31 skoolkinders beseer ná bus omslaan

Die bus wat omgeslaan het. Foto: Twitter

Die bus wat omgeslaan het. Foto: Twitter

Altesaam 31 skoolkinders is Dinsdagoggend beseer nadat ʼn skoolbus buite Stellenbosch in die Wes-Kaap omgeslaan het.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het die ongeluk op die R44 plaasgevind.

“Paramedici van verskeie nooddienste het beseerdes op die toneel bygestaan. Twee kinders is in ʼn kritieke toestand aangetref en een is ernstig beseer. Die res van die kinders het matige tot geringe beserings opgedoen,” het Bodasing gesê.

“Een van die kinders wat kritiek beseer is, ʼn seun, se hand was onder die bus se wrak vasgepen. Die brandweer moes hom bevry voordat hy met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.”

Al die ander kinders is op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Goed om te sien dat daar nog nooddienste is. Hier by ons het die groot brandweerwa vir meer as nege maande by die plaaslike polisiestasie gestaan. Na verneem word was die wa in ‘n ongeluk (omgegooi) en het die een agter die stuur nie die nodige lisensie gehad en nou betaal die assuransie natuurlik nie. Intussen is die wa verwyder na ek weet nie waarheen. Ook die brandkrane is buite werking en ‘n plaaslike besigheidsman speel maar brandweer.
Lekker né ?
Sterkte aan almal betrokke in die busongeluk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.