Baba as wapen: Verdagte laat vaar borgtogaansoek

Argieffoto

Argieffoto

Alexander Forba, die man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn babadogtertjie as wapen gebruik het om sy vriendin mee aan te val, het Woensdag sy borgtogaansoek in die Pretoria-landdroshof laat vaar.

The Star het Donderdag berig Forba (32), ʼn buitelander, sou na verwagting in die hof om borgtog aansoek gedoen het, maar het besluit om die aansoek terug te trek. Hy staan tereg op aanklagte van moord en aanranding.

Die saak is verlede maand van die Kgosi Mampuru II-gevangenishof na die Pretoria-landdroshof oorgeplaas.

Bronwinn Marshall, sy prokureur, het beswaar aangeteken teen ʼn aansoek deur mediahuise om ’n foto van haar kliënt te neem en te publiseer, maar landdros Desmond Nair het dit verwerp.

Forba het na bewering in die vroeë oggendure van Sondag 15 Februarie besope by hul woonstel in die weste van Pretoria opgedaag en met die baba se ma gestry oor wie die pa van die kind is.

Die hof het aangehoor dat hy glo die ma aangerand het. Hy het haar daarna tot by ʼn nabygeleë vulstasie agtervolg, waar hy die baba uit die ma se arms gegryp en haar as wapen gebruik het om die ma mee te slaan.

Die baba is na die Kalafong-hospitaal geneem waar sy weens beserings beswyk het.

Die saak is tot 13 April uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Verbaas ·

Dis verskriklik!! ‘n Baba gebruik as ‘n wapen . . . nou het ek alles gehoor! Wat’s fout met die mense van vandag. Ai…

Rod Coleman ·

My advise: swaai hom aan sy bene en slaan sy kop teen n paal vas! Geen genade vir satan kind nie.

Carel ·

Nou verstaan ek dit beter. In die begin het dit geklink of hy haar in die woonstel met die baba geslaan het, en hulle saam na die vulstasie toe geloop het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.