Zuma is nie op Facebook

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die presidensie het Saterdag herbevestig dat pres. Jacob Zuma nie ʼn Facebook-profiel het nie.

“Die presidensie wil graag gebruikers op sosiale media in kennis stel dat enige Facebook-rekening wat voorgee om dié van pres. Jacob Zuma te wees, vals is. Die president het nie ʼn persoonlike Facebook-profiel nie. Die presidensie het wel ʼn Facebook-blad.”

Die presidensie het vroeër vals profiele op Facebook laat verwyder. Die amptelike Facebook- en Twitter-profiele van die presidensie het ʼn blou regmerk langsaan om te wys dit is amptelik geverifieer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johan ·

Ek dink dat Facebook of enige elektroniese toestel wat n bietjie brein krag vereis inelkgeval te ingewikeld is vir mnr Zuma.

HEVW ·

Glad nie nodig nie……….geheel en al nie nodig nie . Alombekend …….wereldbekend/??????

Hartverskeurend ·

Dis g’n wonder die man het net ‘n idee wat in sy land aangaan, en hoe min (selfs sy eie dam se eende) mense van hom hou nie. Maar FB sal hom in elk geval blok aangesien sy mentaliteit minder as die voorgeskrewe 13 jaar is…

Christine ·

Nou vir wat sal ons hom nou wil staan invite? Ek lees en hoor gans te veel van hom, gee my mos koliek aanvalle.

jenna ·

Ek persoonlik dink facebook is vir vervelige huisvrouens..skoolkinders..en mense wat aan minderwaardigheidskompleks lei…get a life…jy moet vreeslik vervelig wees om gedurig te wil weet wat in ander se lewe aangaan!en om gedurig jou vervelige fotos te wil post van wat jy vanaand gaan eet en hoe jy in die oggend lyk as jy opstaan..ag nee ek gaan druk eerder n boom..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.