1 dood, 2 kritiek toe motor boom tref

Een persoon is dood en twee is kritiek nadat 'n motor Donderdagoggend teen 'n boom gebots het. Foto: @0845471052 / Twitter

Een persoon is dood en twee is kritiek nadat ‘n motor Donderdagoggend teen ‘n boom gebots het. Foto: @0845471052 / Twitter

Een persoon is dood en twee is kritiek beseer nadat ʼn motor Donderdagoggend in Randfontein, Gauteng, teen ʼn boom vasgery het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Condorrylaan in Helikonpark plaasgevind. “Die motor het die pad verlaat en ʼn boom getref,” het Botha gesê. “Dit is nog nie duidelik wat daartoe gelei het dat die bestuurder beheer oor die motor verloor het nie. Die polisie ondersoek die ongeluk.”

Al drie persone was in die wrak vasgekeer. “Een persoon was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Twee mense, ʼn man en ʼn vrou, het kritieke beserings opgedoen.”

Die brandweer het meer as twee ure lank gespook om die beseerde pasiënte uit die wrak te bevry, terwyl paramedici probeer het om hulle te stabiliseer. Die vrou is met ʼn helikopter en die man met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.