Sanral sê boetes oor e-tolskyfie is dalk slenter

e-tag-296x225Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het hom gedistansieer van bewerings dat die Johannesburgse metropolisie glo motoriste met boetes dreig oor hulle nie e-tolskyfies het nie.

“Ons het klagtes van motoriste ontvang wat glo van die pad af getrek is deur beamptes van die Johannesburgse metropolisie omdat hulle op die hoofweg ry sonder e-tolskryfies en dan met ʼn boete van R500 gedreig word,” het Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, gesê. “Ons vermoed dit is ʼn slenter en verseker e-tol-padgebruikers dat dit nie ʼn inisiatief van Sanral of ons diensverskaffer is nie.” Mona het ʼn beroep gedoen op motoriste om vorendag te kom en soortgelyke gevalle aan te meld. “Dit is onaanvaarbaar. Ons doen ʼn beroep op mense om ons wenklyn te skakel om soortgelyke voorvalle aan te meld.” Die Johannesburgse metropolisie kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eben ·

Vertel ons Mona wat is julle wenklyn se nr? Sal iemand dit antwoord?

Jasper ·

Hulle sal nie kommentaar lewer nie. Dit is weer net n manier om omkoopgeld te vorder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.