Weduwee (66) op plaas vermoor

Irene Vermaak. Foto: Facebook

Irene Vermaak. Foto: Facebook

Die liggaam van ʼn 66-jarige weduwee is Dinsdagaand in ʼn plas bloed in haar plaashuis tussen Devon en Endicott in Gauteng gevind.

Irene Vermaak, wat alleen op die plaas gewoon het sedert haar man nege jaar gelede dood is, se liggaam is vroegaand deur ʼn buurman gevind.

“Dit is in dié stadium nie presies bekend hoe laat sy vermoor is nie. Dit moes tussen 17:00 en 19:00 plaasgevind het,” het ao. Tommy Tomlinson, polisiewoordvoerder, Woensdag aan Maroela Media gesê.

Vermaak was op ʼn gereelde grondslag met ʼn radiostelsel in verbinding met omliggende boere en daar is onraad vermoed toe sy nie omstreeks 19:00 ingeroep het nie.

“ʼn Buurman, wat sowat ʼn kilometer van haar af woon, het gaan ondersoek instel en op haar liggaam afgekom. Haar keel is met ʼn mes gesny,” het Tomlinson gesê.

Tomlinson het gesê daar was geen sigbare tekens dat enigiets van waarde uit die huis gesteel is nie. “Die moontlikheid word ondersoek of enige geld van haar gesteel is.”

Die Devon-polisie ondersoek ʼn saak van moord en ander sake kan later bygevoeg word soos wat die ondersoek vorder. Dit is nog nie bekend hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie. “Die forensiese eenheid is vandag op die toneel om meer inligting in te samel,” het Tomlinson gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hennie ·

Ons mense word stelselmatig uitgemoor en geen haan kraai daarná nie. Dit is skrikwekkend!

tamboti ·

Geen waarskuwings, vermanings, politiek, teenkanting of enige praatjies gaan hierdie en ander misdade meer voorkom nie. Aksies is nou nodig; ernstige en dringende optrede wat straf en wraak insluit.
Die korrektiewe beleid van vergewe en verskonings, maak die slagskape net makker en weerloser.

Shrekie ·

Irene Vermaak was die mooiste mensie ooit! Sy het soveel liefde in haar gehad vir almal wat sy teegekom het! Mag die wat dit gedoen het, in die hel brand! Geen genade vir hulle nie! Die doodstraf moet teruggebring word! Irene Vermaak, ek sal jou altyd onthou as die persoon wat almal liefgehad het, sonder enige oordeel! Jou nalatenskap van onvoorwaardelike liefde sal voortleef in hulle wie jy aangeraak het! Rus in Vrede my ander Moeder!

GES ·

Ons moet net lank genoeg vergewe en vergeet dan is daar niemand meer oor om vermoor te word. Ons woon in in ‘n geknelde land.

Winston ·

Tamboti hoe lank gaan ons dit maar net aanvaar? GES jy is ook reg. Dis met afgryse dat ek weer n berig moet lees van n moord op n weerlose vrou. Lafhartige moordenaar ondersteun deur die sisteem.

Elbie ·

Skokkend! Daar gaan nie n dag verby wat ‘moordvry’ is nie…Hoe siek is dit nie, spul barbare! Rus in vrede Irene

Ek ·

Zuma weet en sien Presies wat aangaan, hy moedig dit dan aan …. hy gee net nie om nie… dis al.

margriet ·

In Clocolandistrik was ook Maandag laatmiddag ‘n plaasaanval. Gelukkig kon die boervrou op hulle skiet. Die man is vasgebind met doringdraad. Na my wete is slegs een van vier wetters aangekeer.

humor ·

Ai Annie n klip het nie oe nie. M y medelye. Ja, daar sal werklikwaar iets gedoen moet word. Geen regering kan jou verbied om jouself te beskerm nie.

Flippie ·

O ja, hulle doen dit. As hulle hoegenaamd die kans het, sal hulle jou ontwapen en probeer aankla van poging tot moord of aanranding of so iets.

Justa ·

Dis slegs Maroela wat deesdae oor hierdie moorde berig. Die TV nuuskanale swyg soos die graf. Hulle is seker aangese om stil te bly om die blanke n valse gerustheid te gee.

Winston ·

Maroela julle is net so laks. Wie terk die toutjies agter die deur. Julle is vining en gou om kommentaar te plaas oor verdomde snert soos dstv. Kry ruggraat en plaas ons frustrasies. Ons is net so laks. die hele spul van ons. Te slapgat en te bang om uit die wegspringblokke te kom.

Eddie ·

Winston ek stem saam. As mens nog vloek en slegte taal gebruik is dit n ander ding. Ek het ook nou al hoeveel goed gekomentaar op maar word vir een of ander rede nie geplaas nie. Daar is n verskil Maroela as mens die waarheid by die horings pak en ons as mense wat nou al mooi siek en sat is vir die gemors in ons land. Plaas die mense se komentaar soos is en as daar vloek woorde is of nou regtig iets wat nie hoort nie dan kan julle dit blok. Ons almal is grootmense hier en kan vir ons self besluit of jy dit wil lees of nie. Anders vat die gedeeltes weg waar ONS ons se ook kan se hoe dit is. Ek weet tien teen een sal my komentaar seker nie geplaas word nie want dit is waar woorde.

tamboti ·

Ja Winston ek wil aksie begin voordat ek uit weerwraak optree omdat my gesin of familie aangetas word. Maar daarvoor sal ‘n ander platform gebruik moet word as MM, het enigiemand reeds so ‘n groep of forum?

Winston ·

Jammer as ek op julle tone trap mense, maar ek is gatvol. Ons bly kla en kerm en dis waar dit bly.

fransie rowles ·

Nee wragtig, ek wens ons slapgat regering kom by!!

kan mens in vrede rus na so wrede onsinnige dood?

Plaaslike plaas veiligheid Springs ·

Na die moord van Mev Vermaak, na die opruiming plus minus half een van die moord toeneel het plaas veiligheid gereel vir n wag op die perseel. Omstreeks 01:30 het die wag geraporteer aan plaas veiligheid beheer kamer Daars 2 verdagte nie blanke man’s by die plaas huis. Plaas veiligheid het toe gereageer met die radio boodskap vanaf die wag dat die verdagte iets opgemerk en die verdagtes het die wag begin oorval. Die wag het agter na gesit en 1 van die verdagte in hegtines geneem n bekleiery het uit gebreek waar in n mes betrokke was en die verdagte laat beswyk aan sy wonde. Die wag was ook beseer. Die het mediese hulp ontvang vir sny wonde en is ontmidelik daarna in hegtines geneem deur die SAP Devon !!!!!!!!vir ondervraaging, en hy word nogsteeds aangehou. Vermoede is dat die oorledende een van die persoon is wat gesien vlug van die voorige moord toeneel. Hoe kan hulle verwag Plaas Veiligheid vrywilig Polisie beamptes ons plaas Boere beveilig as sulke dinge gebeur. Verder inlugting kan bekom word deur Torro Tactical op die volgende email address [email protected]

Deloris ·

Moenie vir my kom se Zuma weet van niks…. hy sit agter alles!!! dis hoekom niks gedoen word aan plaasmoorde nie… Liewe tannie dat jy so moes gaan maar jy is nou op ‘n baie beter en veiliger plek as die vrot en siek land van ons.!

FM ·

As zuma in die parlement vir kommentaar gevra word mbt plaasmoorde, sal hy seker aan die giggel gaan voor hy begin lag. Tekenend van n minderwaardige verleë soort van staatspresident. En hy lag nog in sy mou ook oor die goeie werk wat die moordenaars verrig. STAAN VAS MENSE!!! PLAAS IEMAND ANDERS OP DIE PLAAS. Hierdie is maar net n manier om nie n plaas by n boer te koop nie, daarom plaasmoorde. Die staat wil die boere finansieel ruïneer en die is een van die metodes. STAAN VAS mense en hou op om nice te wees.

Christell ·

Ja? En as die boere nou almal vernietig is en finansieël geruïneer is – waar gaan die mielies vir die pap en die bees/skaap vir vleis en melk vandaan kom? Wie gaan die landerye bewerk, besaai en oes? Daaraan dink Zuma en sy “cronies” nie. Want hulle hoef nie – as diktator en sy comrades sal hulle altyd hê terwyl die 1000’e op grondvlak ten gronde gaan van hongersnood.

Sarie van den Berg ·

Ek dink nie daar is meer tyd oor om hieroor te praat nie. Daar moet daadwerklik opgetree word. Die moorde akkumuleer by die dag.

Sarie van den Berg ·

Ek dink nie daar is meer tyd oor om hieroor te praat nie. Daar moet daadwerklik opgetree word. Die moorde akkumuleer by die dag.

Bach ·

Ja Sarie en wat doen julle behalwe praat en kla. Ondersteun liefs vir Afriforum daadwerklik en geldelik. Weet jy dat hul tans by VN is om oor plaasmoorde te praat? Is julle wat so kla lid van Afriforum? En julle mors tyd om gedurig die doodstraf te wil terugbring want dit sal nie onder die ANC gebeur nie. So kom uit julle gemaksones uit en word lid. En onthou dit help nie om net te bid nie!

Duan ·

Goeie dag.

Om net meer inligting te gee die arme vrou is so vreeslik aan gerand aangeheg onder is meer inligting van n vriendin naby aan die slagoffer;
Sy is gisteraand wreed vermoor, verkrag en keel afgesny…ons almal het saam groot geword…dit is hart verskeurend die goed
En boonop is haar privates gesteek met n mes ook

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.