10-jarige sterf ná veldrenmotorfietsongeluk

Joshua Jennings by sy KTM 65cc-motorfiets. Foto: www.mxsa.co.za

Joshua Jennings by sy KTM 65cc-motorfiets. Foto: www.mxsa.co.za

Joshua Jennings, ʼn 10-jarige veldrenmotorfietskampioen van Johannesburg, is Sondag in ʼn motorfietsongeluk by ʼn veldrenbaan in Witbank, Mpumalanga, dood.

Jennings van Boskruin in Randburg, was ʼn kampioen in die 65cc-klas en het al sedert 2011 die podium in verskeie veldrenne betree.

Na wat verneem word, het Jennings Sondag by die veldrenbaan gaan oefen toe hy glo tydens die ongeluk sy nek gebreek het. Die oorsaak van ongeluk is nog onbekend.

Kapt. Eddie Hall, ʼn woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die Witbank-polisie ʼn geregtelike doodsondersoek doen. “Die seun is by die Cosmos-hospitaal in Witbank dood verklaar,” het Hall gesê. “Die voorlopige ondersoek dui daarop dat hy sy nek gebreek het.”

Die seun laat sy ma Kara, pa Warren en suster agter.

Clewer Sand MX Tracks, die baan waar die ongeluk plaasgevind het, het Maandag hul medelye aan die Jennings-gesin betoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sonnet ·

Dis so jammer! So jonk! Dit laat my wonder of regte Mediese prosedures wel gevolg word en daarom wil ek bysê dat Kosmos noodgevalle Dokters gladnie op standaard is nie. My Man is 18 Junie met drie kopwonde en Genpain huistoe gestuur na ‘n baie groot motor ongeluk. Ek moes later die aand Ambulans weer by my huis uitkry…

Elrie Strydom ·

My dogter is met ‘TE LUI OM TOILET TOE TE GAAN NA N BLINDEDERM OPERASIE” Huistoe gestuur deur die ongevalle dokter by Kosmos – net om die volgede dag – na geen slaap die vorige nag- te moet hoor sy het SEPTECEMIA opgedoen en was toe n verdere 38dae in die hospitaal. Sy was byna dood!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.