20-jarige spoedvraat “net vir die lekker”

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 20-jarige motorfietsryer is Sondag in hegtenis geneem nadat hy teen 195 km/h op die N12 in die suide van Johannesburg gery het.

Volgens hoofsuperintendent Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni metropolisie, kon die man geen rede verskaf waarom hy so vinnig ry nie. Hy is by die Alberton-polisiestasie aangekla van roekelose of nalatige bestuur.

Die 20-jarige man is een van 15 persone wat Sondag vir spoedoortredings in hegtenis geneem is.

ʼn 36-jarige man het aangevoer hy is laat vir ontbyt toe hy op dieselfde stuk pad tussen die R59 en Comaroweg teen 185 km/h gery het.

ʼn 27-jarige man het teen 175 km/h in sy Toyota Corolla gery, op pad Bloemfontein toe.

Die drie mans is vrygelaat op borgtog van R1 000 en sal binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

Twaalf mense is op die R23 tussen Rangeview en Athlone weg in hegtenis geneem nadat hulle uitermatig vinnig gery het in ʼn 80 km/h-sone. Die persone het tussen 121 km/h en 143 km/h gery en is by Brakpan-polisiestasie aangekla. Hulle sal binnekort in die Brakpan-landdroshof verskyn nadat hulle vrygelaat is op borgtog van R1 000 elk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Neptunus ·

Lê beslag op hulle voertuie en hou dit totdat die strafsake afgehandel is. Dis hoogtyd dat die staat aansoek doen in uitermatige gevalle soos hierdie dat die instrument van die misdaad verbeurd verklaar word aan die staat as daar ‘n skuldigbevinding is.

pop ·

En so say all of us wat droe biltong is. Wat is nou lekkerder as op n motorfiets wanneer die pad net voor jou wegraak. Dis n a “high” wat min verstaan. Dis vreeslik om n groot masjien te he en jy kan hom nie ooptrek nie. Selfde met n sportmotor.

Johan ·

Om op ‘n oop dubbel pad 170 te ry is glad nie so ‘n groot is issue nie.
Almal moet net die belangrikste padreël na kom: Hou links, gaan regs verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.