81 verdagtes in Pta vas

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Altesaam 81 verdagtes is oor die naweek in Pretoria in hegtenis geneem op aanklag van verskeie misdade, waaronder dronkbestuur en diefstal.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê die inhegtenisnemings is in Sunnyside, Brooklyn, Garsfontein, Villieria, Pretoria Moot en Lyttelton uitgevoer. Die verdagtes is onder meer in hegtenis geneem op aanklag van die gebruik van alkohol in die openbaar, dwelmverwante misdade en die besit van gesteelde goedere.

Weilbach het gesê die verdagtes sal aanstaande week in die Pretoria- en Hatfield-landdroshowe verskyn. “Die publiek word aangemoedig om die oë en ore van die polisie te wees en enige kriminele aktiwiteite aan te meld.” Wenke kan anoniem aangemeld word by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Agnes ·

daar moet baie strenger opgetree word teen onwettigheid, meer verkeerspolisies en strenger boetes is nodig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.