67 SA’ners sterf in Nigerië by TB Joshua-gebou

Die gebou wat ineengestort het Foto: Channel NewsAsia

Die gebou wat ineengestort het Foto: Channel NewsAsia

Altesaam 67 Suid-Afrikaners is dood nadat ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, het pres. Jacob Zuma Dinsdagaand in ʼn verklaring gesê.

Talle persone is beseer toe ʼn gastehuis by die Synagogue Church of All Nations Vrydag in dié land ineengestort het.

“Dit is ʼn baie moeilike tyd vir Suid-Afrika,” het Zuma gesê. “Nog nooit in ons onlangse geskiedenis is soveel van ons land se burgers in een voorval in die buiteland oorlede nie. Ons dink aan die familie, vriende en kollegas wat hul geliefdes in hierdie tragedie verloor het.”

Zuma sê hy het verskeie staatsdepartemente opdrag gegee om seker te maak dat die familielede van die oorledenes na Nigerië geneem word om hul geliefdes se liggame uit te ken. Die regering sal ook seker maak dat die liggame so gou as moontlik na Suid-Afrika teruggebring word.

Hy het ook sy meegevoel met Nigerië en alle ander lande betuig wat deur hierdie tragedie geraak word.

Ibrahim Farinloye, woordvoerder vir die nasionale noodbestuuragentskap (NEMA), het Dinsdagmiddag nog aan AFP gesê die algehele dodetal staan op 62 en 133 mense is gered. Hy het ook vroeër gesê ‘n vrou het Dinsdagoggend, vier dae ná die gebou ineengestort het, uit die puin gestap. Sy het glo slegs ‘n gebreekte gewrig opgedoen.

Die gastehuis het uitlanders, wat aanhangers is van die gewilde televangelis TB Joshua, ook bekend as “Die Profeet”, gehuisves. TB Joshua was ook by dié sinagoge betrokke. Mense van dwarsoor die wêreld stroom na sy netwerk van kerke en sy televisiestasie in die hoop om ‘n wonderwerk of profesie te ontvang.

Volgens Joshua is ‘n vliegtuig, wat te laag gevlieg het, verantwoordelik vir die ramp. Sekuriteitsbeeldmateriaal wat vrygestel is, wys glo hoe ‘n vliegtuig voor die ineenstorting vier keer baie laag oor die gastehuis vlieg. Ikotun is wes van Lagos se internasionale lughawe geleë.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Die berigte is baie teenstrydig: sommige berigte sê daar is 62 dood. Hoe kan daar dan 67 van SA dood wees? Was daar net SA-kaners in die gebou? ‘n Mens sal maar moet wag vir meer besonderhede.

Ivan ·

Ek wil maar net weet, Pres Zuma se, ek haal aan. “Ons dink aan die familie, vriende en kollegas wat hul geliefdes in hierdie tragedie verloor het.” Met hoeveel plaas moord families het jy al medelye betoon in jou eie land waar jy jou melk,groente, vleis en meel kry. Sonder dit kan selfs JY nie oorleef nie.

G Eloff ·

My nou toe nou , nogal n gebou met n valse profeet se naam . Daar is meer as 62 OF 67 Suid Afrikaners dood in die buiteland in die tweede wereld oorlog . Wat sou n Suid Afrikaner in Nigerie soek ? Jy het gelyk Ivan .

HEVW ·

Ag, hoor nou hoe mooi die vadertjiefiguur van die nasie iets opdis vir gewildheid. Dit bly maar koud en amptelik sonder dat sy hart daarin is. Vir die oorlewendes van plaasmoorde hoef jy nie iets te verwag nie. Ek wil geen meegevoel oor sy lippe he nie. Want dit kan nie geloofwaardig wees nie. Ek vereenselwig my nie met valsheid nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.