Amplats maak nuwe aanbod aan mynwerkers

Argieffoto

Argieffoto

Anglo American Platinum (Amplats) het ʼn nuwe loonaanbod aan die Association of Mineworkers and Contruction Union (Amcu) gemaak in ʼn poging om die voortslepende staking in die platinumsektor tot ʼn einde te bring.

“Die voorgestelde verhogings sal verseker dat die minimum kontantvergoeding (bestaande uit basiese lone en ander toelaes) vir intreevlak ondergrondse werkers sal styg tot R12 500 per maand (R150 000 per jaar) teen Julie 2017,” het Amplats in ʼn verklaring gesê. “Om dit te bereik sal werknemers se kontantvergoeding styg met tussen 7,5% en 10% oor die verskillende vlakke met die relevante toelaes wat styg in lyn met inflasie.”

Amplats sê dit is belangrik om daarop te let dat die totale kostepakket van die laagste betaalde ondergrondse werkers meer as R17 500 per maand en R210 000 per jaar sal wees indien die verhogings teen Julie 2017 geïmplementeer word.

Amplats sê die nuwe aanbod is op die tafel geplaas na onderhandelinge met Amcu en die vakbond se president Joseph Mathunjwa. Amplats sê die langtermynkwessies soos arbeidsmigrasie en lewensstandaarde sal deur gesamentlike taakspanne hanteer word. Amplats sê hy het reeds verliese van nagenoeg R5,8 miljard gemaak weens die staking. Amcu was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

Amcu-lede by Lonmin, Amplats en Implats het op 23 Januarie begin staak en eis ʼn basiese maandelikse salaris van R12 500. Die werkers het tot dusver verhogings van tot 9% van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.