Aanklagte laat vaar teen DA-lede

Marius Redelinghuys het dié foto, wat glo vanuit 'n polisievangwa geneem is, op Twitter gelaai.

Marius Redelinghuys het dié foto, wat glo vanuit ‘n polisievangwa geneem is, op Twitter gelaai.

Die Kaapstad-landdroshof het aanklagte van openbare geweld teen vier DA-lede teruggetrek, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.

“Die NVG kan bevestig dat die aanklagte teruggetrek is weens onvoldoende bewyse,” het Velekhaya Mgobhozi, woordvoerder van die NVG, gesê.

Marius Redelinghuys, die party se nasionale woordvoerder Shaun August, die streekvoorsitter, en twee ander partylede is op 12 Februarie kort voor pres. Jacob Zuma sy staatsrede begin lewer het, deur die onlustepolisie in hegtenis geneem.

Volgens Redelinghuys was die aanklagte bloot boelietaktiek deur die polisie en gaan die party ʼn klag indien. “Die terugtrek van die aanklagte regverdig die DA se standpunt dat die aanklagte ongegrond was en deel is van ʼn boelietaktiek wat deur die polisie gebruik is om wettige politieke aktiwiteite te vervolg,” het hy gesê.

Redelinghuys het gesê die DA is steeds van plan om ʼn klag by die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat in te dien weens die “brutale en onnodige krag” wat deur die polisie gebruik is tydens die inhegtenisnemings.

Phumzile van Damme, die DA se nasionale woordvoerder, het destyds gesê dat onluste-polisiebeamptes met knuppels en skilde op DA-ondersteuners afgestorm het en gesê het hulle het “instruksies van bo” gekry om hulle te verwyder “voor die president kom”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dankie Nick! Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.