“Stem of die Boere gaan weer oorneem” – Ramaphosa

Cyril Ramaphosa

Cyril Ramaphosa

Cyril Ramaphosa, adjunk president van die ANC, het inwoners van Limpopo oor die naweek aangemoedig om te stem “anders gaan die Boere weer aan bewind kom”, het The Star Maandag berig.

Hy het glo dié uitlating gemaak toe hy met ʼn ontevrede inwoner van Seshego gepraat het. Die inwoner, Johanna Phala (49), het glo geweier om in volgende jaar se verkiesing te stem omdat die ANC haar teleurgestel het.

Phala is ʼn werklose enkelouer van drie kinders en blameer die hoë werkloosheidsyfer op die ANC en sê sy het haar hoop in die party verloor. Ramaphosa het haar gevra om haar misnoeë teenoor die ANC-regering te heroorweeg.

Hy was in Seshego om ondersteuners vir die ANC te werf. Seshego is die tuisdorp van Julius Malema, die leier van die Economic Freedom Fighters (EFF).

“As al die Suid-Afrikaners nie stem nie, sal ons agteruit gaan. Die Boere sal terugkom om ons te beheer,” het hy glo gesê.

Ramaphosa se kommentaar eggo ʼn studie wat in April deur die verbruiksinsigtemaatskappy Pondering Panda vrygestel is, wat aandui dat 46% van die jeug oor alle rasse glo dat die DA apartheid sal terugbring as hulle volgende jaar se verkiesing wen.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Trippie ·

WoW – ek haal my hoed af vir die Phala-vrou. Die ANC het al hul armoedige navolgers in die steek gelaat, veral met die belofte van behuising, munisipale geriewe, ens. Maar kom die verkiesing, gaan hulle weer die kruisie trek by die ANC !

Daan ·

As die boere weer aan bewind kan kom sal dit weer baie beter in hierdie land gaan.

Mike ·

Jy meen seker onregeerbaar maak….Hulle ken nie Demokratisie nie. So waarom nog stem vir n politieke blik wat elke dag van kanaal verander??? Ek vra maar net.

Trippie ·

Amy, ek het gister lekker gelag – ek lees vanaf ‘n FB vriend, hy sê die DA stuur daagliks sms’e om ter herinner om te registreer, die EFF stuur weer “please call” me !

Jy is in die kol – ons blankes kan maar net nie saamstaan nie (terloops, ek wil al ligweg iets oorkom as ek “saamstaan” lees, en hier moet ek dit maar weer gebruik.

Comien Horn ·

Ek sou net graag wou weet WAAROM mag hy skelwoorde soos BOERE gebruik, maar as enige witmens die H / K word is dit doodsondes en haatspraak? Ek het geen behoefte om daardie woorde te gebruik nie, want dis nie hoe ek mense sien nie, maar as ek opmerkings soos syne lees, dan kook my bloed.

Pieter Potgieter ·

Dis reg Ramaphosa laat jou broek bewe want die God van die boere is in beheer en wag op boere om Hom met hul hele hart te dien. Die minderheid in my volk kan die land terug vat met die engele rondom ons. Boere bekeer julle en wag en kyk die skare van engele dit sal wees soos bloed rivier met engele wat uit die rook met die swaart sal verslaan. Die koning van die land is teen God se wil met sonde teen God besig.

justi ·

Ramaphosa dink almal is dommer as stof. Ek sal nie se grond nie, want in grond kan jy nog iets plant en dit sal groei. Met stof kan jy niks doen nie. Die ANC besteel en breek als af wat met moeite gebou was. Alles is leeg, tot hul beloftes ook. Hul dink die mense daar buite is brein dood!

justi ·

O, gats……my comment is awating moderation………….wonder of dit geplaas gaan word?

boervrou ·

Hoekom word die Boere altyd die sondebok gemaak? Dis ni die boer wat Aparteid uitgedink het ni. Boere verseker dat almal vanaand iets het om te eet! Of dit nou pap, brood, groente, jogurt, melk of vleis is. Die Apartheids dae is inelkgeval verby! Dit kan ni weer terug gaan soontoe ni. Los die boere in vrede op hulle plase. Die getal boere in Suid-Afrika is in elkgeval in die minderheid teen die Blankes in die stede.

Trippie ·

Boervrou (hou van jou gebruikersnaam) – ek gaan van jou verskil in dié opsig, apaaarthaaid is steeds lewendig, net omgekeerd.

Moet bieg, apartheid was die beste tyd in my lewe.

Susan de Klerk ·

Die ANC het nie meer leiersfigure nie. Cyril was voorgehou as n toekomstige President van SA, maar nie eers hy kan n toespraak maak of argument voer sonder om die “boer” of “apartheid” in te bring nie.
Die woord apartheid moes nooit vanaf afrikaans na engels vertaal geword het nie, want “heid” het na “hate” toe verander en dit is waarom almal dink ons haat die ander bevolkings groepe. In die volgende 100 jaar sal ons dit nie kan verander nie en almal misbruik dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.