Vrou sterf toe man handgranaat gooi

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is dood nadat haar man haar gedurende ʼn rusie met ʼn handgranaat gegooi en dit ontplof het.

Maj. Thulani Zwane, KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 01:45 by ʼn huis in Karrideneweg in Amanzimtoti plaasgevind. Die 30-jarige man word sedertdien deur die polisie gesoek.

“Die man en sy 33-jarige vrou het glo baklei toe hy twee handgranate na haar toe gegooi het. Een het ontplof en die vrou het ernstige beserings opgedoen,” het Zwane gesê. Die vrou is deur paramedici na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar sy dood is.

Volgens Zwane het die man van die toneel af gevlug en is die polisie steeds op soek na hom. Hy kon nie in hierdie stadium die naam van die vrou bekendmaak nie, aangesien al haar familielede nog nie oor haar dood ingelig is nie. Hy het aan Maroela Media gesê dit is nog onduidelik hoe die man handgranate in die hande gekry het, maar dit sal deel vorm van die ondersoek.

Zwane het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat weet waar die man hom bevind om die Amanzimtoti-polisiestasie by 031 913 1308 of Crime Stop by 08600 10111 in kennis te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rikku ·

Geen Naam, Geen Foto of beskrywing ? So na wie moet ons help soek ? Is alle 30jarige mans nou onder verdenking ?

scalla ·

Sy moes hom baie kwaad gemaak het, waar kry die klot die granaat

Winston ·

Wil ook baie graag weet by wie het hy daai granaat gekoop. Dis oorlog maak as jy granate begin gooi. Skiet die verdagte op sig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.