ANC se verjaarsdagvieringe by Kaapstad-stadion

Kaapstad Foto: www.charmingasiatours.com

Kaapstad Foto: www.charmingasiatours.com

Die ANC het meer as R2,2 miljoen betaal om Kaapstad-stadion te gebruik vir die party se 103de verjaarsdagdagvieringe, het City Press Sondag berig.

Die ANC sal die stadion gebruik vir sy jaarlikse vieringe wat op 8 Januarie plaasvind.

Garreth Bloor, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir toerisme, spesiale gebeure en ekonomiese ontwikkeling, het aan die koerant gesê die ANC het die volle bedrag betaal vir die huur van die stadion. Volgens Bloor het hulle daarop aangedring dat die ANC die volle bedrag vooruit betaal en is daar nie met die party onderhandel vir afslag nie weens die regerende party se slegte kredietrekord met die stad.

Die ANC skuld die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum steeds R1,5 miljoen nadat hulle die sentrum in Februarie 2011 gehuur het, volgens die koerant.

Volgens bronne het die ANC se partyleiers met Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, probeer onderhandel om afslag te kry maar sonder sukses.

Mcebisi Skwatsha, voormalige voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap, was glo deel van die afvaardiging wat met De Lille onderhandel het. Hy het egter die onderhandelinge ontken. “Ek weet nie daarvan nie,” het hy laggend gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Presies, so leer hul die kinders om op skuld te lewe en nie te betaal nie.. Hoe kry enige Anc lid dit reg om in die publiek te verskyn. Verskriklik !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.