Amerikaners gewaarsku teen PTA-dieretuin

Leeu in die Pretoriase dieretuin Foto: La Chiquita via gauteng.net

Leeu in die Pretoriase dieretuin Foto: La Chiquita via gauteng.net

Amerikaners wat Suid-Afrika besoek of hier woon is Vrydag aangeraai om nie die Pretoriase dieretuin te besoek nie.

Die VSA se diplomatieke sending het sy burgers gemaan om bedag te wees wanneer hulle in die land reis. Volgens die ambassade was daar ʼn “aantal gewapende rooftogte” in die dieretuin.

Die ambassade het gesê hy raai Amerikaners af om die dieretuin te besoek voordat veiligheidsmaatreëls opgeskerp is.

Amerikaners is ook aangeraai om waaksaam te wees teen gewelddadige misdade soos aanrandings, gewapende rooftogte en ander misdade naby hotelle, toeriste-aantreklikhede en openbarevervoersentra in die groot stede.

“Hersien jou persoonlike sekuriteitsplanne, bly bewus van jou omgewing en wees uiters bedag en waaksaam,” het die ambassade gesê.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Pretoriase dieretuin was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Francois ·

DIT is natuurlik baie goed vir ons toerisme in Suif Afrika…hou so aan ANC! Ons kan mos sonder die inkomste klaarkom.

Gideon Erasmus ·

Die VSA se diplomatieke sending is nie baie wakker as ek die berig lees nie- wat van die hele land is gevaarlik!! Ek as Suid Afrikaner voel nie eens in my eie huis veilig nie, ek voel bang om te dink ek moet in die aande gaan slaap. Amerika hoekom staan julle nie by ons burgers nie, julle weet wie is hoofsaaklik verantwoordelik vir geweld, misdaad, maar julle swyg!

Gideon Erasmus ·

Die VSA se diplomatieke sending is nie baie wakker as ek die berig lees nie- wat van die hele land is gevaarlik!! Ek as Suid Afrikaner voel nie eens in my eie huis veilig nie, ek voel bang om te dink ek moet in die aande gaan slaap. Amerika hoekom staan julle nie by ons burgers nie, julle weet wie is hoofsaaklik verantwoordelik vir geweld, misdaad, maar julle swyg!

Welmus Vercuiel ·

So gaan dit in die piesang republiek waar geen wet en orde meer bestaan nie,gewone wit landsburgers en boere word op n daaglikse basis gemartel verkrag vermoor en beroof en steeds swyg die wereld daaroor,libtards en die wereld leef in ontkenning van die slagting en uitroei van witmense!!

anton ·

Tipies,toerisme ook al in sy dinges in oor die misdaad in die land,kan die goed nie dink nie,toerisme bring geld in om dinge uit te brei en te verbeter.sies,dis skandelik,jammer om ‘n RSA burger te wees….

Sjert ·

Bly sommer ver weg van die toilette af. Die deure is blykbaar vrot van die koeël gate.

EMK ·

@Sjert – regtig?? Liewe hemel ek kan dit nie glo nie! Wie op aarde skiet in ‘n dieretuin en hoe kom hul weg daarmee? Ai tog ek is regtig sonder woorde. Dis net baie sleg…

Sjert ·

Die Dieretuin se inwoners het vreemde geluide gehoor en gedink dat daar inbrekers is wat agter die geslote toiletdeure skuil. Die toiletdeure was natuurlik van die binnekant af gesluit wat die skieter(s) oortuig het dat daar inderdaad siele was wat hulself om een of ander rede binne die toilette toegeluit het

Toe laat waai hulle.

Meer weet ek nie.

EMK ·

@Sjert – nou vir wat skiet?? Wys jou net hoe ‘trigger-happy” sekeres is, ai tog. En dan maak hul di tnie reg nie, wat se boodskap stuur toiletdeure vol koeëlgate uit? Natuurlik sal daar dan waarskuwings aan voornemende toeriste gegee word, dit lyk dan mos soos ‘n oorlogsone!

Bielie van die Bosveld ·

Waarom word die Amerikaners gewaarsku, maar ons, ons beleef al hierdie dinge daagliks. Wat word daaraan gedoen?

Andre ·

Die regering stel nie belang in toerisme of die beeld van SA nie. Die soustrein ry nog. Elkeen vir homself en te duiwel wat die wereld se. Hulle dink hulle bondgenote in Afrika is belangriker as die res van die wereld.

Drieks ·

DIE HELE WÉRELD, WEET JUL REGTIG NIE DAT ONS IN HIERDIE LAND ELKE DAG IN VREES LEWE NIE????? Ons weet nie eendag wie is volgende nie. Ons is reeds in ‘n burger oorlog, die misdaad ouens is in beheer van die land, Die ANC wys hul hoe word dit gedoen.

Andries ·

Ek hoop die debad wat gevoer word hierbo moet gesien word in die res van die wereld. Ons is al gewoond hieraan, laat ander weet.

Frans ·

Dit help nie veel nie om alle gebeure in slegs Afrikaans bekend te stel,wanneer dit belangrik is om buitelandse vriende te maak en simpatie vir ons saak te werf. Ten spyte is daar baie buitelandse ondersteuning op “Twitter” veral m.b.t. plaasmoorde, te danke aan AFRIFORUM;Steve Hofmeyer en Sonet Bridges. Daar is selfs ‘n stoere Belgiese ondersteuner wat artikels vertaal en dan aanstuur na haar “Twitter volgelinge” Maar soveel meer is nodige om hierdie proses te laat sneeubal, ons gaan die ondersteuninge dringend nodig kry. Hierdie skep ook ‘n idiaale (besigheid) werks geleentheid,m.b.t. Veiligheids begeleiding vir toeriste.
Boere groete;
Frans

Hennie Schoeman ·

ONTHOU DIE PRETORIA DIERETUIN IS OOK OOR GE GEE AAN SWART BEMAGTIGING, SO WAT KAN N MENS VERWAG, DIE DIERETUIN SL NOOIT WEER DIE SELFDE WEES NIE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.