African Bank onder kuratorskap geplaas

Gill Marcus Foto: Werner Beukes, SAPA

Gill Marcus Foto: Werner Beukes, SAPA

Die beleërde African Bank Investments Limited (Abil) is onder kuratorskap geplaas, het die president van die Reserwebank Sondag aangekondig.

“Die eerste belangrike maatreël is die registrateur van banke se gevolgtrekking en die besluit van die minister van finansies om African Bank met effek van 16:00 vandag onder kuratorskap te plaas,” het Gill Marcus aan verslaggewers gesê.

“African Bank Limited se raad het na behoorlike oorweging, die registrateur ingelig dat hulle nie kuratorskap teenstaan nie en het die toepaslike besluite geneem om die proses te fasiliteer.”

Marcus sê Tom Winterboer is as kurator aangestel.

“Tom Winterboer is ‘n leier in die finansiële industrie in Afrika en ‘n lid van die wêreldwye finansiële dienste-leierskapspan by PwC (PriceWaterhouseCoopers),” het Marcus gesê.

Winterboer sal deur ‘n span kenners bygestaan word.

Marcus sê ondersteuningsmaatreëls is in plek gestel in ‘n poging om African Bank se deposante, aandeelhouers, krediteure en kliënte te beskerm.

“Ek wil benadruk dat African Bank sal voortgaan om sake te doen tydens die kuratorskap en dat mnr. Winterboer besluite sal maak rakende die voortgesette toestaan van lenings en goeie bankaktiwiteite in die algemeen.”

Sy het gesê kleinhandel deposante maak minder as een persent van African Bank se krediteure uit.

“Ons is dus in staat om ‘n verbintenis te maak tot alle bestaande kleinhandel deposante dat hulle geld veilig is, en dat hulle kan voortgaan met African Bank sonder die vrees dat hul deposito’s gevries of verlore sal raak.”

Abil het in ‘n ses maande periode tot en met Maart 2014 ‘n wesensverlies van R3,1 miljard gemaak.

Abil se handelsverklaring vir die derde kwartaal wat op 6 Augustus uitgereik is, was slegter as verwag met ’n verwagte wesensverlies van sowat R6,4 miljard vir die jaar tot einde September.

African Bank se aandeelprys het verlede week getuimel nadat die bank gewaarsku het oor reuse verliese en gesê het hy benodig sowat R8,5 miljard in nuwe kapitaal.

Marcus sê African Bank bedien meer as drie miljoen mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willie ·

Mooi man, die afrikane kry dit weereens reg. Eskom, streekdiensterade, gesondheidssorg, onderwys, SAUK ens. nou African Bank ook oor die afgrond. Ag wat, wat is nuut? Dit klink so bekend.

Elizabeth ·

Gewonder wanneer dit gaan gebeur. Ek onthou hoe is daar links en regs lenings en verbande toegestaan, ek het paar sms’e gekry waarin hul my sommer lenings aangebied het. Die Afrika mentaliteit: as daar nie geld is nie, my maggies dan vra ons die Reserwebank om net nog te druk! Maar kyk nou die bedrag wat hulle benodig om uit die dinges te kom…Ek is seker daar is wel IEMAND wat geld uit die storie gemaak het!

Dan ·

Die berig gee nie die volledige feite nie. African Bank het in totaal R54 BILJOEN gehad, waarvan R9 BILJOEN gespandeer is om Ellerines te bekom, en sowat R40 BILJOEN uitgegee is sonder enige sekuriteit as “lenings” aan “minderbevoorregtes en armes”. Dink maar wie die laasgemelde is. Ellerines het na die oorname meubels op skuld (weereens sonder enige sekuriteit) aan dieselfde groep verkoop. African Bank het nou die onderspit gedelf omrede die mense wie hierdie maklike lenings bekom het, nie hul skuld terugbetaal nie. En hier spring die Reserwebank in om nog geld in hierdie bodemlose put te ploeg – belastingbetalers se geld!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.