Weggooibrakkie steel talle harte

Dit is hoe Tjokkie langs die pad gelos is. Foto: Verskaf

Dit is hoe Tjokkie langs die pad gelos is. Foto: Verskaf

Tjokkie, ʼn tweejarige Corgi-kruising wat Woensdag langs ʼn afgeleë pad buite Pretoria met ʼn bed, waterbak en kos agterlaat is, het talle mense se harte gesteel nadat sy hartseer lot bekendgemaak is.

Cilla Trexler, eienaar van Wollies Animal Project, ʼn dierewelsynsorganisasie in Hestiapark in die noorde van Pretoria, het Donderdag aan Maroela Media gesê iemand het die hondjie langs ʼn pad in die Seekoeigat-omgewing naby die ou Moloto-pad gelos.

“ʼn Polisiebeampte het op die hond afgekom en hom na ons skuiling gebring,” het Trexler gesê. Trexler het foto’s van die hond en die toestand waarin hy gevind is, op hul Facebook-blad geplaas en dit het vinnig baie reaksie ontlok.

“Kort daarna het iemand ons geskakel en gesê ons moet kyk of die hond op die naam ‘Tjokkie’ reageer, want sy is ‘n kennis met inwoners van Annlin wat ʼn soortgelyke hond gehad het en gesê het hy wil hom nie meer hê nie.”

Tjokkie

Tjokkie

Die hond het op die naam reageer. Die beweerde eienaar het later self die skuiling gekontak om te sê dit is sy hond. “Hy beweer hy het die hond vir iemand gegee en dié persoon het die hond langs die pad gaan aflaai. Hy beweer ook hy oorweeg regstappe teen dié persoon,” het Trexler bygevoeg.

“Ons het reeds verskeie navrae van mense ontvang wat Tjokkie wil aanneem,” het Trexler gesê. “Hy gaan eers gesteriliseer word en ons gaan ons huisbesoeke doen om vir hom ʼn gepaste huis te vind. Hy behoort voor Saterdag by ʼn nuwe liefdevolle huis te wees.”

Trexler beskryf Tjokkie se temperament as liefdevol, vriendelik en “glad nie bakleierig nie”.

Sy het almal bedank wat belangstelling getoon en aangebied het om die hond aan te neem. Sy het bygevoeg dat die skuiling nog 300 honde en 100 katte het wat liefdevolle huise soek en ook mense se harte sal steel. Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Chris ·

Wel die eienaar behoort mos darem te weet vir wie het hy die hond gegee? Ek glo hy sal kontakbesonderhede te he en weet wat die naam is. Dat hy dit maar vir ons gee dan kan die polisie mos weet wie om te soek.

Eliza-beth ·

O ja mense, as julle regtig omgee wat van ‘n donasie van selfs net R20/R50 aan hierdie organsasie? Klik bo in die berig om op hul blad te kom en dan al hul besonderhede te kry? Ek hoop regtig julle gaan!

Eileen ·

Ek het sopas ‘n donasie gemaak aan Wollies – hoop regtig dat ander dit ook sal doen

Eliza-beth ·

Eileen, ek hou sommer van jou. Ek het ook dadelik geskenk – sulke organisasies doen wonderlike werk en sukkel SO met finansies.

Wessel ·

Ek wil graag n donasie maak, se net presies waar ek moet kliek.
Ek dink ons moet daai eienaar in n woestyn aflaai en kyk wat hy gaan doen. Dis afskuwelik,swak

Eliza-beth ·

Wessel – in die laaste sin in die berig is daar in blou ‘n stukkie wat lees “klik heir vir meer inligting” en as jy doen kom die Wollies se besonderhede op en moet jy net af”scroll” (jammer oor Engels, te haastig om nou te dink wat is korrekte Afrikaans :( ai tog!)en kry jy alles. Andersins, ondertoe op die kommentare het ene Tommy ook die besonderhede weergegee en dis wel korrek – ek het geld geskenk per EFT vroeër en dis dieselfde as wat op Wollies se bald verskyn. Trots op iemand soos jy ook!

PIXIE ·

JAN, EK STEM 100% SAAM. EK HET 16 WEGGOOI HONDE KINDERS, LANGS DIE PAD OPGETEL, EEN GESTEEL VAN &^% MENSE, ‘N ANDER VIESLIKE MAN GELD GEGEE VIR DAGGA EN DRANK NET OM DIE HONDJIE WEG TE KRY, PARTY WAS MAER, BANG EN MISHANDEL. EEN HONDJIE WAS LANGS DIE PAD AFGEGOOI MET VOORPOOTJIES WAT TOE GEBREEK HET EN SKEEF AANGEGROEI HET. EK HET MAANDE GESUKKEL OM HAAR VRIENDIN TE WORD EN SY IS OP DIE OU END BY MY DOOD VAN OUDERDOM. GROETE EN DANKIE VIR JOU KOMMENTAAR EN DANKIE VIR JOU OMGEE. DAAR MOET MEER MENSE SOOS JY WEES. GROETNIS.

Jan ·

Dankie dat jy saam stem is bly om te sien dat jy vir diere omgee
Groete

anet ·

Dit breek my hart oor Tjokkie wat net sommer so alleen gelos word langs ‘n baie besige pad. Die persoon wat hom daar gelos het, het seker gehoop die hondjie word doodgery. Kyk net hoe verlore sit hy daar. Ek kan nie glo dat verantwoordelike volwasse mense dit aan ‘n onskuldige dier kan doen nie, en die hart het om dit aan ‘n onskuldige dier te doen. SKAAM JOU!!!

CHRISTA ·

Anet, dit verbaas my nie meer nie. Deesdae gooi mense in asblikke en vuilgoedsakke!! Dit skaam my net om te dink dat ek ook geklasifiseer word as ‘n “mens” (nie eers DIERE doen dit met hulle kleintjies nie – hulle sal liewer hulle lewens opoffer om hulle kleintjies veilig te hou)!!!

Riaan ·

Ek wil vir almal se wat die gewese eienaar so aanval dis ek. Ek het daai hond baie lief gehad en sal nooit so iets aan hom doen nie. Maar weens sekere omstandighede moes ek hom weg gee. En ja toe ek sien dis my hond was ek dadelik daar. En as enige een my verder wil aanvat go for it besef net eending die wiel draai

EMK ·

Riaan, jy moes beter voorsorg getref het. Jy moes darem wraggies gaan kyk het of die hond by die nuwe eienaar versorg word – dis wat ek sou doen! En as jy onseker is, daar is talle diereskuiling wat hom sou neem en kon jy diehond soontoe neem en ‘n skenking doen. Siende hulle dit nou in elk geval doen hoop ek jy gaan die regte ding doen naamlik om gereeld skenkings te maak aan hulle! Jy is nou net so lelik met jou “die wiel draai”!

Lindi ·

Sorry my comment has to be in English! I understand that people’s situations change and times can be tough, but if you truly love your animal, you would know exactly where and to who he was going! He could of ended up in an even worse situation (although this one is pretty terrible)! Also why is he not Sterilised? You right the wheel does turn…not just for the people who have something to say against you, but also for the people who dumped this dog and also the person who carelessly gave his dog to whoever with out properly checking! I hope you will make a donation to Wollies,doesn’t make what happened right but at least it’s something! Glad this boy is one of the lucky ones and ok

omg ·

Realy nou maak bietjie bekend wie die hond daar gelos het. Dan sal mense jou mos ni meer aanval nie. As jy so lief was vir die hond sou jy geweet het by watse mense jy hom los en sou jy gereeld gaan kyk het hoe gaan dit met hom. Sê net.

Linda Olivier ·

Ai arme hond gelukkig gaan hy nou ‘n nuwe huisie kry :-)

anet ·

Riaan, dankie dat jy jou kant van die saak stel. Sommiges van ons kry ook swaar onder omstandighede. Jy moes jou hondjie vir ‘n verantwoordelike persoon gegee het. Jy kon ‘n e-pos gelaai het op Maroela om ‘n liefdevolle huis te soek vir jou hondjie. almal sou ingespring het en vir jou gehelp het. ‘n Mens moet soms jou trots in jou sak steek en met mense praat. Daar is baie lesers op Maroela met warm oop harte en graag sal help. Hoop dit sal gou weer beter gaan met jou en omstandighede

Riaan ·

Dankie Anet dit was iemand wat ek geken na wie ek die hondjie geneem het dit is wat my so hartseer maak

Se Maar Net ·

Riaan, as dit is wat jy se,hoekom baklei jy nie om jou hondjie terug te kry nie. Maar ek wens uit my hart jy is nie so gewetenloos om die arme diertjie net daar te gelos het nie.
As jy dit wel gedoen het, ken ek nie joiu omstandighede nie, maar wil wel net die volgende se.
Dit Riaan gaan nie ongesiens verby nie. Mag jy vrede vind in wat jy gedoen het.

Riaan ·

Ek het ek was weer daar vandag maar ongelukkig kan ek hom nie terug kry nie iemand het hom reeds aan geneem wat my hart baie beter laat voel

Sollie ·

Riaan vir wat wou jy hom gaan haal as jou hom weggegee het? Ek dag dan jou omstandighede het gemaak dat jy nie die hond kon hou en nou wou jy hom weer gaan haal! Om wat mee te doen as jy hom dan nie kan aanhou nie? Nee jong, jou aand- en oggendstories stem nie ooreen nie.

Tommy ·

Ek het die storie gister op Facebook gevolg, en was daar ‘n vrou wat saam met my werk wat toe ook kommentaar gelewer het oor die eienaar se omstandighede – vandat sy daai kommentaar gelewer het word sy besaai met boodskappe van ander facebook gebruikers omdat sy ” opkom” vir die hond se eienaar. Sy word gevloek, en word sy as die grootste dierehater uitgemaak (as mense maar net weet hoe lief sy is vir diere, en hoeveel diere sy ook alreeds ingeneem het)! Ek vatnie kante nie, maar ek wil net sê daar is 2 kante tot Enige storie. Hou op om die man en ander wat ” opkom” vir hom met klippe te besaai – die Here slaapnie, en Hy weet PRESIES wat die WAARHEID en die OMSTANDIGHEDE is. DUS voordat jy iets hier tik, gaan plaas liewers geld oor in Wollies se rekening, daar is honderde diere watnie huise hetnie. Gaan kyk watse werk doen Wollies – en gaan kyk na die foto’s van diere wat net vel en been is – honed wat eenvoudig net weggegooi is, wat daar geen bedjie of kos voor gelos is!

Tommy ·

Wonder maar net – die vrou is Eileen (sy het ook kommentaar gelewer, en ook ‘n donasie gemaak). Sy het geantwoord op ‘n ander inskrywing op Facebook toe ‘n persoon gesê het mense kennie die omstandighede van die eienaar nie – sy ken Riaan gladnie, maar beteken dit nie dat sy saamstem met wat hy of die persoon wat die Tjokkie geneem het gedoen hetnie. Sy hetnie verdien om gekruisig te word deur ander Facebook gebruiker nie, en is daar o.a. vir haar vertel sy is ‘n dierehater, en enige diere wat in haar besit is verdien om weggeneem te word van haar.
Plaas dat almal ‘n bietjie gaan nading, en die regte ding doen, en geld oorplaas aan Wollies sodat hondjies soos Tjokkie, en daai wat net vel en been is die nodige behandeling en voeding ontvang, en dat sommer al hierdie ander mense ‘n draai by Wollies gaan maak, en sien of hulle nie self ‘n diertjie ‘n huis wil gee nie.

EMK ·

Ja Tommy daar is altyd twee kante, maar steeds is Riaan nie van alle blaam onthef nie. Mens maak mos doodseker as jy dan so lief is/was vi rjou hond en dit weens omstandighede nie meer kan aanhou dat dit na ‘n goeie huis gaan. Mens gaan kyk ook agterna of die hond reg is en goed aangaan. Dit klink vir my maar swak dat hy net sommer die hond weggegee het sonder om op te volg – en dit asof hy dan so omgegee het. En die ergste is hy kom nou met al die stories van die “Here weet wat gebeur het” ens ens…snaaks dat sulkes altyd die Bybel of godsdiens inbring wanneer dit hulle pas.

Tommy ·

Wollies se bank details is: Wollies Animal Project, FNB Rosslyn, Takkode 251745, Rekening nr 620 696 74292.
Ek het sopas ‘n donasie oorgeplaas – toe mense die wat kan, doen die regte ding.

Eliza-beth ·

Daar’s hy Tommy! Ek en Eileen boontoe op die kommentare het reeds, en dis wat mens EERDER moet doen hier as om net aan te gaan. Riaan, jy moet jou “vriende” dalk beter kies en jy moes maar seker maak als is reg met jou hondjie. As dinge skeefloop met ‘n mens moet mens goed dink voor jy ‘n hond of ander dier net vir enigeen weggee, liewer dan ‘n skuiling waar daar hopelik liefdevolle mense die diertjie sal kom aanneem.

emma ·

Riaan indien jou stories waar is bly jy nogsteeds net so skuldig soos die persoon wat die hondjie langs die pad gelos het. Jy het nie die verantwoordelike opsie uitgeoefen toe jy die hondjie aan iemand wat tot so iets instaat te gee nie, daar was baie verantwoordelike opsies wat jy kon volg. Probeer jou vir een oomblik in die hondjie we situasie plaas alleen op n verlate pad! Nee sies man, voel jammer vir jou situasie maar jy kon n better opsie oorweeg het.

Leeutjie ·

Riaan jy verdien die voordeel van die twyfel. Die mense wat jou so uitskel en verdoem breek asseblief die vloeke oor jou! Vloeke kan boomerang en wat jy wens vir ander kan terugkom na jou toe!!

nig ·

Leeutjie, die weirdste is hy het dan omstandighede wat gemaak het dat hy die hond nie kon hou maar dan vertel hy weer hy het teruggegaan na Wollies om die hond te kry! Hoe werk dit – verduidelik asb! Hy kan nie die hond hou, gee dit vir sommer enigiemand en dan wil hy weer die hond gaan haal. Ek dag hy kan nie die hond hou weens omstandighede? Soos my een vriend sê: Something doesn’t gel!

Pierre van Niekerk ·

Dankie vir die beriggie…dankie dat jul diere ook hooghou. Trots op julle…(Jul moet maar elke dag nuus op my FB leen, ek is en was julle ver voor met die ene! Eish!

Liewe lullu ·

Ek lees die kommentare hier, en is geskok oor sommige se bitsige opmerkings. Dit is vir my duidelik dat maroela nuus dubbele standaarde het. Ek het so paar dae gelede in n grap vir iemand iets gese. My kommentaar is verwyder, maar kyk die kommentaar. Ek betaal elke maand n aansienlike bedrag aan Afgri Forum. Gaan dit nou kanselleer

Sune van Heerden ·

Dagsê Liewe lullu

Ons vra om verskoning dat die aanstootlike kommentare nie dadelik verwyder is nie.
Klik gerus op “rapporteer” indien ‘n kommentaar nie vir jou na wense is nie.

Terloops, Maroela is ‘n onafhanklike mediahuis en, alhoewel ons sustersmaatskappye binne die groter Solidariteit Beweging is, is ons nie deel van AfriForum nie.

Ek hoop jy kuier nog lekker verder saam op Maroela!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Se maar net ·

Gelukkige einde die hondjie is nou by nuwe mense, en die gaan mooi na hom kyk. Riaan
sterkte aan jou en jou omstandighede.

Leeutjie ·

Jakoba hulle kommentaar gaan ook my verstand te bowe. Ek voel Maroela moet hulle summier verwyder! Wat met die hondjie gebeur het is nie reg nie maar die uitspreek van “vermoor” en verder ondertoe op die forum “hel toe” is totaal ongevraagd en onaanvaarbaar! Dankie Janine…ek is gelukkig nie die enigste een wat so voel oor van hierdie mense nie!

Pierre Celliers ·

Riaan, watter omstandighede regverdig die los van ‘n pragtige hond sommer so in die pad??
Waarom dit nie vir ‘n familie lid dan gee wat ook “lief” is vir honde, (so’n bietjie meer lief as jy), om na om te sien nie??

Eish! ·

Geen komentaar teenoor enigiemand. Ek wonder net of die skuldige gedink het dat kos raak op, water dalk nog gouer. En wat dan? (Tog dink ek in my gedagtes dat ander laai diertjies af sonder niks en ry net weg. Probeer jouself indink. Die persoon wat jou baie liefde gegee het as baba, in die begin was jy sy alles. Laai jou af en ry weg. En ek glo die diertjie dink hy/sy sal netnou terugkom. Maar dit gebeur nie.

Marietha ·

Weet julle wat is so hartseer. Daar is mense soos ons wat baie graag diere wil aanhou, maar elke plek wat jy aansok doen om n plek te huur is die eerste woorde GEEN DIERE. Kan daar nie n wet in gestel word dat jy nie verhoed word om n dier aan te hou nie. Ek moes nou plek soek en ek het n kat. Sodra hulle hoor daar is n dier betrokke dan is dit sommer dadelik jammer geen diere. Soek maar n ander plek. En kry jy n plek waar jy wel diere mag aanhou is dit so duur jy kan dit nie bekostig nie. Wel ek slaap eder in my kar en kan my kat hou as om van haar ontsla te raak. As sy nie welkom is nie hou dan maar jou woonstel.

nig ·

Riaan jy speel darem erg die martelaar in die verhaal. As jy jou hond so liefgehad het soos jy gesê het moes jy jou huiswerk vooraf doen en presies uitvind waarheen gaan jou hond en ook agterna seker maak hy is okay. Baie mense se omstandighede verander, maar dan moet mens dink voor jy doen en nie nou kom hartseer hennie speel nie. Regtigwaar… Jy is nou nie so onskuldig asof jy wil voorgee nie.

Wiebo ·

Dit is so wreed. Mense is wreed. My siamese kat het sondagaand in Cullinan verdwyn. n Vrou het vir my buurvrou gese my kat gaan in haar erf, en sy sal die kat iets aandoen. Die kat is weg en nou wonder ek of die vrou wel my kat iets aangedoen het. Hoe kan mense so wreed wees teenoor diere? Ek mis my kat vreeslik. Hy was die die beste kat ooit en sal hom vir altyd mis.

Valerie ·

Ek wil net ‘n groot dankie sê vir die polisieman wat hond-se-kind gekry het, en na Wollies toe gevat het “WELL DONE SIR” !!! Dankbaar dat jy die tyd gevat het om die bang diertjie te help uit sy nood. Bless you !!

CF ·

Ja ek stem saam van wat party van julle se,die arme hondtjie verdien dit nie.
Ek is nou wel n man maar het nog steeds n knop in my keel gekry.
Dankie aan almal se posetiewe reaksie,en komentaar.

rose ·

In my opinie dink ek die vorige eienaar wil homself net regverdig. Anders sou die mos al die besonderhede van die party los wat die hondtjie langs die pad gelos het gegee het sodat iemand of die spca hom kan anvat. Ek wet jou daar bestaan nie eers so iemand nie…..

Lin ·

Ek sou net graag wil weet is daar regtig n ‘ander’ persoon of vriend wat riaan die hondjie voor gegee het. Wolhaar storie man. Hy dit net opgemaak om homself beter te laat lyk. Ongelukkig vir jou riaan het iemand die hondjie herken.

chantell ·

Sjo dis vreeslik hartseer eks skoon hartseer nou.hoe kan mense dit doen vra ek hoe maak my somer kwaad dat ek mense soos dit iets sal aandoen. Is net so goed jy gooi jou kind daar langs die pad sies !!!!

Kobus N ·

Snaaks hoe ons as Afrikaners kan galbraak en klippe gooi en predig ons oral van ‘saamstaan’. Ek praat nie wat Riaan gedoen het goed nie, maar om die man so te stenig is darm ook baie onregverdig. Die wat hom stenig, ken julle sy omstandighede? Net die feit dat hy teruggegaan het, bewys hy het ‘n gewete. Die ander vraag is egter, as hy dit op Maroera geadverteer het, sou daar werklik iemand na vore gekom het om die hondjie aan te neem soos beweer word?

nig ·

Kobus N – kom nou, as hy REGTIG omgegee het het hy dadelik paar maal opgevolg na hy die hond sommer net weggegee het. Nou na al die bohaai het hy skielik ” ‘n gewete” om na die skuiling te gegaan het om te gaan kyk wat aangaan? Asseblief man! Mens het simpatie met mense se omstandighede maar jy DINK voor jy doen. En hy het nie.

Akram ·

Genugtig. ek is verstom oor die reaksie. net baie bly dat mense nog omgee…… vir diere. Wat van die oumense wat vergete in ouete huise ook net “afgelaai” word? Ek dink maar net.

Arrie ·

AKRAM, jy het die eerste grootmens-kommentaar gelewer. Ek stem 100% saammet jou. Het jy al gesien dat daar so tekere gegaan is oor ‘n moord?

Natacha ·

Onthou net da is altyd 3 kante in n storie. Maak nie meer saak wat die storie is nie dit gaan nou oor die woef gaan nou n nuwe famielie kry en het n 2 de kaans gekry. Da is n doel vir alles dalk moea dit so uit gedraai het want nou kry n ander famielie dalk net die hond wat hulle altyd wou he en maak dalk n kind se hartjie so bly. Niemand sal ooit die ware storie weet nie maar onthou net God het n plan vir alles en die was net weer een van sy wonderwerke om die woef te bewaar en vir iemand anders te gee sien dit as n 2 de kaans vir die ou brakkie. Hys nou in goeie hande en laat die verlede go dit gaaa oor hom nou nie oor wat gebeur het nie al wat saak maak is dat hy well okay is. Dis al wat ek wil se dankie.

Angel Wings ·

Ek lees so oor die hondjie wat langs die pad gelos is en besef net weer hoe die Moloto pad die “dumping place for unwanted animals” geword het. Ons woon self op die Moloto pad en hier het al hoeveel honde by die huis aangekom wat net afgelaai is langs die pad. Die honde is verward, honger en dors en dit breek n mens se hart! Die ergste nog was n perd, maer en uitgeteer wat hier aangekom het. Die nuus is versprei van die perd en niemand het hom kom terug eis nie. Het die perd ingeneem en versorg en vandag sal jy nie se dit is dieselfde perd nie. Ek weet regtig nie wat dink mense nie maar glo vir my, hierdie is nie die eerste en laaste weggooi hond langs die Moloto nie.

Michiel ·

Angel Wings – jy kan die Wings deel van jou naam maar weglaat wat, maar die eerste deel is reg – jy klink na ‘n ware engel en diereliefhebber! So bly om van iemand soos jy te lees! Dankie namens die diere wat nie kan praat, vir iemand soos jy!

Jo ·

Ek ken ongelukkig die feite van hierdie hartseer verhaal… Riaan is nie so onskuldig soos hy voorkom nie. Al die inligting wat hy verskaf is vals… die wiel draai, ek stem, maar dis tyd dat die mense wat betrokke is ontbloot word.

Michiel ·

Jo, wens jy wil feite weergee. Klink of die ou lekker martelaar speel nou wat hy uitgevang is!

Christie Joubert ·

My honde is my kinders. As jy n troeteldier kry, moet jy besef dat hierdie diertjie kyk op na jou vir versorging en liefde. Net soos jou mensekinders, is hy daar om te bly. Jy SAL sorg, no matter what! GEEN verskonings nie!!! Riaan, ek dink jy bak dik kluitjies. En ek hoop jy word nog lank die kop gewas vir jou onbesonnenheid! Sies vir jou! Ons is gereeld by Wollies, en het Woensdagaand enetjie aangeneem. Dit is die lekkerste gevoel, maar die wat agterbly breek my hart elke keer. Ek het geen vertroue in mense nie, en tog bly daai woefies glo en hoop. Weereens, sies vir jou!

Susan ·

Ek het goeie nuus!….dr James Davies van Doornpoort Dierekliniek het aangebied om Tjokkie GRATIS te steriliseer sodat hy gereed is vir sy aanneming! Dankie dr James!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.