68-jarige vas oor verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 68-jarige verdagte sal binnekort in die Mogwase-landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn negejarige dogter verkrag het, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.

“Die meisie is Dinsdag glo na haar ouma se huis om met ʼn maatjie te speel,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die verdagte was in die huis en het haar glo geroep en toe het hy haar in ʼn slaapkamer in getrek en verkrag.”

Die meisie is huis toe en het haar ma vertel wat gebeur het. “Haar ma het haar na die kliniek toe geneem en hulle het die verkragting bevestig. Die saak is by die polisie aangemeld en die man is in hegtenis geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

WAT SUKKEL ONS MANS SO MET KINDERS?? Daar is GENOEG gewillige volwasse vroue wat hulle kan bevredig – selfs prostitute (dit gaan hulle dalk ‘n paar rand kos), maar LOS ONS KINDERS UIT!!!

Neptunus ·

Peet, die doodstraf sal nie heringestel word solank ‘n sekere party se kiesersbasis die meeste halsmisdadigers genereer nie. Ek reken ook amputasie en doodstraf is gepas maar dan met ‘n hoër bewyslas, iets soos geen twyfel in plaas van bo redelike twyfel. Aan die ander kant weet ek nie of mens deesdae die proses kan vertrou siende die gebreke in ons stelsel nie.

Therese van Schalkwyk ·

Dit gaan ‘n droewige dag wees as Maroela-lesers, behalwe al die swart-op-wit misdaad, nog al die swart-op-swart verkragtings, moorde (halssnoer of gewoon) ook moet lees. Ek neem aan dit word gedoen om blanke Suid-Afrikaners verder af te stomp vir misdaad, want “almal loop deur daaronder”. Kan aan geen ander rede dink nie, want lesers wat belang stel in hierdie tragiese nuus kan hul tog eerder wend tot die Sowetan. Watter verkragtings uit die duisende gaan geplaas word en watter nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.