Die Valke het Donderdag bevestig dat ʼn saak van bedrog teen die nuut verkose ANC-LP Patrick Mabilo ondersoek word.
“Die saak hou verband met aankope op sy amptelike kredietkaart,” het Paul Ramaloko, die Valke se woordvoerder, gesê. “Die ondersoek is nog aan die gang.”
Ramaloko het gesê die saak is in 2012 aanhangig gemaak. Mabilo is die voormalige LUR van vervoer, veiligheid en samewerking in die Noord-Kaap. Volgens City Press het hy gedurende 2012 en 2013 nagenoeg R200 000 op sy kredietkaart spandeer en kon hy nie die nodige dokumentasie verskaf om sy uitgawes te bewys nie.
Mabilo is eerste op die lys van kandidate vir die Nasionale Vergadering van die ANC in die Noord-Kaap. Hy is Woensdag in die parlement as LP ingesweer. – SAPA
Ongemagtigde uitgawes van R200 000 is volgens die huidige regering se standaarde maar net ‘n druppel in die emmer. As jy nog drie nulle by hierdie ou se bedrag voeg is jy nog nie eers naby die ongemagtigde uitgawes wat sy baas op Nkandla vermors het nie.
Hoop net hierdie mense wat nou gehelp word dra in die toekoms by tot Helpende Hand se begroting. Net R 50 per maand. Of wat se ek nou.
Niks vreemd nie.