Woonkomplekse in staat se visier: Makhura oningelig

Fancourt Foto: golfbreaks.com

Fancourt Foto: golfbreaks.com

David Makhura, premier van Gauteng, moet oningelig, naïef of dringend opsoek na politieke steun wees as hy meen dat woongebiede steeds op rasgrondslag geskei is, het die Afrikaanse sakeliggaam AfriSake, gesê.

Stefan Pieterse, woordvoerder van AfriSake, het reageer na aanleiding van Makhura se uitspraak dat woonkomplekse en eksklusiewe landgoedere op grond van ras en inkomste gebou word, en dringend moet verander.

“Ontwikkelaars soek grond waar geleenthede beskikbaar is en enigiemand is welkom om te koop, selfs die staat,” het Pieterse gesê. “Swart-, wit- en bruinmense koop in veiligheidskomplekse omdat dit veilig is en/of goeie beleggingswaarde het, dit het niks met ‘apartheidsera-patrone’ te doen nie.”

Volgens Makhura sal die toekenning van grond vir ontwikkelaars in die toekoms aan baie streng en spesifieke vereistes moet voldoen. Hy het egter nie die vereistes of die wetgewing waaraan dit moet voldoen, genoem nie.

Pieterse het bygevoeg AfriSake sal ontwikkelaars bystaan wie se ontwikkelings afgekeur word omdat dit nie aan Makhura se “spesifieke vereistes” voldoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Melt Olckers ·

Dit lyk meer of Makhura homself wil besig hou met “Social Engineering”, wat die ou Sowjet Unie probeer het in ‘n poging om minderheids groepe te assimileer in groter groepe. Hy probeer maw die Afrikaner kultuur vernietig.

Nonnie ·

2016 se verkiesing is op hande en die “stupid kader” probeer desperaat stemme op die manier werf…..he he he

Susan ·

APARTHEID SAL TOT DIE EINDE VAN DIE WERELD DIE SKULD KRY VIR ALLES!!!!!!

Anne ·

Engie iets sal altyd terug gaan na apartheid toe! Maak nie saak of dit so is of nie die moment wat apartheid gekoppel word of die woord gehoor word dink die mense nie eens 2 keer nie – APARTHEID sal nooit uit die weg geruim word nie – die volgende geslag wat moet regeer word ook so groot gemaak! Aparheid kry die skuld vir alles

Dee ·

Wat ook ‘n feit is Anne, is dat apartheid sal bly bestaan. Nie amptelik nie maar sosiaal en kulturieël sal ons afsonderlik bly lewe en diegene wie oor die grens klouter sal geleidelik uitgeskakel word.

Tian Claassens ·

Die regering is inderwaarheid die grootste sondaar in die verband met volgehoue ontwikkelings wat bykans uitsluitlik uit sogenaamde RDP huise bestaan met beperkte dienste en baie swak dienslewering.

Theresa ·

Ja. Baie van die huurders deesdae kan met hul besonder hoë salarisse heerlik kom afpak in ‘n kompleks. Ry nie gewone motors nie, lang slap luukses (wat eintlik nie regtig vir so ‘n kompleksie bedoel is nie?) Het selfs ‘n Hummer moes staanmaak iewers, want die garagie is darem net te minderwaardig. Met spoggerige motor(s) en baie gesinslede (in ‘n twee slaapkamer plekkie) – is daardie huurders ook toevallig altyd die luidste. Huisreëls is verseker nes alle padreëls regtig net ‘n hindernis vir dié uitverkore “moet ten alle koste voorgetrek word” mense. So “grand”, maar hang die wasgoed oor enige muur denkbaar en die tralies om die stoeprand is ‘n gerieflike ding vir nog ‘n paar stukke wasgoed. So ja, waar op aarde gaan mens heen waar ongeregmatige dinge al hoe meer voorgestaan word deur die pakdraendes wat nie die implikasies van hul besluite besef nie. Dankie AfriSake, was dit nie dat daar nog ‘n forum soos jul was nie, weet ek nie so mooi nie.

Wessel Cronje ·

Dis verstommend hoe die regerings amptenare redeneer, maar hierdie is ‘n tipiese EFF taktiek en ‘n defnitiewe wenner.

“Maak nie saak hoe slim jy is nie, jy sal ‘n idioot nooit kan oortuig dat hy eintlik onnosel is nie”

TM ·

Klink na ‘n plan. Nou sal ek darem presies weet watter komplekse om te vermy.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.