Agt tieners kritiek na hulle suur melk drink

Argieffoto

Argieffoto

Agt tieners van die Oos-Kaap, almal tussen 16 en 18 jaar oud, is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in Oos-Londen nadat hulle siek geword het van suur melk wat hulle glo Vrydag gedrink het.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die provinsie se departement van gesondheid, het gesê die tieners is inwoners van Emaplangeni in Peddie.

“Daar word vermoed dat hulle voedselvergiftiging opgedoen het nadat hulle suur melk gedrink het. Twee van die tieners is in die hospitaal se intensiewesorgeenheid,” het Kupelo gesê.

Kupelo het gesê dit is die tweede voorval van voedselvergiftiging die afgelope tyd. “Tydens die vorige voorval het 115 mense siek geword nadat hulle vleis van ʼn dooie koei geëet het. ʼn 64-jarige man is as gevolg daarvan in die hospitaal dood.”

Hy het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om nie dooie diere se vleis te eet of enige produkte in te neem waarvan die vervaldatum reeds verstryk het nie.

Die departement het monsters van die suur melk aangevra om vir ontleding te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

lizette ·

Ñ dooie koei.? Bly die koei was nie nog lewendig toe hulle aan hom begin eet het nie

J.Z ·

Soos ek afriekaans ken en die uitdruking wat by boere bestaan as jy na n dooie koei verwys ,verwys jy na n dier wat dood is van n on bekende oorsaak in die veld.en nie normaal geslag is vir menslike gebruik nie.

Dave ·

Te oordeel aan jou spelling sowel as sinsbou, is jou kennis oor die Afrikaanse taal heel gebrekkig en waardeloos.

Dave ·

Hy het dus ‘n oproep op die gemeenskap gedoen om nie dooie diere se vleis te eet nie. Siende dat dit uiters waarskynlik nie in Afrikaans gesê is nie, kan hierdie stelling *dalk* voor die deur van die berigsopsteller gelê word.

Eduard ·

Dankie Ou Dave jou taal les word um glad nie wardeur nie hou dit vir jou self dankie!

Malinda ·

O moet n dier dan lewendig wees om geeet te kan word. Ja dai klomp het sekerlik soos aasvoëls op die karkas toegesak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.