Zoeloe-Koning gekap oor pro-apartheiduitsprake

Koning Goodwill Zwelinthini. Foto: DoC

Koning Goodwill Zwelinthini. Foto: DoC

Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini is Maandag oor die kole gehaal vir sy uitsprake die afgelope naweek waarin hy die suksesse van die apartheidregering geloof het.

Zwakele Mncwango, leier van die Demokratiese Alliansie (DA) in KwaZulu-Natal, het die koning se aanmerkings veroordeel en dit as “onverantwoordelik” bestempel.

Die koning het na bewering die aanmerkings Saterdagaand by sy waKhethomthandayo-paleis in Nongoma gemaak tydens die viering van sy 44 jaar as die Zoeloe-monarg. Die koerant The Mercury het Maandag berig Zwelithini het gesê die Nasionale Party het ʼn magtige regering op die been gebring met die sterkste ekonomie en weermag op die kontinent, voordat “die sogenaamde demokrasie gekom het waartydens swart mense die voordele van die verlede verwoes het”.

Die koning het na bewering gesê die geskiedenis sal swart mense ten sterkste veroordeel omdat hulle misluk het om op die suksesse van die Afrikaner-regime voort te bou. “Die ekonomie wat ons nou het, word afgebrand. Julle wil nie bou op dit wat julle geërf het nie. Julle gaan julself aan die verkeerde kant van die geskiedenis bevind,” het die koning glo gesê.

Mncwango het die koning herinner dat hy vergeet dat die suksesse van die apartheidregering behaal is ten koste van die massa wat onderdruk is. “Ons vind dit uiters onverantwoordelik vir ʼn leier om ʼn wrede en onderdrukkende regime te bewonder wat vir jare en jare mense van kleur onderdruk, doodgemaak en uitgebuit het,” het hy gesê.

“Ons dink die monargie moet eerder erken dat dinge in die land nie so rooskleurig was onder die apartheidregering nie. Terwyl ʼn klein minderheid die voordele van die apartheidregering geniet het, was die land eintlik besig om inmekaar te stort.”

Mncwango het gesê die koning moenie vergeet dat die kontinent se sterkste weermag teen sy eie mense gebruik is om ʼn minderheid mense in beheer te hou nie. Hy het verder gesê die probleme in die land is nie weens apartheid nie, maar weens “’n regering met beleidstellings wat slegs ʼn paar hooggeplaaste individue bedien”.

“Die huidige ekonomiese beleidstellings van die regerende ANC doen baie min, indien enigiets, om die wanbalans van die verlede te herstel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Basie ·

Die man het ‘n punt beet. En in elkgeval is daar nogsteeds apartheid, rasse skeiding en onderdrukking. Die enigste verskil is dat die apartheid van ouds dit nie probeer weg lieg het onder ‘n dekmantel van “reverdigheid” nie. Die huidige stand van sake sit die wit ras onder op die rasse skaal. En die regering wat tans in bewind is, dryf die land in die grond in.

Alwyn Nel ·

Die waarheid is nooit populêr nie. Snaaks hoe liberale partye, soos die DA, selfs aan die verkeerde kant van geskiedenis gaan wees :)

buurman ·

En die “man” praat nou mos die waarheid en is heeltemal reg. waarom nie net voortgebou op bestaande sukses?

Gert ·

Slim man wat wyse woorde se . Suid Afrika is weer af gegradeer na net bo Rommel status .

Jacques ·

Die mense kan maar argumenteer soos hulle wil. Teen feite kan jy nie stry nie. Die koning praat waar en dit maak seer. Die geskiedenis is geduldig en eendag sal daar in die geskiedenis staan dat die ANC as regering gefaal het

sannie ·

Jacques ek kon dit nie beter gestel het nie. Apartheid was nou nie heeltemal reg nie maar baie minder mense as nou het sonder werk gesit. Skole ens. is nie afgebreek of aan die brand gesteek nie. Minder plaasmoorde of moorde,verkragtings het plaasgevind.
Nou wil hulle alles verniet he en dan word dit ook nie gewaardeer nie.
Ja goed alles was nie reg nie maar die land was n beter plek.

George ·

Almal het werk gehad en kos om te eet daai tyd , Vandag sit 35 persent sonder werk en n kwart van die bevolking kripeer in eelende en steel en moor .

Wikus ·

Al wat die swart mense moet doen is om voort te bou op die eknomise verlede terwille van hul mense wat honger ly. En ophou afbrand en vernietig wat reeds bestaan . Zuma gaan hul nie geluk wens met hul vernietigende aksies nie want hy is nie eers in die land waar sy mense bitter swaar kry nie. Hy is in sy nuwe persoonlike Airforce Zuma. MAG HY VAL WAAR HY WIL.

Paul ·

Elke keer as iemand die waarheid durf praat oor apartheid is daar ‘n klomp linkse kabouters reg om hom te looi, maar watter baanrekord het hulle self? Geen – dis ‘n klomp leunstoel “experts” wat nog nooit bereik het wat onder ons voorouers se wag bereik is nie.

Ww ·

Dit lyk vermy dat selfs die koning iets ervaar wat hy nie gedink het gaan gebeur totale verval korrupsie ens alhoewel hy miljoene per jaar kry maar hy sien ‘n nasie in verval wat ook sy volk oor die lank termyn gaan inhaal

Ben ·

Die man kyk beslis nie deur swart, geel en groen sonbrilletjies nie en het wel ‘n brein, lyk my.

Pierre Celliers ·

Dit vat ‘n koning om die onnosel gepeupel wakker te skud!

Manie ·

Witmense wat vir Da stem moet kennis neem van die konstante aanvalle van swart Da lede op alles wat wit was. Wil jy nog vir hulle stem as hulle jou net gebruik vie hulle politieke doelwitte???? Een van die dae munisipale verkiesing. Stem vir party wat vir jou en jou belange omgee

sannie ·

Manie wie gee vir my en my belange om?. As ek die stories so kyk is dit elke man vir homself…in die geval..elke party vir homself en die duiwel vir ons almal

Piet Snot ·

Manie, ek kyk die DA aanvalle op Afrikaners so, dan wonder ek hoe mense se koppe werk.
Vra ek my vrou, my ma en my suster om dit aan my te verduidelik, raak hulle kwaad.
Kan steeds nie agterdie kap van die byl kom nie.
Wil ‘n DA ondersteuner ons nie asb. tog uithelp nie?

arie plaasboer ·

@ Manie (en ander enersdenkendes).
Julle wil graag vir `n party stem wat julle belange op die hart dra en dan wil julle enigiets anders as DA stem.
Neem kennis my GROOTSTE belang op die oomblik is om die ANC uit die kussings te lig.

Vir die huidige is die DA die enigste party wat daardie belang van my op hul hart dra en dit moontlik kan regkry.

As jy oneindig lank wil skop, kla en gal braak teenoor die ANC, doen dan soos jy wil en stem vir enige ander party as die DA.

Ek is self nie juis meer `n ondersteuner van die DA nie, maar hulle is voorwaar die enigste party wat op die korter termyn `n alternatiewe regering kan daarstel.

Paul ·

Die ironie verbonde hieraan is dat Goodwill die waarheid praat. Gedurende die apartheidsjare het ons n sterk ekonomie met n ewe sterk weermag gehad. Die wisselkoers was goed en werkloosheid baie laer as huidig. Die DA is myns insiens besig om hul alie te sien. Onlangs is daar erken dat hulle n skuif van die “tradisionele” na die “swart” stem gemaak is. Die perdjie van die DA moet mos nou, getrou aan sy leier se opdrag, selfs teen die waarheid baklei. Die ANC is besig om hierdie pragtige land van ons in die grond in te bestuur. Korrupsie, plaasmoorde en ander misdade is aan die toeneem. Dan kla ou minister Dippie Pieters nog dat die lugvaart in die hande van die wittes is. Newsflash vir jou ou dippie: “Jy kan n onbekwame bee in n kantoor sit en weet dat n bleeksiel die werk gaan doen, maar in n vliegtuig werk dit nie so nie”. Aan al die pienkes wil ek net sê: Moenie vergeet dat Helen Zille n voorstapper van die Black Sash was nie. Voordat ek vir die DA stem, bly ek eerder by die huis.

Loeis ·

arie plaasboer, ie DA het in verlede jaar se verkiesing 22.23% steun getrek. Se nou weer vir ons: wat presies maak hulle spesiaal, wat is dit wat hulle gaan doen? Die ANC wen? Uhm.

Manie ·

Die Koning regeer al 40 jaar waarvan 21 in die nuwe Democracy. Hy sal weet wat aangaan!
Lank lewe die Koning!!!

Manie ·

Witkiesers let op na die konstante aanvalle van Da lede en veral hulle swart lede op alles wat wittes gedoen het. Wil jy stem vir so n party??Volgende jaar munisipale verkiesing. Stem vir party wat jou en jou belange op die hart dra

GES ·

Baie belangrik, moenie die ilusie hê dat die DA enige gevoelens vir ons as Afrikaners het nie. Hulle het net ons stemme nodig.

tamboti ·

arie plaasboer sal jy die EFF ook steun as hulle die DA verbysteek? Nee maggies man; ‘n man het beginsels en jy staan daarby, anders kom jy dalk in die verleentheid en gee jou mag oor soos “jy weet wie” in SA gedoen het.
En bietjie nuus vir jou, hier in ons plaaslike wyksverkiesing het die DA se steun met meer as die helfte gekrimp, die VF+ het 125% gegroei en die ANC ook baie gekrimp. Die DA het wel die setel behou en VF+ het die ANC verby gesteek. Verklaar nou vir my wat van die meerderheid DA stemme geword het – hulle is nie terug ANC toe nie, die het ook minder!
As net nog 160 van die hensoppers eerder vir VF getem het, dan kon ons moes nou rerig standpunt inneem, Maar nou ja, mense redeneer en stem mos soos jy.

Martie ·

Goed en wel, Apartheid was ‘n duiwel. Die spreekwoord sê egter ‘gee die duiwel wat hom toekom’. Die Apartheids regime het baie dinge verkeerd gedoen, en verdien sekerlik die kritiek waarmee dit aanhoudend gestenig word (asof dit nie al 20 jaar dood is nie). Maar dit het ook heelwat dinge reg gedoen. Onder andere is infrastrukture geskep en ontwikkel waarop voortgebou kon/kan word, en ministers en presidente se persoonlike drome was nie met staatsgeld bewaarheid nie. Terwyl die huidige regering die verlede subjektief beskou, en ewe subjektief daarop reageer, is die koning ten minste objektief en dapper genoeg om almal op hulle foute te wys. Jammer, sy uitlatings is die waarheid, maar ongelukkig nie ‘polities korrek’ nie,

tamboti ·

Martie ek sal erken dat apartheid nie volmaak was nie, maar ‘n “duiwel” regtig nie.
Daar is meer en erger onderdrukking as net verlies aan stemreg. Die ontstaan van apartheid was ‘n suiwer beskaafdheids segregasie deur die Britte begin, Verwoerd het ‘n baie mooi en goeie plan gehad, maar die NP het dit verongeluk.
Wil enigeen die vele suksesvolle federale state in die wereld as apartheid klassifiseer?Apartheid moes in SA net selfbeskikking en ontwikkeling vir elke volk verseker. Ongelukkig blyk dit nou dat net die ou Afrikaners wil graag op hul eie voortbestaan – die ander wil alles he en alles oorheers, en is met niks tevrede nie. Dit lyk vir my meer na duiwel!
Die Zoeloe koningshuis is en was nog altyd gebaseer op onderdrukking, maar hy sien die waarheid en word nie verblind deur al die beskuldigings teen apartheid nie. Ek se “HOOR HOOR”

Hennie P ·

Almal maak van Apartheid die slaaf wat alle karwats hale moet ontgeld. Apartheid as beginsel was op die stadium in die wêreld geskiedenis die regte ding om te doen. Vir alle nasies in Suid – Afrika. Elke volk se tradisies is deur die NP respekteer. Nuwe liberalisme bewysvegter die teendeel. Moet egter nie in sak en as sit nie. Vestig bietjie jul aandag op wat aan’t gebeure is in Frankryk. Die liberalistiese soustrein begin stadig maar seker ontspoor. Een van die dae sal elke volk in die land weer sy eie identiteit begin uitleef. Dan kan ons werklik praat van ‘n “reënboogbasie.”

Vygie ·

Miskien allahu akbar hulle hom nou. Is dit nie dalk die zulu spies wat antie Johanna Brink in haar visoen gesien val het voor die opstande in Jhb uit breek nie??

GES ·

Ek haal my hoed af vir die zulu koning wat die moed het, om te erken dat wat nou aan die gang is, afstuur op ‘n ramp. Die DA wat eintlik maar net daar is vir die voordele, lewer niks seggende kritiek met die uitsluitlike doel om ‘n bietjie politieke munt te slaan. Dit is mos verkiesing een van die dae. Ek hoop die pampoenskille val betyds van die oë af voordat dit heeltemal te laat is.

Johan 2 ·

Ek kry die idee die Zulu koning is nog altyd aan ons kant..dit is net die Engelse ANC elite wat wil anargie en haat saai tussen verskillende rasse…net jamer die linkses speel so lekker saam. Hou iemand boek van die veraiers, ou oom Dr. M du preez kom onder die top 10?

GES ·

Ja hy is nogal ‘n giftige kêrel wat onder die waan verkeer dat hy ‘n meningsvormer is.

FM ·

DA gaan nie meer hond haaraf maak nie. Julle plafon is bereik. Doen iets aan plaasmoorde en ek praat weer met julle. Maar solank as wat julle na die kunsmatige swart stem vry, sal julle nerens kom nie. Oëverblindery!!!!

Rupert Ashford ·

Die koning praat waar. Al wat ons (selfs Steve was deel van daardie “ons”) in 94 gevra het was dat ons bou van daar af en regmaak wat verkeerd was. Maar helaas die mier en die sprinkaan storietjie het homself herhaal. Cry the beloved country…

MissDemeanor ·

Die grootste euwel van apartheid was dat die goeie dinge wat die regering gedoen het nie ook toegepas is op die meerderheid mense nie. Ons land het beskik oor uitstekende ingeneurs, wetenskaplikes en tegnologie, en daar is gekies om dit net vir die minderheid beskikbaar te stel. Wat ons kort is dat daardie kennis en vaardigheid aangewend word tot almal se voordeel. Die DA sal wyser wees om dit te erken.

Leendert van Oostrum ·

“…daar is gekies om dit net vir die minderheid beskikbaar te stel”. Aldus “MissDemeanor”.

Jy weet nie waarvan jy praat nie, juffrou! Die keuse wat uitgeoefen is – aktief en teen ‘n baie groot persentasie van die nasionale begroting, wat om “dit” toenemend vir almal beskikbaar te stel. Gaan lig jou in oor wat WEL in hierdie opsig gedoen is. En gaa luister maar na die hourvrou van wyle Steve Biko (en die moeder van sy kinders) wanneer sy verklaar dat “apartheids”-onderwys beter was as dit wat ons vandag het.

Die minste wat jy kan doen voordat jy vrome uitsprake volgens die nuutste propagandamode maak is om seker te maak van jou feite.

You demean yourself, Madam.

Flippie ·

MisDemeanor. Asseblief jy weet nie waarvan jy praat nie.

Ek het vir ‘n ontwikkelingkorporasie gewerk tydens die sg apartheidsera. Daar was toe baie meer vir die arm swartes gedoen as wat tans die geval is. Daar was meer opheffingswerk en vaardigheidsopleiding gedoen as wat tans die geval is. Die ontwikkelingkorporasies het ook baie infrastruktuur daargestel met die nodige institusionele ondersteuning. Dit alles met geld wat die wrede rassiste vir beskikbaar gestel het.

tamboti ·

Miss Demonamor, alle goeie intensies het beperkinge, die Apartheids regering het alle skoolopleiding gratis aan nie-blanke kinders gegee, met handboeke onder skooldakke nie te ver (loop afstand) van huise af, maar kon ongelukkig nie vir almal universiteits opleiding verniet gee nie. Daar was hospitale en klinieke vir almal en baie beter as nou, maar dit word moes ontken. Baie infrastruktuur was in tuislande geskep, maar is swak bestuur na ’94. Net soos die ilusie van gratis krag en water vir almal, pensioene en kindertoelae – alles raak net te veel en wie moet dit betaal.
Nou ja in die ou dae het die regering ook alles gedoen met dit wat hul tot beskikking gehad het, behalwe om ‘n super ryk regering groter as Amerika sin te bou. Wat dink jy behalwe stemreg is van die meerderheid weerhou?

Koos ·

Dis Ruiterlik en eg Koninklik om die waarheid te erken, ongeag die gevolge.

Quincy ·

Mncwango
Ek dink nie jy het mooi geluister wat daar gesê is nie…
“On the economic front, statistics tell the story of the South African position to the rest of Africa. In 1994, the South African economy accounted for 50 % of sub-Saharan Africa’s GDP, it was (and is) the continent’s most industrialised economy, had a modern manufacturing capacity that produced everything from appliances and automobiles to cutting edge mining equipment and an atomic bomb. The financial sector was (and remains) widely admired for its INNOVATION and PROBITY. All of this was matched by a modern physical infrastructure” The current government lack of understanding this methodology will be their legacy…

Dywie ·

Die koning dink soos ‘n kapitalis, dus soos in ‘n eerste wêreldse model vir groei en ontwikkeling. En dit is soos dit in die sogenaamde aparteitsbedeling gewerk en gedy het. Dr Verwoerd en die NP se beleid was om vir elke volk dieselfde geleenthede te gee. Infrastruktuur is ook in sg tuislande geskep en hulp in die vorm van landbou-ontwikkeling, nywerhede, werksgeleenthede en woongebiede is daargestel. Ongelukkig kon daardie volke nie ‘n sukses daarvan maak nie. Kommunistiese propaganda wat op alle wêreldforums uitbasuin is, het SA laat sneuwel. FW de Klerk en sy jingos het die Afrikaner uitvekoop. Die land is aan die kommuniste oorhandig en word nou deur hulle “regeer”. Mense onthou, die kommunistiese leer verkondig dat alles eers vernietig moet van ‘n kapitalistiese bestel en dan moet daar uit die as ‘n nuwe kommunistiese bedeling geskep word. Die kommuniste is goed op pad hiermee, maar het ongelukkig nie die kapitaal en kundige mannekrag om daardie doel te bereik nie. Net die Here kan ons red uit die hande van die aartskommuniste wat SA nou tot “rommelstatus” bestuur.
Ek salueer die Zoeloekoning dat hy die moed gehad het om die regering van die dag aan te vat!

Johan ·

Die harde feite, indruke en mrerke wat apartheid in on geskiedenis geskryf het, het so n diep merk gemaak, gekap dat in die eeue wat kom, alle nasies, volke en geslagte hierdie opregte waarhede steeds sal oordra. Dit was n kommervrye Suid Afrika, n land waarin ons werklik kon LEEF!!!!!!!!

adrian ·

Waarheid maak seer…… anc het niks om te wys nie net korrupte mafia tipe leiers

Karel Kriel ·

Die Zoeloe koning is reg ons weermag was die beste en was baie gedisiplineerd nie soos die slapgat goed wat vandag in die weermag is nie. Kan die koning nie sy eie party stig nie hy sal baie beter as die DA en EFF doen om die anc uit die kussings te lig . Hy het mos die getalle agter hom en het vir seker na die uitspraak nog n paar stemme gewen

Herman ·

Rand vs. US Dollar
01/12/2015: $1 = R14.43
01/12/2004: $1 = R5.78
01/12/1995: $1 = R3.67

Ja, sekere mense het dit sleg in die verlede gehad, maar demokrasie sonder kos en ekonomiese groei lei to diktatorskap in die lang termyn. Duitsland (1934) en Rusland (1919) is maar 2 voorbeelde.
En om te se Apartheid se suksesse is as gevolg van die onderdrukking van mense, is nie waar nie. Swartes se gemidelde inkomste was 10 keer meer as swartes se inkomste in Tanzanie en swartes het, per duisend van die bevolking, meer karre gehad as wittes van die Sowjet Unie. Die vorige regering, of regime as jy rerig wil, het die ekonomie baie beter bestuur as die huidige regering, al hulle ander foute en misdade ten spyt.
Om heeltyd te teem oor die verlede gaan nie die toekoms beter maak nie.

Frans ·

Wat die Koning sê is toepaslik op alle sg. bevrydingsorganisasies, veral in Afrika.Suksesvolle Blanke regerings het ‘n lang ontwikkelinggeskiedenis.Kyk maar na die geskiedenis van Europese lande, hulle het nie oornag suksesvol geword, maar moes deur talle ontwikkelingsfases en industriële rewolusie gaan gaan voordat hul werklik suksesvol was .

‘n Mens kan die oorhandiging van Suid Afrika se infrastruktuur ens vergelyk met die bestuur van Formule 1 motors nie.Jy klim nie net in en ry nie.Jy moet eers deur verskillende
formules gaan.

Die ANC het die huidige bestuurders uitgeskop en self ingeklim en soos verwag is kon hul nie om die eerste draai na die pylvlak kom nie en het nou net bo rommelstatus geëindig.
Rommel behoort op die ‘scrapyard’ waar jy gaan kyk of daar nog ‘n bruikbare onderdeel is,as nuwes nie beskikbaar is nie.

Maar ook dit sal nie gebeur nie want die President hê,hê.hê, as daar gepraat word oor Nkandlandla, Marikana, verkragting van die grondwet ,moorde op boere ens en sleep so al hê,hê,hê Suid Afrika die afgrond in.

BoereBikerBaby ·

ja die regering sal natuurlik bohaai maak wat die Zulu-koning gese het want hy het bloot die waarheid gepraat! Waarheid maak seer. Maatskappye het destyds uit ons land onttrek om ons te vorseer om demokraties te word, en nou dat die land in sy dinges is, help niemand want ons mede landgenote dink alle gelde moet na hulle gaan en nie aan die ekonomie nie… Eerlikwaar al het ons net (maak nie saak watse ras) president gehad wat die land se belange voor homself en sy 9, 10, 11, 12 ens vrouens sit, sal die land ook beter gelei word…

Muller ·

Koning Goodwill Zwelithini ek stem vir jou enige dag! Jy het definitief iets tussen die ore, anders as die res van die klomp in die regering. Trots daarop dat jy die ANC so pragtig kon aanvat, nie ‘n bang haar op daai kop van jou nie. Gee hierdie man ‘n BELLS!!

Danie ·

Apartheid het alle tale en kulture gerespekteer soos geen ander stelsel nie. Die probleem is dat dit die swakheid van seker nasies bloot gelê het en nou is hulle kwaad. Hulle het hulself gerigeer. Meer as 50% van die blankes se belasting is op hulle tuislande gespandeer om hulle te help. Goed beplande proppeganda is vandag die waarheid. Ek kan nie verstaan dat die hoog geplaastes van die apartheid regering nie navore kom met die waarheid nie.

Marinda ·

Dis feite. Net die waarheid. Mense word gefire oor hul die waarheid praat. Kyk v Diane wat gefire is. Gee die King ‘n bells

Johannes Meintjes ·

Lank lewe die Koning! Nou onderdruk die nuwe regime weer die wie SA sedert 1652 opgebou het. Noem die ketel nou die pot swart? Onreg kan nie onreg regstel nie.

Sakkie du Plooy ·

Die Koning is reg. Die swart ANC regering het ruim geërf van die NP suksesse voor 1994. Swart ANC politici het duidelik nie ‘n benul van die geskiedenis voor 1994 nie. Of hulle haatgedrewe ideologie wat alles wat die NP gedoen het vervloek verblind hulle so dat hulle volhard in hul oneerlike benadering tot die geskiedenis.

Theresa ·

Ek hoop iemand wys die koning al die positiewe kommentare wat hy ontlok het! Dankie tog dat daar nog iemand is wat al so lank regeer en dus wel deur die jare van een sterk party geleef het om te sien hoe ‘n ander party wat werklik als gedoen het om die sterker een onder te kry, nou die land tot niet maak. Ek kan glo dat hy bekommerd is, want almal gaan daar onder ly. Ten minste erken hy, soos die dame wat moes koers kry uit die DA – ook oor die waarheid – dat daar baie goeie dinge deur die sterk regering voortgespruit het. Oor dit wat fout was, moet mens mos na 21+ jaar kom – dis tog wat volwassenheid is. Maar nee, nou is dit plaasmoorde daagliks en opstande net waar jy kyk. Mense voel nie veilig in hul tuistes nie en as jy hospitaal toe gaan, wonder jy waaragtig of jy lewendig gaan uitkom. Die waarheid is teen die muur. Jammer daar is met opset soveel blindes.

GES ·

Daar is ‘n hele paar mense binne die DA wat die waarheid ken maar te lafhartig is om dit te erken. Hulle sien nie kans om hulle salaris en voordele op te gee nie en is bereid om met die leuen saam te leef.

sarie van heerden ·

Die Zulukoning is ‘n geleerde, ontwikkelde man wat realiteite in die oe staar. Natuurlik mag hy ‘n opinie uitspreek maar ewe skielik kritiseer almal hom vir sy uitlatings. Die meerderheid mense in hierdie land gee hom 10 uit 10 vir sy mening en ek hoop hy kon baie ander se oe vir hul oopmaak. Ek wonder net of die man ons positiewe kommentaar ooit te lese kry. BRAVO VIR DIE KONING.

Loeis ·

Die koning het die waarheid gepraat.

Dis die tweede keer in die laaste paar maande dat ‘n die DA teen die waarheid uitvaar. Hulle gaan dit in volgende jaar se verkiesing voel.

VF+ gaan breed glimlag wanneer mense besef wie vir hulle belange veg!

Henk Prinsloo ·

Ten eerste, DA is maar net ‘n ander afkorting vir ANC.
Tweedens, tot tyd en wyl daar enige politieke dispensasie is wat iets beter vir Suid-Afrika kan bied, is kritiek op apartheid blote napraat van die liberale ideologie. Liberalisme het nog nooit die reg tot waardigheid onderskryf nie en daarom is enige kommentaar oor die liberalisme ‘n vermosing van tyd.
Derdens, as iemand wat gedurende die jare 1982 tot 1988 in nongoma woonagtig was in die onderwys daar, was dit eintlik onvermydelik om nie enige persoonlike kennis met Koning Goodwill Zwelithini te gehad het Ek het ‘n groot respek vir die man gehad, maar minder onlangse berigte oor hom het ietwat daaraan getaan. Maar sy nuustste uitsprake is die van die “ou” Kong Goodwill.
Anders as destyds, was daar slegs grondpaaie na en van Nongoma. Dit is nou–behalwe vir ‘n afstand na die koning se paleis–geteer, maar ek will nie vandag meer in Nongoma woon nie. Ek vermoed ook dat die koning nie meer dieselfde toegang tot die skole en die mense van Nongoma het nie.

pop ·

Arrie beter kon ek dit nie stel nie. Die sterkste party naas die ANC is die DA. As hulle die spul korruptes kan uitstof kry hulle my stem.

tamboti ·

Pop dink weer, sal die DA saam met VF saamwerk? NEE
Sal VF saam met DA werk, ja natuurlik maar DA stel nie belang in VF+ nie en wil nie.
Stem DA as jy liberaal s en glo in reenboognasie, anders hou by jou mense eie mense!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.