hegtenis geneem toe sy glo die oorblywende R1,2 miljoen in kontant aan die amptenaar wou oorhandig by ʼn restaurant in Brooklyn.

Wang sal in aanhouding bly tot sy weer op 4 Desember in die hof moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Karolis ·

Al die nodige eer en respek aan die Reserwebank werknemer/amptenaar.

Kobus ·

Ek wil graag weet hoe sy die bankamptenaar se bankbesonderhede in die hande gekry het om R4 miljoen oor te plaas.

Delia ·

Kobus, hy het dit tien teen een in samewerking met die polisie, aan haar verskaf…..10 hoera’s vir die eerlike bank amptenaar!

Ouman ·

Operasie het binne raamwerk van wet plaasgevind in samewerking met SAPS

Erna ·

Gewoonlik nadat so ‘n verdagte transaksie
aangemeld word, is dit “bussiness as usual” sodat die verdagte nie onraad vermoed nie. Die bankamptenaar word dan amper deel van die forensiese span in die bank, om sodanige skelm uit te lok totdat die inhegtenisneming plaas gevind het. Ek haal my hoed af vir die bank amptenaar wat so ‘n versoeking kon weerstaan. Daar is min soos jy!

GES ·

Alle eer en respek aan die Reserwebank amptenaar. Ek kan net raai dit was seker perlemoen-/ renosterhoringgeld.

Roy du Plessis ·

Goed gedoen gee hom ‘n aansporings bonus van 5% van die totale waarde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.