Die burgerregte-organisasie AfriForum het pas bevestiging van die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) ontvang dat die organisasie geakkrediteer is om as verkiesingswaarnemer op te tree tydens die komende algemene verkiesing op 7 Mei.
AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, wat as sameroeper van die waarnemerspan dien, het in ’n verklaring gesê dat dit vir AfriForum belangrik is dat die komende verkiesing vry en regverdig sal wees. Juis daarom sal AfriForum sy takstrukture inspan om so wyd moontlik as waarnemers tydens die verkiesing op te tree.
AfriForum het as ’n burgerlike instelling ’n direkte belang by die ordelike verloop van die verkiesing. AfriForum staan egter steeds buite die partypolitiek ten einde al sy lede se belange sonder vooroordeel te dien. Die organisasie spits hom toe op die beskerming van burgerregte en die belange van veral minderheidsgemeenskappe wat toenemend deur regeringsbeleid gemarginaliseer word.
AfriForum het meer as 120 takke in gemeenskappe dwarsoor die land en is daarom by uitstek geskik om tydens die verkiesing as waarnemers op te tree.
Mooi man hou so aan
Darem n bietjie goeie nuus
Sterkte. Ek hoop julle het hare op jul tande.