SA-vrou glo met dwelms in Indonesië betrap

Lombok, Indonesië

Kathlyn Dunn (28) van Suid-Afrika is glo met metamfetamien ter waarde van $500 000 op Lombok-lughawe in Indonesië in hegtenis geneem.

Dunn is glo Donderdag op die lughawe met die 2.6 kg metamfetamien van ‘n vlug van Singapoer betrap, het Ricky Simon Paays, provinsiale hoof van polisie in Indonesië, gesê. “Beamptes het, danksy ‘n X-straalfoto, verdagte materiale in die verdagte se bagasie opgespoor. Twee pakkies metamfetamien is later in die omhulsel van haar tas opgespoor,” het Paays gesê. Indien sy skuldig bevind word, kan sy die doodstraf opgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie ·

Sal hulle nooit leer nie? Geldgierigheid maar dink nie aan hulle dade nie. Geen simpatie met hulle nie. Doodstraf vir mense wat ander mense se lewens verwoes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.